Beeld en klank banner2

Moontlik gemaak deur | Made possible by

Beeld en klank 2025 vennote

Driesestig met RSG

RSG

AANBIEDERS | PRESENTERS Martelize Brink & Johan Rademan
REGISSEUR | DIRECTOR Ignatius Vlok

RSG kom saai hul gewilde middagprogram Driesestig vir twee dae regstreeks vanaf die feesterrein uit. Kom luister en gesels lekker saam oor alles wat by die 21ste Suidoosterfees gebeur wanneer Martelize Brink en Johan Rademan agter die mikrofone inskuif.

RSG’s popular afternoon programme Driesestig will be broadcast live for two days from the festival terrain. Come and listen to what is happening at the 21st Suidoosterfees when Martelize Brink and Johan Rademan move in behind the microphones.

date icon

1 Mei/May 13:00
2 Mei/May 13:00

language icon

Afr

venue icon 3

Netwerk24-feeskafee

duration icon 2

120 min

price icon 2

Gratis | Free

Onse Afrikaans

SBA cropped 300

Die SBA (Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans) se Onse Afrikaans is ’n reeks video-opnames deur Sandra Prinsloo wat in verskillende episodes die unieke aard, karakter en oorsprong van Afrikaans se diverse variëteite en dialekte verken.

  • Elke episode is ook in Gebaretaal en met Engelse onderskrifte

Onse Afrikaans, produced by the SBA (The Foundation for Empowerment through Afrikaans), is a series of video recordings by Sandra Prinsloo that explores the unique nature, character and origins of the diverse variations and dialects of Afrikaans.

  • Each episode is supported with Sign Language and with English subtitles
NLC 300
Sandra Prinsloo 500

Gayle

Ondersteun deur die Nasionale Loterykommissie |
Supported by the National Lotteries Commission

Die unieke taal van die gay gemeenskap, Gayle, wat ontstaan het in ’n tyd toe dit onwettig beskou was om gay te wees, word van nader beskou – die humor, maar ook die hartseer.

The unique language of the gay community, Gayle, which came into existence at a time when it was considered illegal to be gay, is examined up close – the humour, but also the melancholy.

date icon

1 Mei/May 14:00
2 Mei/May 19:00
3 Mei/May 9:00
4 Mei/May 13:00

language icon

Afr

venue icon 3

SBA Isibaya Bioskoop | Cinema

duration icon 2

50 min

price icon 2

Gratis | Free

Bo-Kaap-Afrikaans

Ondersteun deur die Nasionale Loterykommissie |
Supported by the National Lotteries Commission

Hierdie episode ondersoek die taal van die Kaapse Moesliems – ’n stuk geskiedenis wat dikwels oor die hoof gesien word wanneer die wortels van Afrikaans nagespeur word.

This episode examines the language of the Cape Muslims – a chapter in history that is often overlooked when we trace the roots of Afrikaans.

date icon

30 April 19:00
1 Mei/May 11:00
2 Mei/May 16:00
3 Mei/May 17:00
4 Mei/May 10:00

language icon

Afr

venue icon 3

SBA Isibaya Bioskoop | Cinema

duration icon 2

50 min

price icon 2

Gratis | Free

Namakwaland-Afrikaans

Ondersteun deur die Nasionale Loterykommissie |
Supported by the National Lotteries Commission

Kom luister na die Namakwalanders se wonderlike stories, na hulle unieke uitdrukkings en uitspraak, en verken die landskap vasgevang in hul taal.

Listen to the wonderful stories of the Namaqualanders, their unique expressions and pronunciations, and explore how the landscape comes to life through their language.

date icon

1 Mei/May 12:00
2 Mei/May 17:00
3 Mei/May 18:00
4 Mei/May 11:00

language icon

Afr

venue icon 3

SBA Isibaya Bioskoop | Cinema

duration icon 2

50 min

price icon 2

Gratis | Free

Sabela

Ondersteun deur die Nasionale Loterykommissie |
Supported by the National Lotteries Commission

Die prisoniersgemeenskap is meesal ’n onbekende leefruimte, gevul met mites, legendes, vele oorvertellings en deurspek met ’n geheime kodetaal: Sabela.

For most of us, the prison society is an unknown living space – filled with myths, legends and many tales, riddled with a secret language: Sabela.

date icon

1 Mei/May 13:00
2 Mei/May 18:00
3 Mei/May 19:00
4 Mei/May 12:00

language icon

Afr

venue icon 3

SBA Isibaya Bioskoop | Cinema

duration icon 2

50 min

price icon 2

Gratis | Free

Tsotsitaal/Flaaitaal

Ondersteun deur die Nasionale Loterykommissie |
Supported by the National Lotteries Commission

Tsotsitaal oftewel Flaaitaal is eie aan die Eersterust-gemeenskap, ’n woongebied van die Tshwane-metro wat destyds as deel van die segregasiewet ontstaan het. Daar bestaan reeds lank ’n woordeboek oor dié belangrike taalvariëteit wat die karakter van die inwoners se historiese bewussyn vasvang en verwoord.

Tsotsitaal or Flaaitaal is unique to the Eersterust community, an area in the Tshwane metro that was formed as a result of the former segregation laws. A dictionary that encapsulates this important language variety has been in existence for many years and embodies the character of this community’s historical consciousness.

date icon

1 Mei/May 15:00
2 Mei/May 9:00
3 Mei/May 10:00
4 Mei/May 14:00

language icon

Afr

venue icon 3

SBA Isibaya Bioskoop | Cinema

duration icon 2

50 min

price icon 2

Gratis | Free

Gariep-/Oranjerivier-Afrikaans

Die unieke tongval van Afrikaanssprekendes in die omgewing van die Gariep en die Oranjerivier word in die soeklig geplaas: die ryk idiomatiese uitdrukkings eie aan die streek, maar ook die Nama-invloed wat steeds vandag hier voortleef.

The unique dialect of Afrikaans speakers in the Gariep and Orange River areas is placed in the spotlight: the rich idiomatic expressions unique to the region, but also the Nama influence that can still be found here today.

date icon

30 April 14:00
1 Mei/May 17:00
2 Mei/May 11:00
3 Mei/May 12:00
4 Mei/May 16:00

language icon

Afr

venue icon 3

SBA Isibaya Bioskoop | Cinema

duration icon 2

50 min

price icon 2

Gratis | Free

Rehoboth-Afrikaans

In Namibië, suid van Windhoek, vind jy die unieke gemeenskap van die Rehoboth-Basters wat in ’n soeke na eie grond dwarsoor Suid-Afrika tot anderkant die Oranjerivier sou trek om hulself hier te kom vestig.

In Namibia, south of Windhoek, you will come across the unique Rehoboth-Basters community who settled here, on the other side of the Orange River, after trekking across South Africa in search of their own land.

date icon

30 April 15:00
1 Mei/May 18:00
2 Mei/May 12:00
3 Mei/May 13:00
4 Mei/May 17:00

language icon

Afr

venue icon 3

SBA Isibaya Bioskoop | Cinema

duration icon 2

50 min

price icon 2

Gratis | Free

Rasta-Afrikaans

’n Besoek aan die rastas van Judah Square in Knysna volg die spore na van die Rastafari-beweging en hoe hulle verhale as deel van die diverse Afrikaanse taalsambreel lewe kry.

A visit to the rastas from Judah Square in Knysna follows in the footsteps of the Rastafari movement and how their stories come to life as part of the diverse Afrikaans language umbrella.

date icon

30 April 16:00
1 Mei/May 19:00
2 Mei/May 13:00
3 Mei/May 14:00
4 Mei/May 18:00

language icon

Afr

venue icon 3

SBA Isibaya Bioskoop | Cinema

duration icon 2

50 min

price icon 2

Gratis | Free

Graaffrikaans

Graaffrikaans word dikwels weens hoorders se onkunde afgemaak as slordige Afrikaans of beskou as ’n vermenging van taal, maar hierdie taalvariëteit uit Graaff-Reinet leef in eie reg al vir dekades lank.

Graaffrikaans is often dismissed as sloppy Afrikaans or considered as a mixture of languages due to listeners’ ignorance, but this language variety from Graaff-Reinet has been in existence in its own right for decades.

date icon

30 April 17:00
1 Mei/May 9:00
2 Mei/May 14:00
3 Mei/May 15:00
4 Mei/May 19:00

language icon

Afr

venue icon 3

SBA Isibaya Bioskoop | Cinema

duration icon 2

50 min

price icon 2

Gratis | Free

Kaaps

Daar is al baie in die verlede gedebatteer oor Kaaps – ’n taal wat dikwels bloot afgemaak word as die Afrikaans van die Kaapse Vlakte. Maar hierdie oningeligte siening misken ’n ryk taalreis en -verlede van ’n gemeenskap wat vandag voortleef in die manier waarop ons praat en onsself uitdruk.

There has been a great deal of debate in the past about Kaaps – a language that is often simply dismissed as the Afrikaans of the Cape Flats. But this uninformed view ignores a rich linguistic journey and history of a community that is reflected in the way we speak and express ourselves today.

date icon

30 April 18:00
1 Mei/May 10:00
2 Mei/May 15:00
3 Mei/May 16:00
4 Mei/May 9:00

language icon

Afr

venue icon 3

SBA Isibaya Bioskoop | Cinema

duration icon 2

50 min

price icon 2

Gratis | Free

Karoo-Afrikaans

Die eiesoortige klank van die Karoo-inwoners se vertellings leef op unieke wyse in hierdie sprekers se mond. Kom beleef die egtheid in veral die klank van Karoo-Afrikaans as taalvariëteit in hierdie episode.

The distinctive sound of the Karoo people’s stories comes to life in a unique way when told by the local storytellers. Experience in this episode the authenticity of specifically the sound of Karoo-Afrikaans as a language variety.

date icon

1 Mei/May 16:00
2 Mei/May 10:00
3 Mei/May 11:00
4 Mei/May 15:00

language icon

Afr

venue icon 3

SBA Isibaya Bioskoop | Cinema

duration icon 2

50 min

price icon 2

Gratis | Free

ARTSCAPE-DOKUMENTÊR  |  ARTSCAPE DOCUMENTARY

Ons is wat ons is | We are what we are

Artscape

VERTELLER | NARRATOR Marlene le Roux
REGISSEUR | DIRECTOR Yazeed Kamaldien
VERVAARDIG in opdrag van | COMMISSIONED BY Artscape & Lief en Leed

Hierdie film vertel die verhaal van Artscape se uitreikprogram en die impak wat dit in Mamre, ’n klein dorpie aan die Weskus gemaak het. Lief en Leed is ’n nie-winsgewende organisasie wat na die belange van gestremde persone omsien. ’n Verskeidenheidskonsert is by Mamre Primêre Skool aangebied met dansorganisasies soos Kaapstad se Stadsballet, Jazzart en Unmute. Die operasterre Janel Speelman en Sipho Qabithole was ook op die verhoog, asook die jazz-sanger Ncedeka (N-The Queen) en die hip-hop-kunstenaar Jitsvinger. Hulle het vir vermaak uit die boonste rakke gesorg saam met plaaslike talent soos die Smile Production Band, die sangers Nikita Scott, Reagan Arendse en Avuyile Ludaka, die rapper Nashiefa Dietrich asook die TDC hip-hop-dansers. Marlene le Roux, die verteller in die film, deel haar storie oor hoe sy dit haar lewenstaak gemaak het om oral in Suid-Afrika ’n verskil te maak.

This documentary tells the story of the Artscape outreach programme and the impact it has had in Mamre, a small town on the West Coast. Lief en Leed is a non-profit organisation that looks after the interests of disabled people. A variety concert at the Mamre Primary School presented by dance organisations such as Cape Town City Ballet, Jazzart and Unmute took place. Opera stars Janel Speelman and Sipho Qabithole also took to the stage, as did jazz singer Ncedeka (N-The Queen) and the hip-hop artist, Jisvinger. They provided exceptional entertainment and were accompanied by other talented artists such as The Smile Production Band, singers Nikita Scott, Reagan Arendse and Avuyile Ludaka, rapper Nashiefa Dietrich and the TDC hip-hop dancers. Marlene le Roux narrates the documentary and shares how she activates her life-purpose – to make a difference all over South Africa.

date icon

30 April – 4 Mei/May 20:00

language icon

Afr, Eng

venue icon 3

SBA Isibaya Bioskoop | Cinema

duration icon 2

50 min

price icon 2

Gratis | Free