Kinderteater banner1

Kaartjies deur | Tickets by

Webtickets logo 2025

Liewe Heksie en die wals

Liewe Heksie 1

MET | WITH Margit Meyer-Rödenbeck & Deon van Zyl
TEKS | SCRIPT Margit Meyer-Rödenbeck, na die verhale van | based on the stories of Verna Vels
REGIE EN VERVAARDIGER | DIRECTOR AND PRODUCER Margit Meyer-Rödenbeck

Haai oe, julle stoute kabouters. Wat gebeur as Liewe Heksie deelneem aan Blommeland se eie Strictly Come Dancing? Weet sy dan ooit wat ’n wals is? En wat gebeur as Levinia die belangrike taak kry om die Silwerroos op te pas? Die Geelheks wil so graag haar kloutjies daarop kry, sodat al die blomme in Blommeland kan doodgaan. Maar Liewe Heksie sê sy beskerm die Silwerpapawer met haar lewe. Die span agter hierdie produksie is al talle kere benoem vir beste kinderteater en het reeds twee Kannas by die KKNK gewen.

What happens when Liewe Heksie takes part in Blommeland’s own Strictly Come Dancing? Does she even know what a waltz is? And what happens when Levinia gets the all-important task of looking after the Silver Rose? The Yellow Witch would very much like to get her hands on it, so that all the flowers in Blommeland can die. But Liewe Heksie will protect the Silver Rose with her life. The artists behind this production have been nominated for Best Children’s Theatre numerous times and have been awarded the KKNK Kanna award twice.

date icon

3 Mei/May 12:00

language icon

Afr

venue icon 3

CPUT Zip Zap Dome

duration icon 2

60 min

price icon 2

R120

Skoonlief en Die Ondier

Stravos Moshonas (Suidoosterfees)(gys loubser) 2

MET | WITH Ankia Erasmus, Stavros Moshonas, Marlon Britz, Adré Kleyn, Sascha Fisher, Deminique du Preez, Cassidy Johnson & Je-Ce Davids
TEKS | SCRIPT Siobhan Taljaard
REGIE | DIRECTOR Yolandé Rabé
VERHOOG- EN PRODUKSIEBESTUUR | STAGE AND PRODUCTION MANAGER Marika van Heerden
VERVAARDIGER | PRODUCER The Stage Performing Arts Studio

’n Gruwelike ondier ontmoet ’n beeldskone hartedief, en soos die storie ontvou, word ons herinner daar is altyd iets om te onthou. Die oë van liefde kan altyd dieper kyk en ’n mens moet nooit appels met pere vergelyk. Maar soms is daar ’n sluier wat die waarheid verkul en selfs die helde in twyfel omhul. Hierdie bekende storie oor elke doring wat sy roos kry betower gehore, jonk en oud, al vir baie jare.

A hideous beast meets a beautiful maiden, and as the story unfolds, we are reminded that there’s always some beauty to behold. Love empowers us to see beyond appearances, even though every rose has its thorn. And sometimes, even heroes are challenged by doubt and uncertainty. This enchanting tale of love, truth and transformation captivates audiences of all ages.

date icon

3 Mei/May 9:00

language icon

Afr

venue icon 3

CPUT Zip Zap Dome

duration icon 2

75 min

price icon 2

R120

Stinkie, los uit! Don’t Touch!

Stinkie die Nar (Suidoosterfees)(gys loubser) 1

MET | WITH Sjaka S. Septembir
TEKS | SCRIPT Sjaka S. Septembir
KUNSADVISEUR | ARTISTIC ADVISER Caroline Colburn

Stinkie, ’n ondeunde karakter, kom by Meneer de Beer se huis aan om skoon te maak. Dit lei tot ’n reeks skreeusnaakse situasies, want Stinkie kan homself nie keer om aan alles te vat wat hy moet uitlos nie! Stinkie se avonture sorg vir interaktiewe pret en vermaak vir die hele gesin, en spesifiek vir kinders tussen drie en nege jaar.

When Stinkie, a naughty little fellow, shows up to clean Mister De Beer’s house, it leads to a series of hilarious situations, because Stinkie can’t keep his hands off things he shouldn’t touch. Stinkie’s adventures provide interactive fun and entertainment for the entire family, and especially for children aged three to nine.

date icon

4 Mei/May 9:00

language icon

Afr

venue icon 3

Johann Brink Teater | Theatre

duration icon 2

60 min

price icon 2

R80

Storge

KKNK 2025 Website 1900 x 1200 - Storge

MET | WITH Stephanie Hough & Devonecia Swartz
TEKS EN REGIE | SCRIPT AND DIRECTOR Stephanie Hough
REGIE EN STELONTWERP | DIRECTOR AND SET DESIGN Gaerin Hauptfleisch
VERVAARDIGER | PRODUCER Spektrum Kinderteater

Storge is ’n klein houtmensie van Adamas, ’n dorpie net duskant die draad. In Adamas plak die inwoners heeldag net plakkers op mekaar. Blink sterplakkers, of dowwe kolle. Heeldag, elke dag. Storge weet dit kan mos nie reg wees nie, maar hy weet beslis ook nie hoe om dit te verander nie. Tot hy die plat-op-die-aarde Aggie ontmoet …

Storge is a little wooden man from Adamas, a village just over the fence. In Adamas, the residents put stickers on one another all day long. Shiny star stickers or dull dots. All day, every day. Storge knows it can’t be right, but he certainly doesn’t know how to change it. Until he meets the unpretentious Aggie …

date icon

2 Mei/May 12:45

language icon

Afr

venue icon 3

Johann Brink Teater | Theatre

duration icon 2

45 min

price icon 2

R100

SBA-Leeshoekie

’n Digitale leeshoekie, ingerig deur die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA), verwelkom jong feesgangers om drie multitalige kinderpublikasies in digitale formaat te verken. Die leeshoekie bied toegang tot kreatiewe leergeleenthede en oudio-aanbiedinge van die stories. ’n Weergawe vir siggestremdes kan op ’n braille touch plus-tablet geniet word.

A digital reading corner, sponsored by The Foundation for Empowerment through Afrikaans (SBA), encourages young festivalgoers to explore three multilingual children’s works published in digital format. The reading corner gives young people access to creative learning opportunities and audio presentations on the stories. A version for the visually impaired can be accessed on a braille touch plus tablet.

SBA Leeshoekie
SBA Leeshoekie
SBA Leeshoekie (3)
date icon

Elke dag by die fees |
Every day at the festival
10:00–18:00

venue icon 3

Artscape Box Office,
grondvloer | ground floor

price icon 2

Gratis | Free