
Kaartjies deur | Tickets by

Aunty Cheryl se lunch

MET | WITH Sohail Booise, Natasha Pondo & Kaydee Griebelaar
TEKS | SCRIPT Sohail Booise
VERHOOGBESTUURDER | STAGE MANAGER William Adams
Geen o/10 OB | No u/10 PG
Die verhaal van ’n alledaagse, normale middelklas antie van die Cape Flats. Auntie Cheryl is ’n online TikTok personality met meer as 400 000 followers. Wanneer sy haar beste vriendin Chantay vir middagete nooi om haar groot aantal volgelinge te vier, beland hulle in ’n lelike bekgeveg. Die storie lig die sluier oor hoe sosiale media familie en vriende kan beïnvloed op ’n negatiewe én positiewe manier.
The tale of an everyday, normal middle-class aunty from the Cape Flats. Aunty Cheryl is an online TikTok personality with more than 400 000 followers. When she invites her best friend Chantay over for lunch to celebrate her huge social media following, she finds herself in the middle of a controversial fight. The story demonstrates how social media can influence family and friends in both negative ánd positive ways.

1 Mei/May 20:30

Afr, Eng

CPUT Zip Zap Dome

55 min

R150
Joe Barber 25

MET | WITH David Isaacs & Oscar Petersen
TEKS | SCRIPT David Isaacs & Oscar Petersen
REGISSEUR | DIRECTOR Lara Bye
VERVAARDIGER | PRODUCER The Joe Barber Company
Geen o/13 OB, T | No u/13 PG, L
Ter viering van die ikoniese Joe Barber se 25ste bestaansjaar, keer Isaacs en Petersen terug na die verhoog met nuwe avonture en staaltjies van Boeta Joe en Gamat van die geliefde barbierwinkel. Die gewilde karakters Washiela en Outjie maak ook ’n draai. Joe Barber hou steeds die rekord as die topverkoper-vertoning in die geskiedenis van die Grand Arena by GrandWest. “Die lewens van Gamat, Joe, Washiela en Outjie lê ons aanhangers na aan die hart en ons voel uiters bevoorreg om steeds soveel liefde te ervaar!” sê Oscar Petersen oor dié trefferkomedie.
In celebration of the iconic Joe Barber’s 25th anniversary, Isaacs and Petersen return to the stage with new adventures and anecdotes from Boeta Joe and Gamat at their much-loved local barber shop. The popular characters, Washiela and Outjie, also make an appearance. Joe Barber still holds the record as the top-selling show in the history of Grand Arena at GrandWest. “The lives of Gamat, Joe, Washiela and Outjie have become ingrained in the hearts of our fans, and we feel extremely fortunate to still feel the love!” says Oscar Petersen about the hit comedy.

1 Mei/May 16:00 & 20:00

Afr, Eng

Operahuis | Opera House

70 min

R150
Mavis mettie marbles

Ondersteun deur | Supported by NATi
MET | WITH Veronique Jephtas
GEBASEER OP DIE SKRYWES VAN | BASED ON THE WRITINGS OF Mavis vannie Lavis
VERWERKING | ADAPTATION Veronique Jephtas
REGISSEUR | DIRECTOR Basil Appollis
VERHOOGBESTUURDER | STAGE MANAGER Cole Wessels
Geen o/16 T | No u/16 L
Daar is Crown-visolie, en dan is daar crowns op Mavis se kop … en let’s face it, nie alle queens loep rond met regte crowns op hulle koppe of wôd agtevolg deur accolades en praises nie. Luckily vi jou is ekkie alle queens nie. Ek is Mavis vannie Lavis, the one-and-only mabel mettie archived memories, die raunchy receipts en mettie mindful en demoer manner! Kô kyk hoe ek my onions vi jou ontrafel! En, met elke layer sauté ek en jy die marvellous layers of life. Trek aan jou big gerty panties, cause jy is in virre vicious gayle.
You get Crown cooking oil. And then there’s crowns on a queen’s head. And, let’s face it, not all queens can walk around with real crowns on their heads or even get accolades and praise wherever they go. Luckily for you, I am not one of the “all queens” sort. I am Mavis from Bishop Lavis – the one and only queen with the archived memories, the raunchy receipts and with the mindful, demure manner. Come and see how I unravel my onions for you. And let us sauté the marvellous layers of life together. So, put on your big-girl panties because you are in for the ride of your life.

1 Mei/May 18:00
4 Mei/May 20:30

Afr

CPUT Zip Zap Dome

60 min

R150
Marc Eugene Lottering

MET | WITH Marc Lottering
TEKS | SCRIPT Marc Lottering
REGISSEUR EN VERVAARDIGER | DIRECTOR AND PRODUCER Anwar McKay
Geen o/16 T | No u/16 L
In Marc Lottering se jongste solovertoning deel die supergewilde komediant persoonlike stories wat nog nooit vantevore gehoor is nie. Sy ontdekkings oor waar hy dink sy kleurvolle familie vandaan kom, word ook oorgedra. Soos jy net kan dink, is sy beskouings skreeusnaaks en verregaande – sy ma het hom immers in sy kinderjare oortuig dat hulle almal oorspronklik “blonde German-Caribbeans” was. Marc Eugene Lottering het oral uitverkoopte speelvakke gehad, met baie aanhangers wat dit as sy beste werk nog beskou. Lottering is in 2024 met die Savanna Comics’ Choice se Hall of Fame-prys vereer.
In Marc Lottering’s latest solo show, the super popular comedian tells personal stories never heard before. He also shares his discovery of where he thinks his colourful family tree stems from. As is to be expected, his stories are hilariously outrageous. His mom, when he was little, convinced him that they were all originally “blonde German-Caribbeans”. This critically acclaimed show enjoyed a sell-out season in Joburg and Cape Town, with many fans claiming it to be his best work yet. In 2024, Lottering was inducted into the Savanna Comics’ Choice Hall of Fame.

1 Mei/May 12:00

Afr, Eng

Operahuis | Opera House

75 min

R150
Specifically Cathy

MET | WITH Brendan van Rhyn
TEKS & REGIE | WRITER & DIRECTOR Brendan van Rhyn
KLANK & BELIGTING | SOUND & LIGHTING Eastern Acoustics
VERVAARDIGERS | PRODUCERS Brendan van Rhyn & Luanna Shonfeld
Geen o/16 T | No u/16 L
Die veelbekroonde Brendan van Rhyn gee gehore ’n voorskou en ’n agterverhoog-pas tot die lewe van sy heerlik dekadente alter ego, Cathy Specific. Rou, ongefiltreerd en fabelagtig is die beste manier om hierdie eenVROU-vertoning te beskryf. Cathy is beslis nie ’n een-in-’n-miljoen tipe meisie nie; veel eerder ’n eenmaal-in-’n-leeftyd tipe vrou, en dis hoekom mans haar wil hê en vroue haar wil wees! Of dit nou in Boston of Bloemfontein is, of as ’n voorbladmodel, fashionista, seremoniemeesteres, vermaaklikheidster of glansvrou, met Cathy is dit eersteklas al die pad!
Multi award-winning actor, Brendan van Rhyn, gives audiences a sneak peak and backstage pass into the life of his deliciously decadent alter ego, Cathy Specific. Raw, real, unfiltered and fabulous would be the best way of describing this one-woMAN show. Cathy is most certainly not a one-in-a-million kind of girl, but rather a once-in-a-lifetime kind of woman, which is why men want her and women want to be her! From Boston to Bloemfontein, as a cover model, fashionista, MC, entertainer or full-on leading lady, it’s first class all the way!

1, 2, 3 & 4 Mei/May 18:30

Afr, Eng

ATKV-Boeke-oase

80 min

R150
Vuisvoos, maar nog regop: Herlaai

MET | WITH Marianne Thamm
Geen o/16 OB, T | No u/16 PG, L
Jy dink dalk politiek in Suid-Afrika is nie ’n grap is nie, maar maak jou reg vir Marianne Thamm se skreeusnaakse insigte in hierdie satiriese komedie. Sy bekyk die geboorte van die reusagtige, gesonde regering van nasionale eenheid (RNE), wat vir ons die “Republiek van Alle Kante” opdis. Thamm, gerekende ondersoekende joernalis, skrywer en skerpsinnige waarnemer, ondersoek wat verkeerd gegaan het en hoe ons dit alles staande oorleef het, alhoewel dinge soms bietjie oes lyk. Wees deel van die viering van Suid-Afrikaners se veerkragtigheid en kom vind uit hoekom hierdie meesterstuk oral met groot lof ontvang word.
You might think that politics in South Africa is no laughing matter, but brace yourself for Marianne Thamm’s hilarious insights. She looks at the birth of the humongous, healthy GNU which gives us the “Republic of Alle Kante”. Thamm, veteran investigative journalist, author and commentator, looks at what went wrong and how we survived it and are still standing, albeit a bit tacky around the edges. Celebrate our resilience with this masterpiece of entertainment that has played to critical acclaim wherever it has been performed.

1 Mei/May 14:00

Afr, Eng

CPUT Zip Zap Dome

65 min

R150