
Moontlik gemaak deur | Made possible by

Kaartjies deur | Tickets by

Bella van’ie bôl

MET | WITH Miché van Wyk, René Cloete & Luke Buys
TEKS | SCRIPT Diano October
REGISSEUR | DIRECTOR Iman Isaacs
Geen o/13 T | No u/13 L
Bella, ’n nooi van die platteland, gaan ná matriek Kaap toe vir werk waar sy vir Nadia ontmoet. Nadia wys vir Bella die Kaap; ’n avontuur waarna Bella haar hele lewe lank uitsien. Haar fantasie kom tot stilstand wanneer sy besef wat die eintlike realiteit van dié droomleefstyl is.
After matric, Bella, a girl from the platteland, starts working in Cape Town where she meets Nadia. Nadia shows Bella around the Cape; an adventure Bella has been looking forward to for her entire life. However, her fantasies are turned upside down when she realises the harsh reality of the lifestyle she has dreamt of.

4 Mei/May 20:00

Afr

Phoebe Gerwel Arena

50 min

R100
Hoek, lyn en sinker

MET | WITH Karli Heine & Roland du Preez
TEKS | SCRIPT Nelandi Boshoff
REGISSEUR | DIRECTOR Roland du Preez
Geen o/13 T | No u/13 L
Marijke Bezuidenhout, die spermsel wat gewen het, staan voor die harde realiteit van grootword. Wat begin het as ’n eerbiedige triomf, verander skielik in ’n lewe van stryd teen haarself en die verwagtinge van haar ma en haar God. Met hierdie “coming-of-age” eenvrou-kabaret aanskou die gehoor, deur die uitbeelding van sketse en trefferliedjies wat herbesoek word, Marijke se gewilligheid om herhaaldelik deur die skuiwergate van haar geloofstelsel te val. Hoek, lyn … sinker.
Marijke Bezuidenhout, the sperm cell that won the race, faces the harsh realities of growing up. What started out as a devout triumph, suddenly turns into a battle against herself and the expectations of her mom and her God. Through sketches and familiar hit songs, the audience witnesses Marijke’s coming-of-age as she repeatedly falls through the loopholes of her belief system … hook, line and sinker.

2 Mei/May 16:30

Afr

Phoebe Gerwel Arena

50 min

R100
In Her Your Our Shoes

MET | WITH Tamia Thompson, Deborah-Keir Paulsen, Liandé Valentyn & Stephanie O’ Keffe
TEKS | SCRIPT Franka Kirby
REGISSEUR | DIRECTOR Bianca Flanders
Dit is die begin van ’n winter’s week by HC Designs. Die 33-jarige kleremaker, Jennifer Carolus, droom van ’n toekoms in ontwerp wat groter is as die vlak waarop sy by die boetiek vasgevang is. Sy is selfversekerd en knap, so sy sien nie altyd oog-tot-oog met die 25-jarige Camilla wat skynbaar minder van haar dink nie. Wanneer die dames, ook die 52-jarige Antie Stella, die werklikheid dat die boetiek moontlik gaan sluit, in die gesig staar, kry Jennifer die kans om haar drome te verwesenlik. Vrees vir mislukking en om die nuwe uitdaging alleen aan te pak, hou haar egter terug. Kan Jennifer die kans op haarself waag en ander toelaat om haar te help?
It’s the start of a winter’s week at HC Designs. Jennifer Carolus, a 33-year old tailor, aspires to become a celebrated designer with much bigger prospects than she can achieve at the boutique. She is self-assured and smart, and doesn’t always see eye to eye with the 25-year-old Camilla, who seems to look down on her. When these two, as well as their colleague, 52-year-old Aunty Stella, are confronted with the news that the boutique may close its doors permanently, an opportunity opens up for Jennifer to pursue her dreams. However, her fear of failure and anxiety about embarking on the new journey alone, hold her back. Will Jennifer take a chance and allow others to support her in her new venture?

4 Mei/May 13:00

Eng, Afr

Phoebe Gerwel Arena

50 min

R100
Mmaotoanafinyel

MET | WITH Bokang Ntsutle & Lukhanyiso Skosana
TEKS | SCRIPT Mosa Rabannye
REGISSEUR | DIRECTOR Ntombi Makhutshi
Wanneer Bokang deur haar man en haar suster verneuk word, neem sy wraak deur hulle lewendig te verbrand. ’n Kind, Kleintjie, bly agter en herinner Bokang aan haar eie onvrugbaarheid. Ngono, ’n spirituele gids, versag die impak van Bokang se aksies in die fisieke wêreld deur haar te herinner dat sy meer is as die aksies wat sy gepleeg het.
When Bokang is betrayed by her husband and her sister, she takes revenge by burning them alive. A child, Kleintjie, is left behind. He reminds Bokang of her inability to conceive. A spiritual guide, Ngono, appeases Bokang’s actions in the physical realm by reminding her that she is more than what she has done.

4 Mei/May 17:00

Sotho, Eng

Phoebe Gerwel Arena

50 min

R100
Vannie wal af

MET | WITH Angelo Bergh & Dean Smith
TEKS | SCRIPT Mikyall Harris
REGISSEUR | DIRECTOR Amelda Brand
“Lover’s Lane” in Stellenbosch is die enigste plek waar Adam, ’n eerstejaar, en Jethro, wat met sy meestersgraad besig is, veilig voel teen ’n onregverdige wêreld. Hier deel hulle gesteelde oomblikke in mekaar se arms. Maar die liefde en vertroosting wat hulle in die mees romantiese plekkie in die studentedorp vind, word getoets wanneer geheime en leuens kop uitsteek.
“Lover’s Lane” in Stellenbosch is the only place where Adam, a first-year student, and Jethro, who is busy with his master’s degree, feel safe from an unjust world. Here they share stolen moments in each other’s arms. But the love and comfort they find in the most romantic spot in the student town, is tested when secrets and lies raise their heads.

3 Mei/May 13:30

Afr

Phoebe Gerwel Arena

50 min

R100