SOF Junior banner2

Moontlik gemaak deur | Made possible by

SOF Junior vennote4

Kaartjies deur | Tickets by

Webtickets logo 2025

SOF Junior, die Suidoosterfees se kinderfees, word van 5 tot 8 Mei 2025 by Artscape aangebied en bestaan uit drie afdelings.

SOF Junior, the Suidoosterfees children’s festival, is presented from 5 to 8 May 2025 at Artscape and has three components.

LEESFEES

Aangebied deur | Presented by

SOF Junior Leesfees 2025 vennote

Stories, opwinding en pret vir kleingoed!

Stories opwinding en pret

Vir graad RR tot graad 3 | For grade RR to grade 3

MET | WITH Zuléka Smith, Heléne Booyens & Roslynne Toerien

Klein maatjies, julle word almal uitgenooi na storietyd! Zuléka Smith gaan vir julle vertel hoe Ben met die boelies afgereken het en hoe sy sussie, Lea, haar eerste skooldag ervaar het. Heléne Booyens kan nie wag om julle aan Jorsie (die klein worshondjie) en sy hele familie voor te stel nie. Julle sal nie glo wat hiérdie worshondjie alles kan doen nie! Kom luister wat by die jaarlikse Diere Olimpiese Spele gebeur het … was jagluiperd die vinnigste? Kom leer meer van natuurbewaring, die voëllewe en al die nagdiertjies wanneer Roslynne Toerien haar stories oor die wilde diere van Suid-Afrika vertel.

Little friends, you are all invited to storytime! Zuléka Smith will tell you how Ben dealt with the bullies and how his sister, Lea, experienced her first day at school. Heléne Booyens can’t wait to introduce you to Jorsie (the little dachshund) and his WHOLE family. You won’t believe what this little dog can do! Come hear what happened at the annual Animal Olympics … was the cheetah the fastest? Come and learn more about conservation, birdlife, and all the nocturnal creatures when Roslynne Toerien shares her stories about the wild animals of South Africa.

date icon

5 Mei/May 12:15

language icon

Afr, Eng

venue icon 3

Operahuis | Opera House

duration icon 2

75 min

price icon 2

R50

Avonture vir almal!

avonture vir almal

Vir graad 4 en graad 5 | For grade 4 and grade 5

MET | WITH Fanie Viljoen, Peti Troskie & Lori-Ann Preston

Daar is ’n springbokkie wat eerder wil lees as om te spring en rugby te speel, daar is ’n spookhond wat ’n huis soek en ’n dogtertjie wat deur ’n vuurvliegie gebyt is. Deedee het ’n plaas vol troeteldiere, maar die bure mag dit glad nie uitvind nie, en het jy geweet ’n mens het geen wifi wanneer jy op Mars is nie? En wanneer Luna agterkom daar is ’n eenhoring wat vassit in die modder en sy kom op ’n magiese wêreld af, dan raak dinge baie interessant. Kom luister na al hierdie wonderlike avonture en vind uit wat met al die diere gebeur! Maak julle reg om op ’n groot leesavontuur te gaan!

There’s a little springbok who would rather read than jump and play rugby. There’s a ghost dog looking for a house, and a little girl who was bitten by a firefly. Deedee has a farm full of pets, but the neighbours must never find out! Did you know there’s no wifi when you’re on Mars? And when Luna discovers there’s a unicorn stuck in the mud, she stumbles upon a magical world, and things get very interesting. Come and listen to all these wonderful adventures and find out what happens to all the animals! Get ready to embark on a big reading adventure!

date icon

6 Mei/May 12:15

language icon

Afr, Eng

venue icon 3

Operahuis | Opera House

duration icon 2

75 min

price icon 2

R50

Spanning, slim planne en ’n gevaarlike sending

spanning

Vir graad 6 en graad 7 | For grade 6 and grade 7

MET | WITH De Wet Hugo, Eleanor Lombard & Felicia Snyman-Du Toit

Word weggevoer na ’n wêreld vol gevaar en wonderwerke wanneer jy die verloop van Heinrich en Conrad se sending self kan kies! Die ongelooflikste sending is ’n heerlike kies-jou-eie-avontuur-verhaal wat jou op die punt van jou stoel sal hou. In Benru se boomskok verdwyn nie net Benru se ouers ewe skielik nie, maar ook Wayne, en Benru kan nie anders as om te wonder of die groot boom in hulle tuin iets daarmee te doen het nie. Is tydreis dan moontlik? En waarom is daar skielik eienaardige mense wat gereeld aan hulle deur klop? In Vasbyt Vyf besef ’n groep vriende dat ontvoering nie net in flieks gebeur nie, maar sommer hier by hulle in hulle eie buurt! In hierdie spanningsvolle verhaal is vasbyt, slim dink en vinnig optree die enigste manier waarop dié vyf gered kan word.

Get transported to a world full of danger and wonders where you can choose the course of Heinrich and Conrad’s mission! The Incredible Mission is a delightful choose-your-own-adventure story that will keep you on the edge of your seat. In Benru’s Tree Shock, not only do Benru’s parents suddenly disappear, but so does Wayne, and Benru can’t help but wonder if the big tree in their garden has something to do with it. Is time travel possible? And why are there suddenly strange people knocking on their door so often? In Hang Tough Five, a group of friends realise that kidnappings don’t only happen in movies, but right in their own neighbourhood! In this thrilling story, sticking together, thinking smart, and acting quickly are the only ways these five can be saved.

date icon

7 Mei/May 12:15

language icon

Afr, Eng

venue icon 3

Operahuis | Opera House

duration icon 2

75 min

price icon 2

R50

Skouerskuur met ons skrywers

Skrywersskouerskuur

Vir opvoeders, ouers, bibliotekarisse en alle boekliefhebbers | For educators, parents, librarians and all booklovers

MET | WITH Antjie Krog, Felicia Snyman-Du Toit, Heléne Booyens, Lori-Ann Preston, Peti Troskie, Roslynne Toerien, Zuléka Smith, Fanie Viljoen, Jacolet van den Berg, Nanette van Rooyen, Eleanor Lombard, Christelle Wessels, Elsa Winckler & Erla Diedericks

Bring ’n middag deur in die opwindende geselskap van boeke en skrywers, en kom luister wat almal oor hul boeke en genres te sê het. Antjie Krog, ons hoofspreker, gaan vertel van die wonderwêreld van klank, kleur en ritme in haar kindergedigte, en sy gee ons ook ’n kykie in haar nuwe outobiografiese roman, Die binnerym van bloed. Felicia Snyman-Du Toit, Heléne Booyens, Lori-Ann Preston, Peti Troskie, Roslynne Toerien en Zuléka Smith deel wenke oor hoe ons ons kinders aan die lees kan kry. Fanie Viljoen, Jacolet van den Berg, Nanette van Rooyen en Eleanor Lombard vertel ons meer van ons ouer tieners se leeswêrelde. Christelle Wessels, Elsa Winckler en Erla Diedericks praat oor hulle volwassefiksie-boeke. Agterna kan jy heerlik skouers skuur met ons skrywers oor ’n glasie wyn en ’n vingerhappie, en jy ontvang ook ’n geskenkboek.

Spend an afternoon in the exciting company of writers and their stories. Listen as they share their thoughts on their books and the genres they like writing in. Our keynote speaker, Antjie Krog, will not only take you on a journey through the magical world of sound, colour and rhythm in her children’s poems, but will also offer a glimpse into her new autobiographical novel, Die binnerym van bloed. We’ll chat to Felicia Snyman-Du Toit, Heléne Booyens, Lori-Ann Preston, Peti Troskie, Roslynne Toerien and Zuléka Smith about how they inspire children to read. Fanie Viljoen, Jacolet van den Berg, Nanette van Rooyen and Eleanor Lombard will introduce us to the reading worlds of older teens. Meanwhile, Christelle Wessels, Elsa Winckler and Erla Diedericks will discuss their adult fiction books. Afterwards, you can rub shoulders with our writers over a glass of wine and light snacks, and receive a complimentary book.

date icon

6 Mei/May 16:00

language icon

Afr, Eng

venue icon 3

Operahuisportaal |
Opera House Foyer

duration icon 2

120 min

price icon 2

R150

STORIERAK

Aangebied deur | Presented by

SOF Junior Storierak 2025

Woordedief

Woordedief

Vir leerders in die grondslagfase | For learners in the Foundation Phase

MET | WITH Minke Marais, Wian Taljaard, Kerscha Titus & Eldon van der Merwe
TEKS EN REGIE | WRITER AND DIRECTOR Margit Meyer-Rödenbeck 
LIRIEKE | LYRICS Margit Meyer-Rödenbeck & Luca Human
MUSIEKREGIE, VERWERKING EN KLANKONTWERP | MUSICAL DIRECTOR, ADAPTATION AND SOUND DESIGN Coenraad Rall 
CHOREOGRAFIE | CHOREOGRAPHY Carlia Greyling
STELONTWERP | SET DESIGN Gerrit Snyman
KOSTUUMS | COSTUMES Mariska Meyer

Woordedief is ’n stoute kalant wat jaloers is op almal wat kan lees. Hy probeer woorde, stories, letters, sinne en sommer enige los gedagtes steel. Natuurlik tot groot ontsteltenis van kinders wat graag wil leer lees en spel en skryf. En graag die stories wil hoor uit NB-Uitgewers se voorgeskrewe boekies vir jong lesers. Maats, julle sal moet help keer dat Pol Pou, Robbie Robot en Zietie By nie in Woordedief se sak beland nie. Lekker opvoedkundige pret vir die grondslagfase met koddige karakters en musiek wat kleintjies se tone sal laat krul!

Woordedief is a naughty fellow who is jealous of everybody who can read. Hy always tries to steal words, stories, letters, sentences and even stray thoughts – to the dismay of kids who want to learn to read, spell and write, and who are keen to hear the stories from NB Publishers’ prescribed books for young readers. Friends, help us stop Woordedief from taking the fun of words away from Pol Pou, Robbie Robot and Zietie By. Great educational fun for the foundation phase with sparkling characters and music that will tickle toddler toes.

date icon

5–8 Mei/May 9:30

language icon

Afr

venue icon 3

Operahuis | Opera House

duration icon 2

60 min

price icon 2

R75

Om teen treine te skree

Om teen treine te skree

Vir hoërskool-leerders | For high school learners

MET | WITH Wian Taljaard, René Cloete, Miché van Wyk & Cole Wessels
AANBIEDERS | PRESENTERS  Tania Viviers & Margit Meyer-Rödenbeck

NB-Uitgewers se versamelbundel van dramatekste vir hoërskoolleerders, Om teen treine te skree, is deur Tania Viviers saamgestel. Sy gesels met Margit Meyer-Rödenbeck oor die bundel terwyl uittreksels uit die dramas opgevoer word. Van die dramaturge en akteurs neem ook aan die paneelbespreking deel, en hulle plaas dinge onder die vergrootglas waarby skoliere en onderwysers wat die teks in die klaskamer gebruik, baat sal vind. Die eienskappe van ’n dramateks teenoor ander vorme van skryf, asook karakterisering en teksontleding, word toegelig. Dié eerstehandse kennismaking met skrywers en akteurs sal insigte verhelder en eksamenpunte die hoogte in laat skiet!

NB Publishers’ collection of drama texts for high school learners, Om teen treine te skree, was compiled by Tania Viviers. She talks to Margit Meyer-Rödenbeck about the book and the excerpts from the plays that will be performed. Some of the playwrights and actors will participate in a panel discussion about the topics dealt with in the plays and how they are relevant for teachers and learners in the classroom. They will also share their insights on the differences between drama texts and other forms of writing, as well as characterisation and text analysis. Listening to the writers and actors will give learners a different perspective on the prescribed texts and will undoubtedly raise their marks!

date icon

8 Mei/May 11:30

language icon

Afr

venue icon 3

Operahuis | Opera House

duration icon 2

90 min

price icon 2

R50

KLEIN SUIDOOSTERFEES

Die verhoog se geheim |
The Stage’s Secret

Die verhoog se geheim

MET | WITH Lynelle Kenned, Eldon van der Merwe, Kaapstad Opera | Cape Town Opera, Kaapstad Ballet | Cape Town Ballet, Kaapstadse Filharmoniese Orkes | Cape Town Philharmonic Orchestra, Figure of 8 Dance & Arena Produksiehuis Toneel | Arena Production House Theatre 
TEKS EN REGISSEUR | SCRIPT AND DIRECTOR Margit Meyer-Rödenbeck VERHOOGBESTUURDER | STAGE MANAGER Cole Wessels

Psst! Kan jy ’n geheim hou? En wat as die geheim lei tot nog ’n geheim en nog ’n geheim en nog ’n geheim? Hierdie holderstebolder avontuur stel laerskoolleerders bekend aan die verskillende genres wat ons op die teaterverhoog kry. Aan die stuur van sake is die bekroonde operaster en aktrise Lynnelle Kenned, en die akteur Eldon van der Merwe. Vol stories, grappe, kwinkslae, waardevolle inligting en ’n danspassie of twee, ontdek hulle saam met die gehoor die wonderwêreld van opera, toneel, ballet, kontemporêre dans en ‘n hele filharmoniese orkes! Kom ons ontwikkel ons gehore van môre sodat hulle weer en weer sal terugkom vir nog ’n geheim of twee.

Psst! Can you keep a secret? And what if the secret leads to another secret, and another, and another? This whirlwind adventure introduces primary school learners to genres in the theatre. At the helm are award-winning opera star and actress, Lynelle Kenned, and actor Eldon van der Merwe. Armed with plenty of tales, jokes, quips, expert information and a dance step or two, they share with young audiences the wonder of the worlds of opera, theatre, ballet and contemporary dance. And they bring along an entire philharmonic orchestra! Let’s show future audiences how much fun there is to be had in a theatre, and keep them coming back again and again to learn another secret or two.

date icon

5, 6 & 7 Mei/May 11:30

language icon

Afr, Eng

venue icon 3

Operahuis | Opera House

duration icon 2

45 min

price icon 2

R50

Interaktiewe kuns vir jong mense |
Interactive Art for Young People

Verminder, herwin, hergebruik, skep!
Reduce, recycle, re-use, create!

WKOD Kunsprojek

’n Projek deur Carin Bester in samewerking met Suidoosterfees en die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) | A project by Carin Bester in partnership with Suidoosterfees and the Western Cape Education Departement (WCED)

Hierdie kunsuitstalling is die resultaat van ’n projek wat vir graad 7-leerders in verskeie Kaapse skole aangebied is. Voor die Suidoosterfees is werkswinkels vir die deelnemers aangebied waar hulle geleer is om oorspronklike kuns te skep wat omgewingsbewustheid en die belangrikheid van herwinning op ’n prettige en opvoedkundige manier bevorder. Saam werk ons om die vernietigende impak van besoedeling te beveg.

This art exhibition is the result of a project offered to grade 7 learners in several Cape schools. Before the Suidoosterfees, participants were offered workshops in which they were shown how to create original art that focused on the importance of looking after our environment and the role that responsible recycling can play. Together we can fight the detrimental effects of pollution.

venue icon 3

Gedurende die fees in die Artscape-foyers by Ingang 5 
During the festival in the Artscape Foyers at Entrance 5

Plastiek, nie so manjifiek! |
Plastic, not so fantastic!

Plastiek, nie so manjifiek!

MET | WITH Joy Oosthuizen & Lynette du Plessis
GESKEP DEUR | DESIGNED BY Carin Bester
KREATIEWE MENTOR | CREATIVE MENTOR Sjaka S. Septembir

Hierdie interaktiewe lewende kunsstuk fokus op die skadelike impak van plastiekbesoedeling. Die optreekuns-uitvoering kombineer fisieke teater, mimiek, klankontwerp en visuele elemente om kommentaar te lewer oor die samelewing se fatale afhanklikheid van weggooiplastiek. Dit vestig die aandag op die dringende noodsaak vir verandering en spoor ons jong feesgangers én volwassenes aan om hul gewoontes met plastiek drasties aan te pas.

This interactive living art exhibition focuses on the damage that plastic pollution causes to our planet. The performance art production combines physical theatre, mime, sound and visual elements to comment on society’s fatal dependence on disposable plastic. It brings attention to the critical need for change and encourages young festivalgoers and adults to change their behaviour with regard to plastic.

venue icon 3

Gedurende SOF Junior op die Piazza
During the SOF Junior on the Piazza

Supervis, SOF Junior se orka! |
Superfish, SOF Junior’s orca!

SOF 205 Plekhouer Webwerf

Vanjaar kan jong feesgangers hulle verwonder aan Supervis, ’n jong orka wat op Artscape se Piazza uitgespoel het. Supervis se rugvin het slap geword omdat mense ons oseane besoedel met plastiek en allerhande weggooigoed. Maar, daar is goeie nuus: as ons jong feesgangers vir Supervis omhels met soene en drukke en belowe om mooi na die see en ons omgewing te kyk, staan Supervis se rugvin sommer weer mooi regop! Maters, kom help ons om vir Supervis gesond en gelukkig te hou!

This year young festivalgoers can be awed by Superfish, a young orca who has washed up on the Artscape Piazza. Superfish’s dorsal fin has gone soft because people are polluting the ocean, his home, with plastic and all sorts of other disposable items. However, there is good news: as our young festivalgoers hug and pet Superfish and promise to take better care of his home and the environment, his dorsal fin becomes strong and upright again. Little friends, come and help us keep Superfish healthy and happy.

venue icon 3

Gedurende SOF Junior op die Piazza
During the SOF Junior on the Piazza