Kaartjies deur | Tickets by
Alice in the Cape Flats
AANGEBIED DEUR | PRESENTED BY HAUS Events & Productions
MET | WITH Dee Blogging, Vozzie, Valentina Petronella, Robyn Ried, Rori Bingham & Wesley Ourson
TEKS, REGIE & CHOREOGRAFIE | WRITER, DIRECTOR & CHOREOGRAPHER Berlin Williams
BELIGTINGSONTWERP | LIGHTING DESIGN Bennie Arendse
STELONTWERP | SET DESIGN Kenan Fortuin, Wayne Jacobs & Chris Spogter
KOSTUUMONTWERP | COSTUME DESIGN Ty Thompson
Alice in the Cape Flats neem jou op ’n reis van selfontdekking en aanvaarding. Alice reis deur tyd en ontmoet fantastiese karakters – van Double D en die Mad Hatter tot die indrukwekkende Queenie – wat elk ’n waarheid onthul wat sy besig is om vir haarself toe te eien. Verwag avontuur, humor, heerlike Gayle en musiek wat jou intrek in ’n magiese, weerbarstige wêreld. Met ’n mengsel van musiek, fopdos, dans en visuele storiekuns vier hierdie oorspronklike werk queer-identiteit en die veerkragtigheid van die Kaapse gemeenskap.
Alice in the Cape Flats is a bold journey of self-discovery and acceptance. Alice travels through time, meeting fantastical characters – from Double D and the Mad Hatter to the formidable Queenie – each revealing a truth she is learning to claim. Expect adventure, humour, wonderful Gayle and music that draws you into a magical, defiant world. Blending music, drag, dance and visual storytelling, this original work celebrates queer identity and community resilience.
30 April 20:00
1 Mei/May 20:00
2 Mei/May 09:00
Johann Brink Teater
Johann Brink Theatre
75 min
R150
Dance Synergy V
MET | WITH Auntie Bettie
AANGEBIED DEUR | PRESENTED BY Figure of 8 Dance Theatre & Suidoosterfees
IN SAMEWERKING MET | IN COLLABORATION WITH Dance for All, GAIN Collective, Jacqui Pells School of Ballet, Stanza, Jazzart Dance Theatre, New World Dance Theatre, SboNdaba, Sunrise & Jenna, Cape Town Ballroom Scene, Sarah Cookney Academy of Dance, Velvet Motion & Waterfront Theatre School
Ons jaarlikse spogproduksie wat oorloop van uitbundige energie is terug vir ’n vyfde uitgawe! Op Internasionale Dansdag kom die Kaap se voorste dansers op één verhoog bymekaar vir ’n asemrowende viering van beweging, kuns en ritme – saam met die geliefde gaskunstenaar Auntie Bettie. Van die emosionele trefkrag van kontemporêre dans en die elegansie van ballet tot die lewendige tradisies van Indiese dans en die ritmiese vonkel van jazz, demonstreer hierdie manjifieke vertoning die uiteenlopende style wat ons as mense byeenbring. Vreugdevol met uitsonderlike talent en propvol onvergeetlike oomblikke.
Our annual spectacular production overflowing with exuberant energy returns for its fifth edition! On International Dance Day, the Cape’s top dancers unite on one stage to deliver a breathtaking celebration of movement, artistry and rhythm – joined by the beloved guest artist Auntie Bettie. From the emotional sweep of contemporary dance and the elegance of ballet to the vibrant traditions of Indian dance and the punch of jazz, this magnificent showcase reveals the diverse styles that bring us together. Pure joy, exceptional talent and unforgettable moments.
2 Mei/May 13:30
kykNET Teater | kykNET Theatre
70 min
R150, R120
Gat
AKTEURS | ACTORS Ilse Samuels & Miché van Wyk
DANSERS | DANCERS Faroll Coetzee, Georgia Julies, Manon-Lee Saal, Druwayne Strauss & Keeanu Samuels
TEKS | SCRIPT Esmé Marthinus & Miché van Wyk
MUSIEK | MUSIC Arnold Klassen
REGIE & CHOREOGRAFIE | DIRECTOR & CHOREOGRAPHER Byron Klassen
PRODUKSIEBESTUUR | PRODUCTION MANAGEMENT Oscar Langdown
VERVAARDIGER | PRODUCER Garage Dance Ensemble
Woordtrofee-wenner: Beste dansgedrewe produksie by die Toyota Stellenbosch Woordfees
Op ’n verweerde bakkie vertrek die ensemble op ’n emosionele reis deur beweging en teks wat die siel van ’n gemeenskap wat veg om te oorleef, ontbloot. Met treffende innovasie weef die groep ’n ritueel van klank, beweging, aarde en water wat die siklusse van skepping, vernietiging, geboorte en dood naspoor. Hierdie aangrypende opvoering eer die stories wat in die land vasgelê is en bied ’n diep resonerende besinning oor herinnering, veerkragtigheid en gedeelde identiteit.
Woordtrofee winner: Best dance-driven production at Toyota Stellenbosch Woordfees
Travelling on a battered bakkie, the cast embarks on an emotional journey through movement and text, revealing the soul of a community fighting to survive. With striking innovation, the ensemble weaves a ritual of sound, motion, earth and water that traces cycles of creation, destruction, birth and death. This evocative performance honours the stories held by the land and offers a deeply resonant reflection on memory, resilience and shared identity.
29 April 20:00
30 April 20:00
1 Mei/May 20:00
Kasteel van Goeie Hoop |
Castle of Good Hope
50 min
R150
The Bollywood Times
MET | WITH Taare & vriende | friends
REGIE | DIRECTORS Ahneesh Valodia & Kimeshni Parker
VERVAARDIGER | PRODUCER Ahneesh Valodia
Brekende nuus! The Bollywood Times is uit! Kaapstad se bekroonde dansgeselskap Taare bring ’n splinternuwe, verbysterende dans-extravaganza propvol kleur, energie en flair. Onder leiding van Taare se dinamiese dansers en aangevuur deur hoë-oktaan samewerkings met gaskunstenaars uit verskillende dansgenres, ontvou die vertoning bladsy vir bladsy in ’n warrelwind van aangrypende visualiteit en meevoerende ritmes. Kry jouself gereed vir drama, presisie en suiwer vreugde wanneer die ensemble die towerkrag van Bollywood op die verhoog laat lewe.
Breaking news! The Bollywood Times has landed. Cape Town’s acclaimed dance troupe Taare delivers an electrifying, fresh-off-the-press dance spectacular bursting with colour, energy and flair. Led by Taare’s dynamic dancers and amplified by high-octane collaborations with guest artists from across dance genres, the show unfolds page by page in a whirl of vibrant visuals and irresistible rhythms. Expect drama, precision and pure joy as the cast brings the magic of Bollywood to life on stage.
2 Mei/May 17:30 & 20:30
kykNET Teater | kykNET Theatre
90 min
R160, R140
The Reservation
MET | WITH Figure of 8-dansers | dancers
TEKS | SCRIPT Wilken Calitz & Buhle Ngaba
REGIE | DIRECTORS Buhle Ngaba & Grant van Ster
CHOREOGRAFIE | CHOREOGRAPHY Figure of 8 Dance Theatre
STEL- & KOSTUUMONTWERP | SET & COSTUME DESIGN Figure of 8 Dance Theatre
KLANKONTWERP | SOUND DESIGN Shaun Oelf
BELIGTINGSONTWERP | LIGHTING DESIGN Nell van der Merwe
VERHOOGBESTUUR | STAGE MANAGER Eddie Newman
PRODUKSIE- & GESELSKAPBESTUURDER | PRODUCTION & COMPANY MANAGER Marié Vogts
Kom sit aan – aandete word binnekort bedien. The Reservation nooi jou binne na ’n gewaagde, meesleurende dansteaterwêreld waar sosiale gewoontes, begeertes en menslike verhoudings onder die soeklig kom. Hierdie gesinsvriendelike produksie in die chaotiese ruimte van ’n restaurant wakker jou eetlus aan wanneer borde en politiek bots en stamp te midde van ’n fees van beweging, komedie en betekenis. Vreemdelinge ontmoet mekaar; geliefdes kry stry en families vind hul pad terug na mekaar. Kelners glip met balletagtige presisie tussen alles deur, beïnvloeders probeer die perfekte kameraflits kry, en disse glinster onder ligte wat veel meer onthul as wat op die spyskaart staan.
Take your seat – dinner is about to be served. The Reservation invites you into a bold and immersive dance-theatre world where social habits, desires and human connection come under the spotlight. Set in the fast-paced chaos of a restaurant, this family-friendly production awakens your appetite as plates and politics collide in a feast of movement, comedy and meaning. Strangers meet, lovers quarrel and families find their way back to one another. Waiters slip between it all with balletic precision. Influencers chase the perfect flash, and dishes gleam under lights that reveal far more than what’s on the menu.
2 Mei/May 20:00
3 Mei/May 09:00
Johann Brink Teater
Johann Brink Theatre
60 min
R150
Wonde
MET | WITH Georgia Julies, Manon-Lee Saal, Keeanu Samuels & Druwayne Strauss
VAN | OF Garage Dance Ensemble
OORSPRONKLIK GESKEP DEUR | ORIGINALLY PRODUCED BY Tshegohatso Mothelesi
VIR | FOR Atlang Arts Development 2024
REGIE & CHOREOGRAFIE | DIRECTOR & CHOREOGRAPHER Byron Klassen
PRODUKSIEBESTUUR | PRODUCTION MANAGER Oscar Langdown
Wonde is ’n kragtige en emosiebelaaide dansvertelling wat die verpletterende werklikheid aanspreek van kinders wat spoorloos verdwyn as gevolg van mensehandel, mishandeling of moord. Met aangrypende beelde en choreografie waarsku Wonde ons om waaksaam te wees, en dit herinner ons dat ons ons kwesbaarstes kan beskerm deur op ons hoede te wees. Hierdie produksie ontbloot die wreedheid van dié wat op kinders teer en bevestig elke kind se reg om sonder vrees groot te word.
Wonde is a powerful and emotionally charged dance narrative confronting the devastating reality of children who disappear without a trace – many lost to trafficking, abuse or murder. Through haunting imagery and evocative choreography, Wonde urges vigilance in everyday moments that seem safe, reminding us that awareness can protect the vulnerable. This production exposes the cruelty of those who prey on children and affirms every child’s right to grow up without fear.
1 Mei/May 09:00
2 Mei/May 11:30
3 Mei/May 11:30
Johann Brink Teater
Johann Brink Theatre
35 min
R120
GRATIS DANSKLASSE | FREE DANCE CLASSES
Betree die dansvloer, beweeg saam en ontdek ’n nuwe styl – heeltemal gratis. Suidoosterfees bied feesgangers weer die kans om by vooraanstaande dansers en choreograwe te leer in ’n reeks energieke, toeganklike en inspirerende klasse, aangebied in samewerking met Figure of 8 Dance Theatre. Toegang is gratis, maar bespreek vooraf deur Webtickets om jou plek te verseker.
Step onto the floor, move your body and discover a new style – all for free. Suidoosterfees once again offers festivalgoers the chance to learn from top dancers and choreographers in a series of energetic, accessible and inspiring classes, presented in collaboration with Figure of 8 Dance Theatre. Access is free, but please book in advance via Webtickets to secure your place.
Vogue Fem
AANBIEDER | PRESENTER Berlin LaCap
Vogue Fem is ’n dansstyl wat sterk, vroulike bewegings en uitdrukking beklemtoon. Dit is gewortel in die ‘outydse’ optreestyl, beïnvloed deur die elegansie en presisie van ballet, jazz en moderne dans. Berlin LaCap lei deelnemers deur hierdie gevierde dansvorm met flair, selfvertroue en volledige uitdrukkingsvryheid.
Vogue Fem is a style of voguing that highlights bold feminine movement and expression. Rooted in the ‘old way’ performance style, it draws on the elegance and precision of ballet, jazz and modern dance. Berlin LaCap guides participants through this celebrated form with flair, confidence and full expressive freedom.
1 Mei/May 11:00
Dansstudio | Dance Studio
90 min
Gratis, maar bespreek deur Webtickets | Free, but book through Webtickets
Amapiano (TikTok)
AANBIEDER | PRESENTER Ashlynn Erasmus
Die kreatiewe choreograaf en straatdanser Ashlynn Erasmus bied ’n hoë-oktaan klas aan wat geïnspireer is deur die wêreld van TikTok. Hierdie dansstyl vier individualiteit en moedig elke deelnemer aan om hul eie artistieke flair in die choreografie te gebruik. Ashlynn laat dansers beweeg, eksperimenteer en nuwe vaardighede aanleer – perfek vir jou volgende TikTok-video.
Creative choreographer and street dancer Ashlynn Erasmus brings a high-energy class inspired by the world of TikTok. This dance genre celebrates individuality, encouraging each participant to bring their own artistic flair into the choreography. Ashlynn will get dancers moving, experimenting and learning fresh skills perfect for your next TikTok video.
1 Mei/May 09:00
Dansstudio | Dance Studio
90 min
Gratis, maar bespreek deur Webtickets | Free, but book through Webtickets
Kommersiële dans | Commercial Dance
AANBIEDER | PRESENTER Rudi Smit
Kommersiёle dans is ’n dinamiese, visueel-gedrewe styl wat vir die vermaakbedryf geskep is en elemente van hip-hop, jazz, straat- en kontemporêre dans meng. Die internasionaal bekroonde choreograaf Rudi Smit het in meer as 20 lande onderrig gegee en opgetree, en choreografie vir groot handelsmerke soos Pepsi, Adidas, McDonald’s, Volkswagen, Facebook en Samsung geskep. Sy filmwerk sluit Honey 3 en Bring It On: Worldwide in.
Commercial dance is a dynamic, visually driven style created for the entertainment industry, blending hip-hop, jazz, street and contemporary dance. Internationally acclaimed choreographer Rudi Smit has taught and performed in more than 20 countries, and has created choreography for top brands including Pepsi, Adidas, McDonald’s, Volkswagen, Facebook and Samsung. His film credits include Honey 3 and Bring It On: Worldwide.
2 Mei/May 09:00
Dansstudio | Dance Studio
90 min
Gratis, maar bespreek deur Webtickets | Free, but book through Webtickets
Kontemporêr | Contemporary
AANBIEDER | PRESENTER Yarisha
Kontemporêre dans kombineer elemente van ballet, jazz en moderne dans in ’n vloeiende, interpretatiewe bewegingstyl wat tegniek en vernuwing vereis. Die bekroonde uitvoerende kunstenaar, afrigter en choreograaf Yarisha se artistieke visie gaan sorg vir ’n onvergeetlike ervaring.
Contemporary dance blends elements of ballet, jazz and modern dance into a fluid, interpretative movement style that requires both technique and innovation. Award-winning performer, coach and choreographer Yarisha brings an artistic vision that promises an unforgettable experience.
2 Mei/May 11:00
Dansstudio | Dance Studio
90 min
Gratis, maar bespreek deur Webtickets | Free, but book through Webtickets
OPWIPVERTONINGS | POP-UP SHOWS
Gratis 20-minuut-dansvertonings deur puik geselskappe op die Piazza voor Artscape – energiebelaaide vermaak tussen al jou heerlike feesvertonings!
Free 20-minute dance performances by excellent companies on the Piazza in front of Artscape – high-energy entertainment between all your must-see festival shows!
29 April 18:00
SboNdaba Dance
30 April 18:00
Figure of 8
1 Mei/May 16:00
Paaldanskuns | Pole Artistry
2 Mei/May 17:00
Figure of 8
2 Mei/May 18:30
Paaldanskuns | Pole Artistry
3 Mei/May 11:30
Dance for All
DANSGESPREK | DANCE DISCUSSION
Vertel jou storie deur beweging
In ’n wêreld van haakplekke, filters en gesteelde narratiewe los dans die verwarring op. In hierdie dissipline bring die liggaam-in-beweging die waarheid na vore, sonder filters of aanpassings en onmiskenbaar menslik. Gerespekteerde rolspelers uit die danssektor gesels oor identiteit, egtheid en die waarde van ons eie unieke stories in ’n wêreld wat al meer deur ander mense en tegnologie gekaap word. Kom luister hoe beweging weerstand word, en waarom jóú waarheid saak maak.
In a world of glitches, filters and stolen narratives, dance untangles the confusion. In this discipline, the body in motion reveals the truth – unfiltered, unedited and unmistakably human. Respected voices from the dance sector reflect on identity, authenticity and the value of our own unique stories in a world increasingly hijacked by others and by technology. Come and hear how movement becomes resistance, and why your truth matters.
2 Mei/May 15:30
Afr, Eng
60 min
Gratis | Free
Netwerk24-Feeskafee | Netwerk24 Festival Café
