Kaartjies deur | Tickets by
Bier-uur met Beer
Aangebied deur | Presented by VIA
MET | WITH Beer Adriaanse
VIA se gewilde algemene kennis-speletjiesprogram Slim vang sy baas is terug by die Suidoosterfees! Kom kuier en speel lekker saam en geniet ’n gratis bier saam met VIA se slimste speletjiemeester, Beer Adriaanse. ’n Uur van pure pret en mateloos lag.
VIA’s popular general knowledge game show Slim vang sy baas is back at Suidoosterfees! Come along, join in the fun and enjoy a complimentary beer with VIA’s sharpest quizmaster, Beer Adriaanse. An hour of pure entertainment and plenty of laughs.
1 Mei/May 14:00
Afr
60 min
Gratis | Free
Netwerk24-Feeskafee | Netwerk24 Festival Café
Bloei + Blom
MET | WITH Nataniël, Sandra Prinsloo & Anna-Mart van der Merwe
Bloei + Blom is Nataniël se pragvolle, volkleur-koffietafelboek wat die verhale van meer as 200 Afrikaanse baanbrekers en grensverskuiwers van die laaste 100 jaar vier. Sluit aan by ons High Tea met Nataniël wanneer hy in gesprek tree met twee spesiale gaste vir ’n gesellige middag van staaltjies, nalatenskap en inspirasie – ’n unieke feeservaring vir liefhebbers van kultuur, geskiedenis en kreatiwiteit. Elke gas ontvang ’n eksemplaar van Bloei + Blom: ’n Viering van Afrikaans (ter waarde van R850) as geskenk.
Bloei + Blom is Nataniël’s lavish, full-colour coffee-table book celebrating the stories of more than 200 Afrikaans pioneers and trailblazers of the last 100 years. Join our High Tea with Nataniël and two special guests for a convivial afternoon of stories, legacy and inspiration – a unique festival experience for lovers of culture, history and creativity. Each guest receives a copy of Bloei + Blom: ’n Viering van Afrikaans (valued at R850) as a gift.
1 Mei/May 15:30
Afr
90 min
R750
Nasdak, Media24-gebou | Nasdak, Media24 Building
Boeke oor die stories van ons koskultuur | Books that tell stories of our food heritage
GASVROU | HOST Ingrid Jones
PANEEL | PANEL Ilse van der Merwe, Ishay Govender, Christina Koen & Ernest Messina
Kos dra herinneringe, identiteit en geskiedenis van een kombuis na die volgende. Hierdie paneel bring bekroonde skrywers en koskenners byeen om te besin oor hoe ons kulinêre tradisies opteken, in herinnering roep, en deur middel van sulke boeke tradisies en herinneringe met mekaar kan deel. Paneellede vanoor die hele spektrum – van huiskombuise tot tradisionele erfenisinstellings – deel hul insigte oor hoe kos die verhaal vertel van wie ons is.
Food is memory, identity and history passed from one kitchen to the next. This panel brings together award-winning authors and culinary experts to reflect on how we document our culinary traditions, recall them, and share those traditions and memories with one another through books such as these. Panellists from across the spectrum – from home kitchens to traditional heritage institutions – share their insights on how food tells the story of who we are.
1 Mei/May 10:30
Afr, Eng
60 min
Gratis | Free
Netwerk24-Feeskafee | Netwerk24 Festival Café
Brunch met Skemergrond-sterre
In samewerking met | In collaboration with kykNET & Kie & Smile 90.4 FM
MET Denver Vraagom, Hildegardt Whites, Hunter Plaatjies, Carmen Maarman & Shimmy Isaacs SEREMONIEMEESTERS | MASTERS OF CEREMONY Die gewilde Smile 90.4 FM-aanbieders Success Lekabe & Dean Friederich
WITH Denver Vraagom, Hildegardt Whites, Hunter Plaatjies, Carmen Maarman & Shimmy Isaacs MASTERS OF CEREMONY Popular Smile 90.4 FM presenters Success Lekabe & Dean Friederich
Geniet ’n heerlike brunch saam met die gewilde sterre van die kykNET & Kie-telenovelle Skemergrond op Nasdak tydens die fees. Kom kuier, gesels en leer ken jou gunstelingakteurs van nader terwyl jy smul aan heerlike kos. Hierdie eksklusiewe geleentheid bied uitstekende geselskap, ’n lekker-bederf-atmosfeer en heerlike disse – die perfekte manier om jou dag onvergeetlik te begin.
Enjoy a delicious brunch with the popular stars of the kykNET & Kie-telenovella Skemergrond on Nasdak during the festival. Come along, chat and get to meet your favourite actors in person while indulging in delicious food. This exclusive event offers great company, a relaxed spoil-yourself atmosphere and mouth-watering dishes – the perfect way to start your day in unforgettable style.
2 Mei/May 10:00
Afr
90 min
R350
Nasdak, Media24-gebou | Nasdak, Media24 Building
Die wynmeester: Kom proe saam
In samewerking met Sauvignon Blanc SA & VIA
MET Danie van der Merwe, Hagen Viljoen (Keldermeester: Zevenwacht Wynlandgoed), Mosima Mabeledele (Assistent-wynmaker: Le Grand Domaine Kelder) en Jean Nel (Hoofwynmaker: Cederberg Wyne)
WITH Danie van der Merwe, Hagen Viljoen (Cellar Master: Zevenwacht Wine Estate), Mosima Mabeledele (Assistant Winemaker: Le Grand Domaine Cellar) and Jean Nel (Head Winemaker: Cederberg Wines)
Die aanbieder van die gewilde VIA-reeks Die wynmeester, Danie van der Merwe, kuier op Internasionale Sauvignon Blanc-dag saam met drie gerekende wynmakers van Sauvignon Blanc SA by die Suidoosterfees. Die wynmeesters gesels oor die kuns van wynmaak, die 72 geure van hierdie kultivar, en hulle deel interessante staaltjies. Kom proe hulle bekroonde wyne saam met ’n heerlike komplementerende happie.
On International Sauvignon Blanc Day, the host of the popular VIA series Die wynmeester, Danie van der Merwe, joins three acclaimed winemakers of Sauvignon Blanc SA at Suidoosterfees. The wine masters share insights into the art of winemaking, the 72 flavours of this cultivar, and tell some anecdotes. Come taste their award-winning wines, paired with a delicious accompanying bite.
1 Mei/May 18:30
Afr
90 min
R250
Nasdak, Media24-gebou | Nasdak, Media24 Building
Evita op 90: Tee, tales & trouens
MET | WITH Evita Bezuidenhout & Mia Spies
Evita is 90 en Pieter-Dirk 80, en hulle is steeds onweerstaanbaar! Kom geniet ’n heerlike koppie tee en koek en luister na die skerp, humoristiese en soms skokkende stories van hierdie formidabele vrou in gesprek met Netwerk24 se Mia Spies.
Evita is 90 and Pieter-Dirk 80 – and they’re still irresistible! Join us for a delightful cup of tea and cake while you enjoy the sharp, witty and sometimes shocking stories of this formidable woman in conversation with Netwerk24’s Mia Spies.
1 Mei/May 10:00
Afr
90 min
R350
Nasdak, Media24-gebou | Nasdak, Media24 Building
FNB Sauvignon Blanc SA Top 10-proe
In samewerking met | In collaboration with Sauvignon Blanc SA & Versnit
MET Lukas Wentzel
Kom vier Internasionale Sauvignon Blanc-dag saam met Sauvignon Blanc SA en die FNB Top 10-wynmaker Lukas Wentzel van Groote Post Vineyards, Darling. Ontdek hoe Sauvignon Blanc die nuanses van terroir, wat strek van koel kus tot hoërliggende wingerde, weerspieël. Beleef ook die kultivar se veelsydigheid – van vars, mineraalgedrewe tot gehoute en verouderde wyne. Proe ses uitsonderlike wyne saam met ’n heerlike komplementerende happie.
Celebrate International Sauvignon Blanc Day with Sauvignon Blanc SA and the FNB Top 10 winemaker Lukas Wentzel of Groote Post Vineyards, Darling. Discover how Sauvignon Blanc expresses terroir stretching from cool coastal vineyards to high-altitude inland sites. Also experience the cultivar’s versatility – from crisp, mineral-driven wines to oaked and age-worthy expressions. Taste six exceptional wines paired with a delicious accompanying bite.
1 Mei/May 13:00
Afr
90 min
R250
Nasdak, Media24-gebou | Nasdak, Media24 Building
Food Fairies demo 1:
Nate Smith & Phumlani Malinga
Dit gaan oor meer as kos. Dit gaan oor erfenis, hartservarings en die mens se vermoë om eenvoud te omskep in oorvloed. Sluit aan by Nate Smith van Kokkedoor vuur en vlam en Phumlani Malinga, wat enige groente in ’n fenomenale eetervaring kan verander. Laat hulle toe om jou te verras met die veelsydigheid van Suid-Afrikaanse groente.
It’s not just about food – it’s about heritage, heart and the human ability to transform simplicity into abundance. Join Nate Smith of Kokkedoor vuur en vlam and Phumlani Malinga, who can turn any vegetable into a magical eating experience. Come and be surprised by the versatility of South African vegetables.
1 Mei/May 09:00
Afr, Eng
60 min
R50
POP24 Studio, Media24-gebou | POP24 Studio, Media24 Building
Food Fairies demo 2:
Sadia October & Fahiem Stellenboom
Kos vir die siel, vreugde vir die liggaam. Niks klop ’n goeie ou breyani om ’n gevoel van geborgenheid en tuiste te skep nie – veral wanneer die geure die kombuis vul terwyl dit stadig prut. Tuiskok Sadia October wys ons hoe om ’n egte Kaapse Maleier-breyani te maak.
Food for the soul, joy for the body. Nothing beats a good old-fashioned breyani for creating a sense of comfort and belonging – especially when its aromas fill the kitchen as it slowly bubbles away. Home cook Sadia October shows us how to make an authentic Cape Malay breyani.
1 Mei/May 14:30
Afr, Eng
60 min
R50
POP24 Studio, Media24-gebou | POP24 Studio, Media24 Building
Food Fairies demo 3:
Chef H (Hein Koen) & Nate Smith
’n Fees van skerpsinnige en pittige stories, voorgesit uit die hart. Sluit aan by twee uitsonderlike sjefs terwyl hulle hul inspirerende reise deur die wonderwêreld van kos met jou deel, asook hul vreugdes vir kook, die stories agter die geure en ’n gedeelde liefde vir mense bymekaarkry om die tafel.
A feast of stories and wit, served with heart. Join two exceptional chefs as they share their inspiring journeys through the vibrant world of food – celebrating the joy of cooking, the stories behind the flavours, and a shared love of bringing people together around the table.
2 Mei/May 09:00
Afr, Eng
60 min
R50
POP24 Studio, Media24-gebou | POP24 Studio, Media24 Building
Food Fairies demo 4:
Sandra van de Rheede & Claudia Swinny
’n Gemmerbroodhuisie in die herfs? Ja, asseblief! Kyk hoe die fantasie ontvou. Van een gesuikerde muur na die ander, bewys Sandra dat om met jou kos te speel nie net toegelaat word nie – dit is heerlike pret.
A gingerbread house in autumn? Yes, please. Watch the fantasy unfold. Watch as the magic unfolds. From one sugared wall to another, Sandra proves that playing with your food isn’t just allowed – it’s wonderfully fun.
2 Mei/May 14:30
Afr, Eng
60 min
R50
POP24 Studio, Media24-gebou | POP24 Studio, Media24 Building
Food Fairies demo 5:
Surita Riffel & Vinette Ebrahim
Die koningin van trooskos tree die kombuis binne met haar geliefde mosbolletjies – warm, sag en propvol nostalgie. Tussen heerlike stories en lekker lag gesels sy met ‘Tannie Charmaine’ oor die lewe, die heelal en die eenvoudige vreugde van kook uit die hart.
The queen of comfort food steps into the kitchen with her much-loved mosbolletjies – warm, soft and rich with nostalgia. Over shared stories and gentle laughter, she chats with ‘Aunty Charmaine’ about life, the universe and the simple joy of cooking from the heart.
3 Mei/May 09:30
Afr, Eng
60 min
R50
POP24 Studio, Media24-gebou | POP24 Studio, Media24 Building
Food Fairies demo 6:
Phumlani Malinga & Adele Smith
Die groente-koningin Phumlani omskep nederige groente in vindingryke vierings van geur en kreatiwiteit. Met verbeelding op elke bord bewys sy dat groente eet nog nooit só plesierig – of só heerlik – was nie.
Veggie Queen Phumlani turns humble vegetables into extraordinary celebrations of flavour and creativity. With imagination on every plate, she proves that eating your vegetables has never been this joyful – or this delicious.
3 Mei/May 14:30
Afr, Eng
60 min
R50
POP24 Studio, Media24-gebou | POP24 Studio, Media24 Building
Gesond, huislik en heerlik
Aangebied deur | Presented by Feedem
MET | WITH Malinda Lennox & Carmen Niehaus
Sluit aan by dieetkundige Malinda Lennox en Carmen Niehaus van kykNET se Lekker en goed vir ’n inspirerende sessie vol maklike, gesonde idees en heerlike resepte – ideaal vir elke feesganger wat goed wil eet en lekker wil leef.
Join dietitian Malinda Lennox and Carmen Niehaus from kykNET’s Lekker en goed for an inspiring session filled with easy, healthy ideas and delicious recipes – perfect for every festivalgoer who wants to eat well and live well.
2 Mei/May 14:00
Afr
60 min
Gratis, maar bespreek deur Webtickets | Free, but book through Webtickets
ATKV-Boeke-oase
Heritage Travel Magazine’s Birthday Celebrations
MET | WITH Ingrid Jones, Kyra Loubser, Zola Nene, Stef & Jamile de Koker
Kom vier Heritage Travel-tydskrif se verjaarsdag saam met ons tydens die Intangible Heritage Festival en ons Koek-en-poësiefees by Suidoosterfees. Ingrid Jones lei die gesprek met Kyra Loubser oor #Kyrafied. MasterChef-aanbieder en -beoordelaar Zola Nene gesels oor haar nuwe boek. Heritage Travel se spesiale uitgawes, stories, poësie en musiek word ook ten toon gestel. Benewens optredes deur verskeie kunstenaars en digters, sluit die Koek-en-poësiefees welstand- en verjaardagvieringe in – asook ’n bietjie koekterapie.
Come and celebrate Heritage Travel magazine’s birthday with our Intangible Heritage Festival and Koek-en-poësiefees at Suidoosterfees. Ingrid Jones leads the conversation with Kyra Loubser about #Kyrafied. MasterChef presenter Zola Nene talks about her new book. Heritage Travel’s special editions, stories, poetry and music will also be showcased. Alongside performances by various artists and poets, the Koek-en-poësiefees will include wellness and birthday celebrations, as well as cake therapy.
3 Mei/May 12:00
Afr
120 min
Gratis | Free
Netwerk24-Feeskafee | Netwerk24 Festival Café
Kelderklas-wynproe by Suidoosterfees
In samewerking met | In collaboration with Sauvignon Blanc SA & VIA
MET | WITH J.P. Quickelberge
J.P. Quickelberge van die gewilde VIA-reeks Kelderklas nooi jou hartlik uit na ’n eksklusiewe #SauvBlancDay-proegeleentheid waar jy Suid-Afrikaanse Sauvignon Blanc se merkwaardige veelsydigheid kan ontdek en geniet. Begin jou Werkersdag-langnaweek stylvol by Suidoosterfees met ’n glas in die hand en uitnemende wyne op die tong – daar is eenvoudig geen beter manier om die fees in te lui nie.
J.P. Quickelberge from the popular VIA series Kelderklas warmly invites you to an exclusive #SauvBlancDay tasting to discover and enjoy the remarkable versatility of South African Sauvignon Blanc. Start your Workers’ Day long weekend in style at Suidoosterfees, glass in hand and exceptional wines on the palate – there’s simply no better way to usher in the festival.
30 April 18:30
Afr
90 min
R250
Nasdak, Media24-gebou | Nasdak, Media24 Building
Komvandaan-stories
GASVROU | HOST Maygene de Wee
PANEEL | PANEL Jeremy Vearey, Heinrich Koen, Nate Smith, Fahiem Stellenboom & Asanda Ngoasheng
Komvandaan-stories gaan oor ons herkoms, roetes wat ons volg en bestemmings waar ons aandoen; asook die tipe kos wat herinnering dra.Die paneel bring stemme bymekaar wie se reise – van kombuise en gemeenskappe tot boeke, braais en die akademie – weerspieël hoe kos ons leer waar ons vandaan kom en waarheen ons op pad is. Deur humor, geskiedenis en eie ervaring bespreek deelnemers temas soos erfenis, deursettingsvermoë en hoe diep kos verweef is met ons identiteit, oorlewing en stories.
Komvandaan-stories are about our origins, the routes we follow and the destinations where we arrive, as well as the kinds of food that carry memory. This panel brings together voices whose journeys – from kitchens and communities to books, braais and academia – reflect how food tells us where we come from and where we’re going. Through humour, history and lived experience, the panellists explore heritage, hustle, and how deeply food is tied to identity, survival and storytelling.
2 Mei/May 10:30
Afr, Eng
60 min
Gratis | Free
Netwerk24-Feeskafee | Netwerk24 Festival Café
Kooktyd met Gadija Sydow en Spekko
In samewerking met | In collaboration with VIA & Spekko
MET | WITH Gadija Sydow
Die gewilde Gadija Sydow van VIA se Kaap, kerrie en koesisters en Plain en simple, kom kook en kuier by die Suidoosterfees. Sy demonstreer hoe om heerlike én maklike resepte bymekaar te slaan, en deel van haar vinnige moves wat jou tyd in die kombuis sal spaar sodat jy langer saam met jou hartsmense om die tafel kan kuier.
The popular Gadija Sydow from VIA’s Kaap, kerrie en koesisters and Plain en simple comes to cook and kuier at Suidoosterfees. She demonstrates how to whip up delicious and easy recipes, and shares some of her time-saving kitchen hacks so that you can spend more time around the table with the people you love.
1 Mei/May 12:00
3 Mei/May 12:00
Afr
60 min
R50
POP24 Studio, Media24-gebou | POP24 Studio, Media24 Building
Kooktyd met Tietie en Nanna
In samewerking met | In collaboration with VIA
MET | WITH Najma Abrahams (Tietie) & Azba Fanie (Nanna)
Die geliefde TikTokkers en TV-kokke Tietie en Nanna bederf feesgangers met ’n spesiale kookdemonstrasie van ’n maklike én liplek-lekker resep. Kom sit aan vir iets om aan te knibbel en om ’n foto saam met die susters te neem.
Beloved TikTok stars and TV cooks Tietie and Nanna spoil festivalgoers with a special cooking demonstration featuring an easy yet mouth-watering recipe. Come enjoy something to nibble on and take a photo with the sisters.
2 Mei/May 12:00
Afr
60 min
R50
POP24 Studio, Media24-gebou | POP24 Studio, Media24 Building
