Komvandaan: Waar die natuur jou naam onthou
Die Suidoosterfees se visuelekunsprogram vir 2026 sluit aan by die jaar se tema, Tuiste, met Komvandaan: Waar die natuur jou naam onthou. Daarmee nooi ons feesgangers uit om saam te kom ontdek hoe die natuur ons stories en herkoms dra, soos ’n plek wat jou nog altyd geken het en sal ken, al was jy lank weg.
Reg oor die feesterrein kan jy uitstallings en optreekuns beleef wat speel met organiese teksture, natuurlike materiale en elemente uit die landskap. Kunstenaars deel hul eie maniere van dink oor erfenis, ekologie en daardie diep gevoel van behoort wat ons almal soek.
In ’n land soos Suid-Afrika, waar ‘tuiste’ soveel lae van geskiedenis, verandering en herstel dra, herinner Komvandaan ons daaraan hoe sterk die aarde ons stories vashou. Ons wortels raak nooit verlore nie – hulle leef in grond, water, wind en geheue.
Kom stap saam deur hierdie lewendige kunsruimte waar persoonlike en gemeenskaplike verhale ontmoet. Hier word jy herinner: die natuur vergeet jou naam nooit.
FEESKURATOR: Carin Bester
Komvandaan: Where nature remembers your name
The Suidoosterfees visual arts programme for 2026 connects with this year’s theme, Home, through Komvandaan: Where nature remembers your name. With this, we invite festivalgoers to discover how nature holds our stories and origins like a place that has always known you and always will, no matter how long you’ve been away.
Across the festival grounds you’ll find exhibitions and performance art that play with organic textures, natural materials and elements drawn from the landscape. Artists share their own ways of thinking about heritage, ecology and that deep sense of belonging we all seek.
In a country like South Africa, where ‘home’ carries so many layers of history, change and healing, Komvandaan reminds us how strongly the earth holds our stories. Our roots are never lost – they live on in soil, water, wind and memory.
Take a walk through this vibrant art space where personal and collective stories meet. Here you’re reminded: nature never forgets your name.
FESTIVAL CURATOR: Carin Bester
Rondleiding deur die kurator | Guided tour by the curator:
1 Mei/May 10:00
Afr, Eng
90 min
Gratis | Free
Ontmoet in die Marmerportaal by Rooi-Land-installasie
Meet in the Marble Foyer at the Rooi-Land installation
Rooi-Land
Installasiekuns | Installation Art
DEUR | BY Yonela Makoba
Rooi-Land verken rooibos as ’n simbool van geheue en stryd. Deur grond-konstellasies en voorwerpe wat van teesakkiepapier gemaak is te gebruik, skep die werk ’n stil maar kragtige ruimte waar ritueel, gender-spesifieke arbeid en die nalatenskap van koloniale verowering na vore tree. Rooibostee word gelyktydig warmte en wond – ’n bron van troos wat gevorm is deur ’n geskiedenis van ontworteling. Die installasie vra wat dit beteken om ’n plek ‘tuiste’ te noem wanneer die land self die geheue dra van wie verstoot is, wie agtergebly het en wie nie meer kan terugkeer nie.
Rooi-Land centres rooibos as a symbol of memory and struggle. Using soil constellations and delicate objects made from teabag paper, the work creates a quiet but powerful space where ritual, gendered labour and the legacy of colonial theft come into view. Rooibos becomes both warmth and wound – a source of comfort shaped by histories of extraction. The installation asks what it means to call a place ‘home’ when the land itself carries the memory of who was displaced, who remains and who is no longer able to return.
Tydens die fees in die Marmerportaal, eerste vloer
During the festival in the Marble Foyer, first floor
Maak Ons Tee
Optreekuns | Performance Art
MET | WITH Yonela Makoba
Maak Ons Tee nooi feesgangers uit om te sit, te luister en die eenvoudige, maar gelade ritueel van rooibostee maak te beleef. Baie mense glo dat die woord makoti afgelei is van die opdrag: ‘Make us tea’. Hierdie optrede neem die ritueel van teemaak en fokus op die tradisie van diensbaarheid wat in elke koppie ingebed is. Eerder as om antwoorde te bied, skep die werk ’n oomblik van gesamentlike nadenke en vra ons om te dink oor wie se hande vir ander troos inskink, wie se arbeid oor die hoof gesien word en hoe alledaagse rituele die las van die verlede dra.
Maak Ons Tee invites festivalgoers to sit, listen and experience the simple yet charged ritual of making rooibos tea. Many people believe that the word makoti is derived from the instruction, ‘Make us tea.’ This performance holds the gesture of tea-making and turns it toward the history of servitude steeped in every cup. Rather than offering answers, the work creates a moment of collective reflection, asking us to consider whose hands have poured comfort for others, whose labour has been overlooked and how everyday rituals carry the weight of the past.
30 April 12:00
2 Mei/May 16:30
3 Mei/May 19:30
Op die Piazza-trappe voor Artscape
On the Piazza steps in front of Artscape
20 min
Gratis | Free
Stillewe
Uitstalling | Exhibition
DEUR | BY DEUR Frances VH Mohair Tapestries, Siyabonga Fani & Siyanda Sipolo
Stillewe bring die fyn vakmanskap van Frances VH se handgeweefde sybokhaar-tapiserieë, geïnspireer deur die oop ruimtes en kleure van die Karoo, saam met die treffende keramiekwerk van Siyabonga Fani, wie se spiraalveer-houers die lyne van bome, riviere en die alledaagse township-lewe eggo. Siyanda Sipolo gebruik klei as medium om stories te vertel. Tesame toon die werke hoe landelike en stedelike wêrelde mekaar ontmoet deur tekstuur, ritme en gedeelde verlangens.
Stillewe brings together the detailed craft of Frances VH’s handwoven mohair tapestries, inspired by the open spaces and colours of the Karoo, with the striking ceramic work of Siyabonga Fani, whose coiled vessels echo the lines of trees, rivers and everyday township life. Siyanda Sipolo uses clay as a medium to tell stories. Seen side by side, their pieces show how rural and urban worlds meet through texture, rhythm and a shared sense of longing.
Tydens die fees in die Marmerportaal, eerste vloer
During the festival in the Marble Foyer, first floor
Chrysanthemum-voorskou
AANGEBIED DEUR die Nasionale Krisantevereniging van Suid-Afrika
PRESENTED BY the National Chrysanthemum Society of South Africa
Stap in ’n fees van kleur, vakmanskap en blommekuns by dié voorskou van die Nasionale Krisantevereniging van Suid-Afrika se jaarlikse skou. Die uitstalling stel van die land se mooiste krisante ten toon in aanskoulike rangskikkings wat die gespesialiseerde kennis en vaardighede van die kwekers belig. Wat in 1916 as ’n klein skoutjie deur die Wellingtonse Klub begin is, het intussen gegroei tot ’n nasionale blommefees waaraan krisanteklubs van oral in Suid-Afrika deelneem.
Step into a celebration of colour, craft and floral artistry as this preview of the National Chrysanthemum Society of South Africa’s iconic annual display. This vibrant exhibition features some of the country’s most exquisite chrysanthemums arranged in eye-catching displays that highlight the remarkable skill behind their cultivation. What began as a small local show hosted by the Wellington Club in 1916 has grown into a nationwide flower festival with chrysanthemum clubs across South Africa.
Tydens die fees in die Marmerportaal-uitbreiding, eerste vloer
During the festival in the Marble Foyer Extension, first floor
Fisher Child
’n Omvattende virtuele-werklikheidservaring
An Immersive Virtual Reality Experience
MET | WITH Traci Kwaai
IN SAMEWERKING MET | IN COLLABORATION WITH Lo-Def Film Factory & Urchin Studios
Fisher Child nooi feesgangers tot in die hartjie van ons visser-erfenis deur middel van ’n omvattende virtuele-werklikheidservaring en installasie. Kykers stap ’n 360-grade digitale omgewing binne waar stories, herinneringe en landskappe lewendig word. Geskep deur die aktivis en sesde-generasie visser-afstammeling Traci Kwaai, verweef hierdie installasie die mondelinge geskiedenis, kollektiewe geheue en geleefde ervarings tussen verlede en hede. Dit eer die mense, rituele en tradisies wat Kalkbaai oor geslagte heen gevorm het en bied ’n innoverende geleentheid om ’n gemeenskap se erfenis van binne te ervaar.
Fisher Child invites festivalgoers into the heart of Kalk Bay’s fishing heritage through an immersive virtual reality experience and a surround installation. Viewers step inside a 360-degree digital environment with stories, memories and coastal landscapes. Created by activist and sixth-generation fisher child Traci Kwaai, this evocative work blends oral histories, community memory and lived experience into a moving encounter between past and present. It honours the people, rituals and traditions that have shaped Kalk Bay for generations, offering an innovative chance to experience a community’s heritage from the inside.
Tydens die fees in die Marmerportaal-uitbreiding, eerste vloer
During the festival in the Marble Foyer Extension, first floor
Komvandaan
Uitstalling | Exhibition
KURATOR | CURATOR Carin Bester
KUNSTENAARS | ARTISTS Seretse Moletsane, Sibusiso Ngwazi, Sonya Mmakopano Rademeyer, Katleho Habi & Olosa
As ’n uitbreiding van die fees se visuelekuns-tema bring hierdie groepuitstalling kunstenaars byeen wie se werk verder reik as bloot representasie. Met grond, kleurstof en gebare skep hulle ’n visuele taal waarin die natuur geheue én emosie word – ’n plek waar die natuur eerder aangevoel as gesien word, en waar die idee van tuiste deur abstraksie geaktiveer word. Die uitstalling bied ’n meesleurende ervaring wat besoekers uitnooi om stadiger te beweeg, nader te kyk en hul pad terug te ‘voel’ na waar hulle vandaan kom.
An extension of the festival’s visual arts theme, this group exhibition brings together artists whose work pushes beyond representation. Using soil, pigment and gesture, they shape a visual language where nature becomes memory and feeling – a place where the land is sensed rather than seen and where the idea of home is recalled through abstraction. The result is an immersive experience that invites visitors to look closer, slow down and feel their way back to where they come from.
Tydens die fees in die Kandelaar-portaal, tweede vloer
During the festival in the Chandelier Foyer, second floor
Haar pad huis toe
Optreekuns | Performance Art
MET | WITH Lynette du Plessis & Miché van Wyk IN SAMEWERKING MET | IN COLLABORATION WITH Working Title Multimedia Curation
Hierdie optreekunswerk beeld vroue se reise van tuiskoms uit – ’n terugkeer na grond en herinnering. Die kunstenaars ‘stap’ saam met hul voormoeders en so verander dié handeling van beweging in ’n daad van herinnering. Die optrede huldig die arbeid en veerkragtigheid wat deur geslagte vroue gedra is wanneer hulle, deur die aarde, terugkeer na hulleself.
This performance artwork traces women’s journeys of homecoming, returning to land and memory. The artists ‘walk’ with their female ancestors, transforming the act of movement into remembrance. The performance honours the labour and resilience carried by generations of women returning to themselves through the earth.
30 April 10:30 & 18:00
2 Mei/May 18:00
Op die Piazza-trappe voor Artscape
On the Piazza steps in front of Artscape
20 min
Gratis | Free
oos wes tuis bes
Uitstalling | Exhibition
KURATOR | CURATOR Anne-Ghrett Erasmus Coetzee
KUNSTENAARS | ARTISTS Antoinette du Plessis, Carel Petrus du Plessis, Cobus van Bosch, Daniël du Plessis, Deon Maas, Estelle Marais, Jeanne Wasserman, Louis Jansen van Vuuren, Marinda du Toit, Michele Nigrini, Ruan Huisamen, Shakes Thembani, Strijdom van der Merwe, Theo Paul Vorster, Willem Mulder & Willie Bester
oos wes tuis bes is ’n groepuitstalling wat herkoms, identiteit en taal vier. Geïnspireer deur Adam Small se woorde oor die Boland se warm oranje grond, ondersoek die kunstenaars hoe oorsprong en herinnering ons begrip van ‘tuiste’ vorm. Small se beskrywing van sy Afrikaans as ’n spruit binne die groot boom van die taal dien as poëtiese anker vir die uitstalling waarin kunstenaars hul eie visuele stories oor behoort, kultuur en geskiedenis na die ruimte bring.
oos wes tuis bes is a group exhibition that celebrates heritage, identity and language. Inspired by Adam Small’s reflections on the Boland’s warm orange earth, the artists explore how origin and memory shape our understanding of ‘home’. Small’s description of his Afrikaans as a sapling within the great tree of the language serves as a poetic anchor for the exhibition, where artists bring their own visual stories of belonging, culture and history into the space.
Tydens die fees in die Kandelaarportaal-uitbreiding, tweede vloer
During the festival in the Chandelier Foyer Extension, second floor
Dans lat die stof so staan
Uitstalling | Exhibition
DEUR | BY Figure of 8-dansteater | Dance Theatre
KUNSTENAARS | ARTISTS Gary Frier, Pierre Cloete & Terence Visagie
‘Rieldans is ’n geestelike verbinding met die heelal.’ Met hierdie idee as vertrekpunt ondersoek Dans lat die stof so staan ritme as ’n lewende argief van geheue, identiteit en erfenis. Hierdie dinamiese groepuitstalling bring visuele kuns en beweging in gesprek met mekaar en wys hoe die liggaam self ’n storieverteller word. Deur skilder, teken en beelde geïnspireer deur beweging, spoor die kunstenaars die diep verbintenisse tussen optrede, visuele vertelling en ons fisieke ervarings van ‘tuiste’ na.
‘Riel dance is a spiritual connection with the universe.’ Taking this idea as its point of departure, Dans lat die stof so staan explores rhythm as a living archive of memory, identity and heritage. This dynamic group exhibition brings visual art and movement into dialogue, showing how the body itself becomes a storyteller. Through painting, drawing and movement-inspired imagery, the artists trace the deep links between performance, visual narrative and our embodied experiences of ‘home’.
Tydens die fees in die Teaterportaal, tweede vloer
During the festival in the Theatre Foyer, second floor
Art on the Mountain
Uitstalling | Exhibition
PROJEKLEIER | PROJECT LEADER Hermien van der Merwe
KUNSTENAARS | ARTISTS Ana-Filipa Domingues, Anne Graaff, Anina Deetlefs, Beth Lowe, Elaine Coaton, Elske Henderson, Fadiel Hermans, Francisca Louw, Fynn Walpole, Grazyna Janik, Ina Grobbelaar, Isabel Crause, Jane Barnes, Jenny Parsons, Jo Roets, Joanna Lee Miller, Jolene Olivier, Joni-Leigh Doran, Karin Hopkinson, Kirsty Tinkler, Lauren Shantall, Lauriana Glenny, Linda Howe-Ely, Lyn Northam, Madeleine van Manen, Mandy Mckay, Marianne Jonker, Pia Truscott, Pieter Krugel, Rix Wellmann, Ros Koch, Rowan Walpole, Sera Holland, Shaune Rogatschnig, Tania Lockhart, Tharien Smith, Timo Osse, Urna van Heyningen, Wiehan de Jager, Daniel Keet & Nada Spence
In Oktober en November 2025 het meer as 60 Kaapse kunstenaars meegewerk om te skep en die stad se ikoniese berg en sy unieke fynbosbioom te vier. Die projek het kuns, natuur en bewaring op ’n lewendige en onvergeetlike manier saamgebring.
In October and November 2025, more than 60 Cape artists collaborated to create and celebrate the city’s iconic mountain and its unique fynbos biome. The project brought together art, nature and conservation in a vibrant and unforgettable way.
Tydens die fees in die Teaterportaal, tweede vloer
During the festival in the Theatre Foyer, second floor
Die betekenis van ‘tuiste’
Interaktiewe kunsinstallasie | Interactive Installation
KUNSTENAARS | ARTISTS Feesgangers | Festivalgoers
Hierdie interaktiewe kunswerk nooi besoekers uit om te reageer op die vraag: ‘Wat beteken tuiste vir jou?’ Met gekleurde toutjies volgens ouderdomsgroepe weef deelnemers hul antwoorde in ’n gesamentlike installasie wat deur die loop van die fees groei. Só ontstaan ’n lewende portret van gedeelde én individuele ervarings.
This participatory artwork invites audiences to respond to the question, ‘What does home mean to you?’ Using coloured strings according to age groups, visitors weave their answers into a collaborative installation that grows throughout the festival area, creating a living portrait of shared and individual experiences.
Tydens die fees op verskeie plekke in die Artscape-teatersentrum
During the festival in various locations of the Artscape Theatre Centre
Seisoene van verandering | Cycles of Change
Kinderkunsuitstalling | Children’s Exhibition
GESKEP DEUR | CREATED BY Carin Bester
IN SAMEWERKING MET | IN COLLABORATION WITH die Wes-Kaapse Onderwysdepartement | the Western Cape Education Department
Leerders van die WKOD se kunssentrums en uitgesoekte skole het kunswerke met bewegende onderdele geskep wat geïnspireer is deur Suid-Afrika se ekosisteme. Weggegooide karton en natuurlike materiale is gebruik. Hierdie outomata-gebaseerde werke belig temas van volhoubaarheid en onderlinge verbondenheid, en werke word aangevul met gedigte in verskeie tale wat saamvloei tot een gesamentlike literêre produk.
Learners from the WCED art centres and selected schools created moving sculptures inspired by South Africa’s ecosystems, using discarded cardboard and natural materials. These automata-based works highlight themes of sustainability and interconnection, with each accompanied by poems in multiple languages that weave into one collective literary product.
Tydens die fees by Artscape se Ingang 5 op die grondvloer
During the festival at Artscape’s Entrance 5 on the ground floor
