Die Suidoosterfees se dansprogram is in 2025 in samewerking met Figure of 8-dansteater aangebied. Hierdie kort video van Fynbos Films gee ’n oorsig van die program se aanskoulike visuele impak.
The Suidoosterfees dance programme was presented in 2025 in collaboration with Figure of 8 Dance Theatre. This short video by Fynbos Films offers an overview of the programme’s striking visual impact.
Dance Synergy Volume IV
Hierdie aanskoulike produksie het oorgeloop van uitbundige energie. Dit is vir die fees deur Figure of 8-dansteater saamgestel in samewerking met verskeie Kaapse dansorganisasies en kunstenaars. Elemente en style wat wissel van kontemporêre dans tot ballet, Indiese dans en jazz het feesgangers se asems weggeslaan. (Foto’s: Gys Loubser)
This vibrant production overflowed with exuberant energy. It was curated for the festival by Figure of 8 Dance Theatre in collaboration with various Cape-based dance organisations and artists. Elements and styles ranging from contemporary dance to ballet, Indian dance and jazz left festivalgoers breathless. (Photos: Gys Loubser)
Maze of the Mind
Grant van Ster was die regisseur van hierdie Figure of 8-dansteater-produksie wat gefokus het op die mens se gedagtes, emosies en aksies, en al die hoekies en draaie wat ons soms rigtingloos laat. (Foto’s AB Jantjies)
Grant van Ster was the director of this Figure of 8 Dance Theatre production, which explored the human mind, emotions and actions – and all the twists and turns that sometimes leave us feeling directionless. (Photos: AB Jantjies)
Die een wat bly
Daneel van der Walt, Grant van Ster en Shaun Oelf was die sterre in hierdie Figure of 8-trefferproduksie wat in samewerking met die KKNK deur Suidoosterfees aangebied is. NATi, die Festival Enterprise Catalyst (FEC) en die Jobs Fund het die produksie ondersteun. Wessel Pretorius was verantwoordelik vir die teks. Die een wat bly is ook vanjaar by die Nasionale kunstefees in Makhanda opgevoer. (Foto’s: AB Jantjies)
Daneel van der Walt, Grant van Ster and Shaun Oelf starred in this hit Figure of 8 production, presented by Suidoosterfees in collaboration with the KKNK. The production was supported by NATi, the Festival Enterprise Catalyst (FEC) and the Jobs Fund. Wessel Pretorius was responsible for the script. Die een wat bly was also staged at this year’s National Arts Festival in Makhanda. (Photos: AB Jantjies)
SON Piazza Socials
Sosiale danssessies vir feesgangers is op die Piazza voor Artscape aangebied, asook opwip-vertonings. Die dansstyle was elke dag anders.
Social dance sessions for festivalgoers were presented on the Piazza in front of Artscape, along with pop-up performances. The dance styles varied each day.