Skip to content
Feeshoogtepunte header
2025 swart
Musiek : Music header

Die Suidoosterfees se musiekprogram het vanjaar ’n verskeidenheid produksies bevat wat voorsien het in verskillende smake. Die gewilde Konsert van hoop, ’n jaarlikse instelling op die program, was uitverkoop, asook Once Upon a Tune met Zanne Stapelberg.

The Suidoosterfees music programme this year featured a wide variety of productions catering to diverse tastes. The popular Concert of Hope, a longstanding annual event on the programme, was sold out, as was Once Upon a Tune featuring Zanne Stapelberg.

Konsert van hoop

Konsert van hoop het vanjaar topkunstenaars op die The Capetonian Operahuis-verhoog verwelkom, en hulle is deur die Kaapstadse Filharmoniese Jeugorkes begelei. Sterre soos Amira Willighagen, Stephanie Baartman, Ilse Klink, die Suid-Afrikaanse Jeugkoor en finaliste van die Nasionale Jeugmusiekstigting se kompetisie het die 22ste fees met ’n onvergeetlike skouspel geopen. Konsert van hoop is in samewerking met Stad Kaapstad en die Nasionale Jeugmusiekstigting aangebied. (Foto’s: Gys Loubser)

This year’s Konsert van hoop welcomed top artists to the The Capetonian Opera House stage, accompanied by the Cape Town Philharmonic Youth Orchestra. Stars such as Amira Willighagen, Stephanie Baartman, Ilse Klink, the South African Youth Choir, and finalists from the National Youth Music Foundation’s competition opened the 22nd festival with an unforgettable showcase. Concert of Hope was presented in collaboration with the City of Cape Town and the National Youth Music Foundation. (Photos: Gys Loubser)

Feeshoogtepunte - Konsert van hoop

Sprekers by Konsert van hoop: Ricardo MacKenzie, Wes-Kaapse minister van kultuursake en sport; Geordin Hill-Lewis, burgemeester van Stad Kaapstad; Edmund Jeneker, voorsitter van die Suidoosterfees se direksie.

Speakers at the Konsert van hoop included Ricardo MacKenzie, Western Cape Minister of Cultural Affairs and Sport; Geordin Hill-Lewis, Mayor of Cape Town; and Edmund Jeneker, Chairperson of the Suidoosterfees Board.

Konsert van hoop (SOF25)(gys loubser) 6
Konsert van hoop (SOF25)(gys loubser) 21
Konsert van hoop (SOF25)(gys loubser) 11
Konsert van hoop (SOF25)(gys loubser) 16
Konsert van hoop (SOF25)(gys loubser) 29

Vrouestemme: Voices of Power

Pedro Kruger en Hennie van Greunen was saam met Melissa van der Spuy aan die stuur van Vrouestemme: Voices of Power, ’n spesiale konsert wat vrouestemme in musiek en die letterkunde gekombineer het. Kunstenaars soos Corlea Botha, Edith Plaatjies, Tashé, Phoebe Mgxaji, Mia Dippenaar, Antoinette Kellermann, Lee-Ann van Rooi, Veronique Jeptas, die Figure of 8-dansers en ’n Curro-massakoor het opgetree. NATi en Curro het die produksie ondersteun. (Foto’s: Gys Loubser)

Pedro Kruger and Hennie van Greunen, together with Melissa van der Spuy, produced Vrouestemme: Voices of Power, a special concert combining female voices in music and literature. Performers included Corlea Botha, Edith Plaatjies, Tashé, Phoebe Mgxaji, Mia Dippenaar, Antoinette Kellermann, Lee-Ann van Rooi, Veronique Jeptas, the Figure of 8 dancers, and a Curro mass choir. The production was supported by NATi and Curro. (Photos: Gys Loubser)

Feeshoogtepunte Vrouestemme
Vrouestemme (SOF25)(gys loubser) 25
Vrouestemme (SOF25)(gys loubser) 31
Vrouestemme (SOF25)(gys loubser) 22
Vrouestemme (SOF25)(gys loubser) 16
Vrouestemme (SOF25)(gys loubser) 14

Suidooster Stormsterk

Die gewilde Suidooster Stormsterk is vanjaar deur kykNET na die fees gebring met die ondersteuning van Tafelberg Meubels en Biggi Popcorn. Dié konsert het die sepie Suidooster se tiende verjaarsdagvieringe in 2025 ingelui.

The popular Suidooster Stormsterk concert was once again brought to the festival by kykNET, with the support of Tafelberg Meubels and Biggi Popcorn. This concert kicked off the 10th anniversary celebrations of the soapie Suidoosterin 2025.

Stormsterk (SOF25)(gys loubser) 30
Stormsterk (SOF25)(gys loubser) 27
Stormsterk (SOF25)(gys loubser) 20
Stormsterk (SOF25)(gys loubser) 14
Stormsterk (SOF25)(gys loubser) 9
Stormsterk (SOF25)(gys loubser) 8

Omwentelinge, ’n papierspel

Koos Kombuis en Jana Cilliers was saam op die verhoog in die woord-en-musiekaanbieding Omwentelinge, ’n papierspel. Dié twee veteraankunstenaars het besin oor die wyse waarop woorde en musiek hul binnewêrelde gevorm het. Het Jan Marais Nationale Fonds het die produksie ondersteun. (Foto’s: AB Jantjies)

Koos Kombuis and Jana Cilliers shared the stage in the word and music production Omwentelinge, ’n papierspel. These two veteran artists reflected on how words and music have shaped their inner worlds. The production was supported by the Het Jan Marais Nationale Fonds. (Photos: AB Jantjies)

Omwentelinge, n papierspel (1)
Omwentelinge, n papierspel (4)

ATKV-Koorgala

Die ATKV-Koorgala was weereens ’n hoogtepunt op die fees se musiek-spyskaart. Frazer Barry, Magdaleen Minnaar, Early B, Selby Williams en Marsha Bothma het as soliste opgetree in dié spesiale konsert waar die wenners van die ATKV-Suidoosterfees-Koorkompetisie op die Operahuisverhoog verwelkom is. Die Crescendo-sterre Shelby Williams en Marsha Bothma het ekstra glans aan die program verleen. Die koorgala het op ’n hoogtepunt afgesluit met ’n indrukwekkende massakooruitvoering waarby deelnemers aan die koorkompetisie ingesluit was. (Foto’s: Gys Loubser)

The ATKV Choir Gala was once again a highlight on the festival’s musical menu. Frazer Barry, Magdalene Minnaar, Early B, Selby Williams and Marsha Bothma performed as soloists in this special concert, where the winners of the ATKV Suidoosterfees Choir Competition were welcomed to the Opera House stage. Crescendo stars Shelby Williams and Marsha Bothma added extra sparkle to the programme. The gala ended on a high note with an impressive mass choir performance featuring participants from the choir competition. (Photos: Gys Loubser)

ATKV-Koorgala (SOF25)(gys loubser) 2
ATKV-Koorgala (SOF25)(gys loubser) 6
ATKV-Koorgala (SOF25)(gys loubser) 8

Creating Sarah | Die skep van Saartjie

Creating Sarah | Die skep van Saartjie, onder leiding van Coenie de Villiers, het hulde gebring aan die legendariese Sarah Baartman. Diana Ferrus, Ramon Alexander, Dizu Plaatjies, Nomapostile Nyiki, Lungiswa Plaatjies en De Villiers was op die verhoog in dié sonderlinge produksie waarin woordkuns en musiek vermeng is. Die komponiste en musikante het elk ’n oorspronklike interpretasie van Saartjie se geskiedenis en nalatenskap gelewer, met ’n vermenging van Westerse klanke en tradisionele en inheemse instrumente. NATi en Het Jan Marais Nationale Fonds het die produksie ondersteun. (Foto’s: Gys Loubser)

Creating Sarah | Die skep van Saartjie, led by Coenie de Villiers, paid tribute to the legendary Sarah Baartman. Diana Ferrus, Ramon Alexander, Dizu Plaatjies, Nomapostile Nyiki, Lungiswa Plaatjies and De Villiers took to the stage in this extraordinary production that blended poetry and music. Each composer and musician presented an original interpretation of Saartjie’s history and legacy, merging Western sounds with traditional and indigenous instruments. The production was supported by NATi and Het Jan Marais Nationale Fonds. (Photos: Gys Loubser)

Creating Sarah (SOF25)(gys loubser) 13
Creating Sarah (SOF25)(gys loubser) 2
Creating Sarah (SOF25)(gys loubser) 3
Creating Sarah (SOF25)(gys loubser) 9
Creating Sarah (SOF25)(gys loubser) 12
Vrouestemme Creating Sarah

Karnaval van die diere – Pieter en die Wolf

Niël Rademan se Karnaval van die diere – Pieter en die Wolf het groot aanklank by feesgangers gevind. Niël was op die verhoog saam met José Dias, Mario Nell en studente van Northlink Kollege. (Foto’s: Gys Loubser)

Niël Rademan’s Karnaval van die diere – Peter and the Wolf proved a big hit with festivalgoers. Niël shared the stage with José Dias, Mario Nell and students from Northlink College. (Photos: Gys Loubser)

Karnaval van die diere (SOF25)(gys loubser) 1
Karnaval van die diere (SOF25)(gys loubser) 2

Universiteitskoor Stellenbosch University Choir

Die Universiteitskoor Stellenbosch het feesgangers vir die derde agtereenvolgende jaar bekoor. (Foto’s Gys Loubser)

The Stellenbosch University Choir delighted festivalgoers for the third consecutive year. (Photos: Gys Loubser)

US Koor (SOF25)(gys loubser) 3

Die Suidoosterfees se musiekprogram is moontlik gemaak deur | The Suidoosterfees’s music programme was made possible by

Musiek 2025 vennote2