Feeshoogtepunte | Festival highlights: NATi Teaterfees | NATi Theatre Festival
NATi Teaterfees Theatre Festival header
In 2024 is uitstekende dramas by die Suidoosterfees aangebied danksy die ondersteuning van die Nasionale Afrikaanse Teaterinisiatief (NATi).

Excellent theatre productions were staged at Suidoosterfees 2024, thanks to the support of the National Afrikaans Theatre Initiative (NATi).

Onder ’n bloedrooi hemel

SOF 24 29 April Onder n bloed rooi hemel 24

Onder ’n bloedrooi hemel was vanjaar die Suidoosterfees se vlagskipdrama. Annemarié van Niekerk se memoir is deur Nicola Hanekom vir die verhoog verwerk. Cintaine Schutte, Daniel Mpilo May Richards en Deon Lotz was op die verhoog onder regie van Marí Borstlap.

Onder ’n bloedrooi hemel was the Suidoosterfees’ flagship drama in 2024. Annemarié van Niekerk’s memoir was adapted for the stage by Nicola Hanekom. Cintaine Schutte, Daniel Mpilo May Richards and Deon Lotz starred in the production, directed by Marí Borstlap.

Braam en die engel

Braam en die engel KKNK 27 Maart 2024 18

Die geliefde kinderboek Braam en die engel is verwerk as ’n magiese, multidissiplinêre teaterervaring vir die hele gesin.

The beloved children’s book Braam en die engel came to the stage as a magical, multidisciplinary theatre experience for the whole family.

Droomwerk

SOF 24 29 April Droomwerk 22

Pieter Odendaal se Droomwerk, wat vanjaar op die kortlys van die gesogte Hertzogprys vir drama was, is in ons 21ste jaar by die Suidoosterfees opgevoer.

Pieter Odendaal’s Droomwerk, shortlisted for the coveted Hertzog Prize for Drama, was on the programme of our 21st festival.

Op die hoek van Styx en Rivier is Nora per abuis met die dood oorgeslaan

SOF 24 27 April River Styx 1

Sandra Prinsloo en David Viviers het gehore meegevoer in Henque Heymans se nuwe drama, Op die hoek van Styx en River is Nora per abuis met die dood oorgeslaan, Suidoosterfees se ko-produksie met KKNK, Vrystaat Kunstefees, Innibos en Momentum Beleggings Aardklop.

Sandra Prinsloo and David Viviers vowed audiences in Henque Heymans’ new drama, Op die hoek van Styx en River is Nora per abuis met die dood oorgeslaan, Suidoosterfees’ co-production with KKNK, Vrystaat Arts Festival, Innibos and Momentum Beleggings Aardklop.

Op die kruin van Shôdeville

Op die kruin van Shôdeville KKNK 29 Maart 2024 7

Kevin Smith, Reginald Hufkie en Donovan Pietersen was op die verhoog in die sportdrama, Op die kruin van Shôdeville, ’n ko-produksie van Suidoosterfees en KKNK.

Kevin Smith, Reginald Hufkie and Donovan Pietersen were on stage in the sport drama, Op die kruin van Shôdeville, a co-production of Suidoosterfees and KKNK.

Reünie

SOF24, Reunie, Zip Zap Dome, 27 April 2024 [Grant Williams]-5

Die verhoogveteraan Frank Opperman was op die NATi Teaterfeesprogram in Dana Snyman se gewilde Reünie.

Stage veteran Frank Opperman was on the NATi Theatre Festival programme in Dana Snyman’s popular Reünie.

Routrip

Routrip KKNK 25 Maart 2024 1

Elzabé Zietsman in Johann Slabbert se drama, Routrip, ’n treffer op die Suid-Afrikaanse feeste- en teaterkringloop.

Elzabé Zietsman in Johann Slabbert’s drama, Routrip, a hit on the South African festival and theatre circuit.

Sewe

SOF 24 28 April Sewe 3

In Sewe het Karlé Briedenhann en Johan Falck die soeklig op geweld in verhoudings laat val.

In Sewe, Karlé Briedenhann and Johan Falck explored the theme of violence in relationships.

Swart wyn

SOF 24 25 April Swartwyn 5

Swart wyn is by die Suidoosterfees aangebied as ’n ko-produksie met Aan Zee Theaterproducties, moontlik gemaak deur die Nederlandse Ministerie van Buitelandse Sake, NATi en Het Jan Marais Nationale Fonds.

Swart wyn was staged at Suidoosterfees as a co-production with Aan Zee Theaterproducties, and made possible by the Dutch Ministry of Foreign Affairs, NATi and Het Jan Marais Nationale Fonds.

Van die rak af

SOF 24 26 April Van die rak af 2

In Van die rak af het die veelsydige Lizz Meiring verskillende karakters uitgebeeld met hul eie verhale wat gewissel van skreeusnaaks tot hartverskeurend.

In Van die rak af the versatile Lizz Meiring portrayed various characters with authentic stories that varied from hilarious to heart-breaking.

Verras

SOF 24 30 April Verras 11

Siobhan Taljaard se Verras was ’n skreeusnaakse komedie oor die Vermaak-familie se manewales by ’n begrafnis.

Siobhan Taljaard’s Verras was a hilarious comedy about the Vermaak family’s antics at a funeral.

Waansin

SOF 24 29 April Waansin 1

Carin Bester het gehore se hartsnare geroer in Waansin, ’n ko-produksie van Suidoosterfees en die Vrystaat-kunstefees.

Carin Bester moved audiences in Waansin, a co-production of Suidoosterfees and the Vrystaat Arts Festival.