Fluweelklanke | Velvet sounds

ANDRÉ SCHWARTZ: MY KEUSE

Met: André Schwartz en Ruben Gerritz
Teks en regie: André Schwartz
Taal: Afr, Eng
Venue: ATKV-Innovasiespasie
Datum en tyd: 1 Mei 19:00
Tydsduur: 60 min
Prys: R130

Gestroop, eerlik en ontroerend. André Schwartz neem jou op ’n diep persoonlike reis met aangrypende liedjies wat raakpunte met sy lewe het. Ruben Gerritz sluit by hom aan op kitaar, en saam herinner hulle ons dat struikelblokke op mens se pad deur die regte gesindheid oorkom kan word. Op die ou einde is alles meer as okay.

ANDRÉ SCHWARTZ: MY KEUSE

With: André Schwartz and Ruben Gerritz
Writer and director: André Schwartz
Language: Afr, Eng
Venue: ATKV Innovation Lounge
Date and time: 1 May 19:00
Duration: 60 min
Price: R130

Open, honest and moving. André Schwartz takes you on a deeply personal journey with captivating songs that resonate with moments in his life. Guitarist Ruben Gerritz joins him and together they remind us that obstacles in our way can be overcome with the right attitude. In the end, everything will be more than okay.

A MUSICAL JOURNEY

Met: Janel Speelman (sopraan), Niël Rademan (bariton) en Elna van der Merwe (klavier) 
Musiekregie: Elna van der Merwe
Taal: Afr, Eng
Venue: ATKV-Innovasiespasie 
Datum en tyd: 27 April 18:00
Tydsduur: 60 min
Prys: R130

Die meesterlike Elna van der Merwe skuif in agter die klavier wanneer Janel Speelman en Niël Rademan gunstelinge uit die wêreld van die musiekblyspele sing. Immergroen treffers uit Les Misérables, Chess, Phantom of the Opera, Fiddler on the Roof, The Sound of Music en West Side Story kry nuwe energie met begeesterde vertolkings. Die kunstenaars maak die treffers hul eie, met resonansie en diepte wat die Suidoosterfees se 21ste jaar op ’n hoë noot huldig.

A MUSICAL JOURNEY

With: Janel Speelman (soprano), Niël Rademan (baritone) and Elna van der Merwe (piano) 
Musical director: Elna van der Merwe
Language: Afr, Eng
Venue: ATKV Innovation Lounge 
Date and time: 27 April 18:00
Duration: 60 min
Price: R130

Masterful pianist Elna van der Merwe accompanies Janel Speelman and Niël Rademan as they perform favourites from the world’s beloved musicals. Timeless hits from Les Misérables, Chess, Phantom of the Opera, Fiddler on the Roof, The Sound of Music and West Side Story are charged with new energy by zestful interpretations. The arrangements add a unique depth and resonance to celebrate the Suidoosterfees’ 21st year on a high note.

CORAZÓN DE BAYAS ROJAS

Met: Zanne Stapelberg en Elna van der Merwe (pianis) 
Regie en teks: Zanne Stapelberg
Taal: Spaans, Afr, Eng
Venue: ATKV-Innovasiespasie 
Datum en tyd: 28 April 20:30
Tydsduur: 70 min
Prys: R130

In Zanne Stapelberg se splinternuwe produksie, wat Rooibessiehart beteken, deel die gevierde sopraan haar onblusbare liefde vir Spaanse musiek. Met ’n reënboog van klank en stories wat wissel tussen klassiek, zarzuela, tango en volksmusiek deur Suid-Amerikaanse legendes soos Astor Piazzolla en Mercedes Sosa, bring Zanne passie, vreugde, pret en vuurwarm drama na die feesverhoog. Soos net Zanne kan. Spesiaal geskep vir die 21ste Suidoosterfees.

CORAZÓN DE BAYAS ROJAS

With: Zanne Stapelberg and Elna van der Merwe (piano) 
Writer and director: Zanne Stapelberg
Taal: Spanish, Afr, Eng
Venue: ATKV Innovation Lounge 
Datum en tyd: 28 April 20:30
Tydsduur: 70 min
Price: R130

In Zanne Stapelberg’s new production, which means Red Berry Heart, the celebrated soprano shares her consuming love for Spanish music. With a rainbow of sound and stories that vary between classical, zarzuela, tango and folk music by South American exponents such as Astor Piazzolla and Mercedes Sosa, she brings passion, joy, fun and red-hot drama to the festival stage. As only Zanne can do. Created especially for the 21st Suidoosterfees.

IL MONDO

Met: Selim Kagee en Albert Combrink
Taal: Eng
Venue: ATKV-Innovasiespasie
Datum en tyd: 26 April 20:30
Tydsduur: 60 min
Prys: R130 

Selim Kagee se fluweelstem sleur gehore regoor die aardbol mee. Sy toetrede tot die musiekwêreld is in 2012 deur sy debuutalbum Cry for Love ingelui. In Il Mondo klee hy treffers soos “Il Mondo”, “She” en “For the Good Times” in ’n nuwe baadjie terwyl hy humoristiese staaltjies oor sy musikale reis deel. Selim se onvergeetlike swerftog deur die landskap van musiek word gekenmerk deur nostalgie, romantiek en kreatiwiteit uit die diepte van sy hart.
Fluweelklanke | Velvet sounds
Fluweelklanke | Velvet sounds

IL MONDO

With: Selim Kagee and Albert Combrink
Language: Eng
Venue: ATKV Innovation Lounge
Date and time: 26 April 20:30
Duration: 60 min
Price: R130 

Selim Kagee’s velvet voice captivates audiences globally. His 2012 debut album Cry for Love marked his entry into the music scene. In Il Mondo, he revitalises classics such as “Il Mondo”, “She” and “For the Good Times” while sharing humorous anecdotes of his journey through music. Selim’s unforgettable musical odyssey evokes nostalgia, romance and heartfelt expression.

LIFE IS A CABARET

Met: Juju Domingo, Marlie Katzke en Lucas Heine 
Pianis en musiekregie: Lucas Heine
Taal: Afr, Eng
Venue: ATKV-Innovasiespasie 
Datum en tyd: 28 April 18:00
Tydsduur: 60 min
Prys: R130

Dié gedugte trio neem jou op ’n reis deur klassieke sowel as populȇre en nuutgeskrewe kabaretmusiek. Uitstekende vermaak is gewaarborg, terwyl die ware aard van kabaret met liedere deur legendes soos Kurt Weil en Stephen Sondheim nie agterweë gelaat word nie. Nommers uit die fenomenale Cabaret is ook op die musiekspyskaart.

LIFE IS A CABARET

With: Juju Domingo, Marlie Katzke and Lucas Heine 
Pianist and musical director: Lucas Heine
Language: Afr, Eng
Venue: ATKV Innovation Lounge 
Date and time: 28 April 18:00
Duration: 60 min
Price: R130

This mind-blowing trio takes you on a journey through classical, popular and new cabaret music. Excellent entertainment is guaranteed while the true character of cabaret is celebrated with songs by legends such as Kurt Weil and Stephen Sondheim. Also on the musical menu: unforgettable hits from the phenomenal Cabaret.

RAAF IN MY SITKAMER: AKOESTIES

Met: RAAF 
Musiekregie: Lourens en Esté Raaf
Taal: Afr
Venue: ATKV-Innovasiespasie 
Datum en tyd: 29 April 20:30
Tydsduur: 70 min
Prys: R130

Dit is onmoontlik om dié veelsydige musiekgroep tot ’n genre te beperk. Hulle pragtige lirieke vertel stories van ons diepste menswees en hul musikale energie, briljant gekomplementeer deur verskeie instrumente, word deur gehore as lewensveranderend beskryf.

RAAF IN MY SITKAMER: AKOESTIES

With: RAAF 
Musical directors: Lourens and Esté Raaf
Language: Afr
Venue: ATKV Innovation Lounge 
Date and time: 29 April 20:30
Duration: 70 min
Price: R130

It is impossible to tie this group down to one single genre. Their beautiful lyrics tell stories of our deepest emotions and their musical energy, brilliantly complemented by various instruments, are described by audiences as life changing.

VINCENT: HIS QUEST TO LOVE AND BE LOVED

Vervaardig deur: Wela Kapela-produksies
Met: Daniel Anderson en Tersia Harley (klavier)
Teks, regie, verhoogbestuurder en stelontwerp: Amanda Bothma
Kostuums: Judy Raffan
Taal: Meertalig
Venue: ATKV-Innovasiespasie
Datum en tyd: 26 April 18:00, 27 April 20:30
Tydsduur: 70 min
Prys: R130

Die lewe en kuns van Vincent van Gogh word in ’n verbluffende nuwe lig beskou. Daniel Anderson wissel tussen ’n narratiewe stem en dié van Van Gogh self, wat hardop praat soos hy briewe aan sy broer Theo skryf. Met verwerkings van gewilde musiekteater-, pop-, rock- en jazzliedjies skilder die stuk ’n portret van ’n gekwelde man met ’n skeppingsdrang – en ’n diep begeerte om lief te hê en liefgehê te word.

VINCENT: HIS QUEST TO LOVE AND BE LOVED

Producer: Wela Kapela-produksies
With: Daniel Anderson and Tersia Harley (piano)
Writer, director, stage manager and set design: Amanda Bothma
Costumes: Judy Raffan
Language: Multilingual
Venue: ATKV Innovation Lounge
Date and time: 26 April 18:00, 27 April 20:30
Duration: 70 min
Price: R130

The life and art of Vincent van Gogh is presented in a dazzling new light. Actor Daniel Anderson switches between a narrative voice and being Van Gogh himself, who speaks aloud as he writes letters to his brother Theo. By using reimagined versions of popular musical theatre, pop, rock and jazz numbers, this production creates a picture of a troubled man with a deep desire to love and be loved.