Die Suidoosterfees bied vanjaar ’n gratis pendeldiens vir die gerief van feesgangers, sodat jy maklik tussen die verskillende feesvenues kan beweeg.
Suidoosterfees is offering a free shuttle service this year for the convenience of festivalgoers, making it easy to travel between the different festival venues.
Pendelstoppe
Bussies ry deurlopend vanaf Artscape en stop by die volgende gemerkte venue-haltes, waar feesgangers op en af kan klim:
- Artscape: Gaan uit by Uitgang 5, stap na die Stage Door en kyk uit vir die optelpunt.
- Waterfront-teaterskool: By die ingang.
- UCT Hiddingh-kampus: Voor die Little Theatre.
- Die Kasteel: Agter by die sy-ingang in Darlingstraat, skuins oorkant Harringtonstraat.
Shuttle stops
Shuttles run continuously from Artscape and stop at the following marked venue stops, where festivalgoers may hop on and off:
- Artscape: Exit at Exit 5, walk to the Stage Door and look out for the pick-up point.
- Waterfront Theatre School: At the entrance.
- UCT Hiddingh Campus: In front of the Little Theatre.
- The Castle: At the rear side entrance in Darling Street, diagonally opposite Harrington Street.
Belangrike wenke
- Gee jouself genoeg reistyd
Kaapstad is bedrywig oor naweke. Maak voorsiening vir genoeg tyd om by jou venue uit te kom. Mik om ongeveer ’n uur voor jou vertoning begin, te vertrek. - Maak seker jy klim op die regte bussie
Maak asseblief seker jy is op pad na die regte bestemming wanneer jy op ’n bussie klim. Vra gerus die bestuurder. - Kom vroeër en geniet die venue
Daar is heerlike versnaperinge by verskeie venues beskikbaar indien jy vroeg arriveer en iets wil geniet voor die vertoning begin.
Important tips
- Allow yourself enough travel time
Cape Town is busy over weekends. Please allow enough time to get to your venue. Aim to leave about an hour before your performance starts. - Make sure you board the right shuttle
Please make sure you are heading to the correct destination when boarding a shuttle. Feel free to ask the driver. - Arrive early and enjoy the venue
Delicious refreshments are available at various venues if you arrive early and would like to enjoy something before the performance begins.
Parkering vir mense wat self ry
As jy verkies om self tussen venues te ry, is die volgende parkeeropsies beskikbaar:
- Gratis en veilige parkering is beskikbaar by UCT se Hiddingh-kampus en Die Kasteel.
- Slegs straatparkering is beskikbaar by die Waterfront-teaterskool.
Artscape-parkering:
Parkeer gerus by Artscape wanneer jy produksies in die Kaapstad-burgersentrum, POP24 Studio of Nasdak bywoon. Dit is stapafstand vanaf Artscape, maar laat ongeveer 15 minute toe om rustig oor te stap.
Parking for those driving themselves
If you prefer to drive between venues yourself, the following parking options are available:
- Free and secure parking is available at UCT’s Hiddingh Campus and The Castle.
- Street parking only is available at the Waterfront Theatre School.
Artscape parking:
You are welcome to park at Artscape when attending productions at the Cape Town Civic Centre, POP24 Studio or Nasdak. These venues are within walking distance of Artscape, but please allow about 15 minutes to walk across comfortably.
Navrae
Pendeldiens-navrae kan in persoon by Artscape se Inligtingstoonbank gerig word, of kontak die volgende nommer: (021) 406 2058
Enquiries
Shuttle service enquiries can be made in person at Artscape’s Information Desk, or contact the following number: (021) 406 2058
