HÖERSKOOL DRAMAFEES 2024

Sluitingsdatum: Vrydag 24 Mei 2024

Die oogmerk van die Hoërskool Dramafees is om leerders te voorsien van ’n platform waar hulle deur drama uitdrukking kan gee aan hul kreatiwiteit, menings en interpretasie van sosiale kwessies. Dié platform bied hulle die geleentheid om voor ’n toegewyde gehoor op te tree terwyl hul horisonne deur die omvattende ervaring van regstreekse teater verbreed word. Die fees stel deelnemers bekend aan die bekoring van professionele beligting, klank en montering, en bevorder ’n begrip van die dissipline wat aan teaterwerkers gestel word. Dit bied ook opleiding in teateretiket en -dissipline, en koester die ontwikkeling van aspirant-kunstenaars.

Tema: Skole word aangemoedig om ’n tema te kies wat die sosiale uitdagings waarmee leerders te doen kry, uitbeeld. Elke inskrywing moet ’n opsomming en motivering voorsien vir die tema wat gekies is. Nadat inskrywings voorgelê is, mag die tema wat gekies is, nie verander word nie. Die tema bly dieselfde gedurende die oudisieronde en die hooffees wat in Augustus 2024 plaasvind.

Höerskool Dramafees – Oudisieronde

Groepe wat deelneem moet ’n inskrywingsvorm voltooi en saam met ’n 10-minuut oudisievideo van die drama teen Vrydag 24 Mei 2024 instuur.

Van skole word verwag om ’n oorspronklike produksie van 30 tot 60 minute voor te berei, wat gebaseer is op hule eie interpretasie van die tema. ’n Tien-minuut-uittreksel uit die drama moet as ’n oudisievideo aangebied word. Dit is belangrik om streng by die tydsbeperking van 10 minute te hou.

NEEM ASB. KENNIS: Hoewel dit nie ’n bindende reël is nie, beveel ons aan dat nie meer as 6 akteurs in die drama optree nie, anders gaan die produksie nie pas in die Arena-teater waar optredes in Augustus plaasvind nie. Skole word aangemoedig om sover moontlik stelle klein te hou, en tegniese behoeftes (beligting en klank) asook dekor tot die minimum te beperk.

Höerskool Dramafees – Hooffees

Beoordelaars sal dramas kies wat in die week van 12 tot 16 August 2024 in die Artscape Arena opgevoer gaan word. Van skole wat kwalifiseer, word verwag om die volledige produksies van 30 tot 60 minute op te voer. ’n Prysoorhandigingseremonie sal op 16 Augustus 2024, ná die laaste optrede, by Artscape gehou word.

Die wendrama sal ingesluit word op die Suidoosterfees se jeugteaterprogram in April/Mei 2025. Vir meer inligting, kontak asb. vir Tania Williams-Kaponda:

Tel: +27 (0)21 410 9205/3210

E-pos: slu@artscape.co.za

Die sluitingsdatum vir inskrywingsvorms en oudisievideo’s is Vrydag 24 Mei 2024.

HIGH SCHOOL DRAMA FESTIVAL 2024

Closing date: Friday 24 May 2024

The objective of the High School Drama Festival is to give learners a platform to express their creativity, opinions and societal issues through drama. This platform offers them an opportunity to engage a captivated audience while broadening their horizons through the immersive world of live theatre. The festival introduces them to the enchantment of professional lighting, sound and staging, fostering an understanding of the discipline necessary for performers. Moreover, it serves as a training ground for theatre etiquette and discipline, nurturing their growth as aspiring artists.

Theme: Schools are encouraged to select a theme that reflects the social challenges they encounter regularly. Each participant must provide a synopsis and rationale for their chosen theme upon entry. Once the entry form is submitted, no alterations to the theme are permitted. This chosen theme will remain unchanged throughout both the Audition and Main Festival scheduled for August 2024.

High School Drama Festival – Audition Round

The group to submit the entry form and a 10-minute Audition Video of the play by Friday 24 May 2024.

Schools are required to prepare a 30 to 60-minute original production based on their own interpretation of the theme. A 10-minute extract taken from the play should be presented as an Audition Video. Strict adherence to the time frame of 10 minutes for the audition video is crucial.

PLEASE NOTE: Although not a strict rule, we recommend that a maximum of 6 actors are chosen for your play. This is due to the size of the Arena theatre where your play will be performed in August. Schools are encouraged to keep set pieces, technical requirements (lighting & sound) and décor to as bare a minimum as possible.

High School Drama Festival – Main Festival

The adjudicators will select plays that will be staged in the Artscape Arena the week of 12 to 16 August 2024. The selected schools will be required to showcase the full 30 to 60-minute production. An awards ceremony event will be held at Artscape on 16 August 2024, after the last performance.

The winning drama will be included in the youth theatre programme at Suidoosterfees in 2025 in April/May. For more information on the audition process, please contact Tania Williams-Kaponda:

Tel: +27 (0)21 410 9205/3210

Email: slu@artscape.co.za

Closing date for entry forms and audition video submissions: Friday 24 May 2024.