
Drome het vlerke
Regie: Frazer Barry
Ondersteun deur: Jakes Gerwel Stigting
Met Frazer en Deniel Barry, Breyten Treurnicht, Brumelda Bell, Nicol Klopper, Gabriel Plaatjies, Naaim Briesies
Datum: 1 Mei 20:00
Tydsduur: 60 min
Venue: kykNET Teater
Ouderdomsbeperking: Geen
Kaartjieprys: R100
Hierdie musiekproduksie bekyk die ervarings, uitdagings en drome van vyf jong liedjieskrywers uit verskillende agtergronde. Drome moet lewend gehou word in uitdagende omstandigede. Die liedjieskrywers se oorspronklike materiaal en komposisies is onder leiding van Frazer Barry verfyn tydens die eerste liriekskryfskool wat in 2020 deur die Jakes Gerwel Stigting aangebied is.
Drome het vlerke
Director: Frazer Barry
Supported by: Jakes Gerwel Foundation
With Frazer and Deniel Barry, Breyten Treurnicht, Brumelda Bell, Nicol Klopper, Gabriel Plaatjies, Naaim Briesies
Date: 1 May 20:00
Duration: 60 min
Venue: kykNET Theatre
Age restriction: None
Price: R100
This music production explores the experiences, challenges and dreams of five young songwriters from different backgrounds. Dreams must be kept alive in challenging circumstances. The songwriters’ original material and compositions were finetuned by Frazer Barry during the Jakes Gerwel Foundation’s first Songwriting mentorship programme in 2020.
A Night at the Musicals
Ondersteun deur: Jakes Gerwel Stigting
Met Lynelle Kenned (sopraan), Niël Rademan (bariton) en Lucas Heinen (klavier)
Datum: 29 April 18:30
Tydsduur: 70 min
Venue: Innovasiespasie
Ouderdomsbeperking: Geen
Kaartjieprys: R120
In dié produksie wat jou wegvoer na die wonderwêreld van die musical, wissel gesoute musici soomloos tussen klassieke en ligter style. Kom gee jou oor aan ’n wêreld van hartstog, verlies, blymoed en liefde. En onthou: Love changes everything!
A Night at the Musicals
Supported by: Jakes Gerwel Foundation
With Lynelle Kenned (soprano), Niël Rademan (baritone) and Lucas Heinen (piano)
Date: 29 April 18:30
Duration: 70 min
Venue: Innovative Lounge
Age restrictions: None
Price: R120
With excellent musicians switching between classical and lighter styles, this production will sweep you away to the wonderful world of the musical. Surrender yourself to passion, loss, gaiety and love. And never forget: Love changes everything!
Herfs – ’n 20-minuut opera in een bedryf
Regie: Raimondo van Staden-Slabbert
Ondersteun deur: Butlers Point-of-Sale Logistics & Agape Metamorfóno
Met Johannes van Staden-Slabbert en Leah Gunter
Datum: 1 Mei 18:30
Tydsduur: 20 min
Venue: Innovasiespasie
Ouderdomsbeperking: Geen
Kaartjieprys: R120
Suid-Afrikaanse operasanger en komponis, Raimondo van Staden-Slabbert, se nuwe operapartituur, Herfs, volg die verhaal van twee bejaardes en hul struwelinge met die wêreld soos hulle regmaak vir hul volgende sielshoofstuk. Hierdie vrolike, dramatiese partituur met ’n romantiese inslag is plesierig op die oor.
Herfs – ’n 20-minuut opera in een bedryf
Director: Raimondo van Staden-Slabbert
Supported by: Butlers Point-of-Sale Logistics & Agape Metamorfóno
With Johannes van Staden-Slabbert and Leah Gunter
Date: 1 May 18:30
Duration: 20 min
Venue: Innovative Lounge
Age restriction: None
Price: R120
South African composer and opera singer Raimondo van Staden-Slabbert’s new opera score, Herfs, follows the story of two senior citizens and their struggles with the world as they prepare for a final journey. This up-beat, dramatic score with its romantic theme promises to be delightful on the ear.
Lag saam
Met Wayne McKay, Mariette Loubser en Kagiso KG Mokgadi
Datum: 28 April 18:30
Tydsduur: 50 min
Venue: Innovasiespasie
Ouderdomsbeperking: Geen o/13 T
Kaartjieprys: R120
Drie van ons beste komediante op een verhoog! Kom skaterlag saam met Wayne McKay, Mariette Loubser en Kagiso KG Mokgadi. Maak seker jou maagspiere is sterk, want jy gaan ’n paar keer dubbeld vou!
Lag saam
With Wayne McKay, Mariette Loubser and Kagiso KG Mokgadi
Date: 28 April 18:30
Duration: 50 min
Venue: Innovative Lounge
Age restriction: No u/13 L
Price: R120
Three of South Africa’s best comedians on one stage! Practise your tummy muscles for endless laughter with Wayne McKay, Mariette Loubser and Kagiso KG Mokgadi. They will entertain you like never before.
Nik Rabinowitz: Late Bloomer
Met Nik Rabinowitz
Datum: 26 April 20:00
Tydsduur: 55 min
Venue: Innovasiespasie
Ouderdomsbeperking: Geen
Kaartjieprys: R120
Die wêreld se enigste Xhosa-sprekende Joodse komediant in sy jongste eenmanvertoning! Rabinowitz plaas onderwerpe onder die soeklig soos die mens se DNS-vingerafdrukke, sy unieke herkoms en erfenis as ’n Suid-Afrikaner. Hoe het hy in die eerste plek hier beland? En waarheen is hy op pad? Moet hy alles oppak en terug skoert na Litoue waar hy oorspronklik vandaan kom?
Nik Rabinowitz: Late Bloomer
With Nik Rabinowitz
Date: 26 April 20:00
Duration: 55 min
Venue: Innovative Lounge
Age restriction: None
Price: R120
The world’s only Xhosa-speaking Jewish comedian in his latest one-man show! Rabinowitz tackles issues like DNA fingerprints, his unique identity and heritage. How did he end up here in the first place? And where is he heading to? Should he chuck his mortgage and go back to Lithuania – wife, kids and pets in tow?
Ramon Alexander-kwartet
Met Ramon Alexander, Byron Abrahams, Annemie Nel en Valentino Europa
Datum: 30 April 18:30
Tydsduur: 50 min
Venue: Innovasiespasie
Ouderdomsbeperking: Geen
Kaartjieprys: R120
30 April is Internasionale Jazzdag. Ter viering van hierdie spesiale geleentheid kan feesgangers hulle verlustig aan die lieflike klanke van die formidabele Ramon Alexander-kwartet.
Ramon Alexander Quartet
With Ramon Alexander, Byron Abrahams, Annemie Nel and Valentino Europa
Date: 30 April 18:30
Duration: 50 min
Venue: Innovative Lounge
Age restriction: None
Price: R120
30 April is International Jazz Day. To celebrate this special occasion, festivalgoers are invited to enjoy the delectable sounds of the amazing Ramon Alexander Quartet.
Shirley Bassey – Diamonds are forever
Regie: Jaconell Mouton
Met Anna Davel en Jaconell Mouton
Datum: 27 April 18:30
Tydsduur: 75 min
Venue: Innovasiespasie
Ouderdomsbeperking: Geen
Kaartjieprys: R120
’n Viering van Shirley Bassey se ongelooflike talent. SAMA-wenner Anna Davel sing van die grootste treffers uit die veelsydige, sielvolle Bassey se repertoire, en ook van haar eie gunstelinge. Met Ghoema-wenner Jaconell Mouton op die klavier, word bekende liedjies in ’n nuwe musikale baadjie uitgedos. Maak jou gereed vir treffers soos ‘Big Spender’, ‘I am what I am’ en baie meer.
Shirley Bassey – Diamonds are forever
Director: Jaconell Mouton
With Anna Davel and Jaconell Mouton
Date: 27 April 18:30
Duration: 75 min
Venue: Innovative Lounge
Age restriction: None
Price: R120
Revelling in the incredible talent of Shirley Bassey! SAMA winner Anna Davel performs the greatest hits from the multitalented, soulful Bassey’s repertoire, as well as some of Davel’s personal favourites. With Ghoema winner Jaconell Mouton on the piano, legendary hits get a fresh new flavour. Get ready to enjoy all-time favourites like ‘Big Spender’, ‘I am what I am’ and many more.
Kinderteater
Pietersielie en Roosmaryn vertel stories!
Skrywers: Rafiek Mammon en Bianca Flanders
Regie: Dean Balie
Ondersteun deur: NATi
Met Dean Balie en Bianca Flanders
Datum: 26 April 10:30 en 13:30
27 April 10:30 en 13:30
28 April 10:30 en 13:30
Tydsduur: 50 min
Venue: kykNET Teaterportaal
Ouderdomsbeperking: Geen
Kaartjieprys: R60
Pietersielie en Roosmaryn hou baie van stories en musiek maak. Hulle reis die wêreld vol met hul towerkaravaantjie op soek na vriende, boeke en kinders om stories te deel én nuwes te leer. Op pad met hulle instrumente en poppekas loop hulle vir Prinses Pampoenpit en Faizel raak. Kom sing en dans lekker saam met hulle as die karavaantjie voor jou stop.
Children’s Theatre
Pietersielie en Roosmaryn vertel stories!
Writers: Rafiek Mammon en Bianca Flanders
Director: Dean Balie
Supported by: NATi
With Dean Balie and Bianca Flanders
Date: 26 April 10:30 and 13:30
27 April 10:30 and 13:30
28 April 10:30 and 13:30
Duration: 50 min
Venue: kykNET Theatre foyer
Age restriction: None
Price: R60
Pietersielie and Roosmaryn love telling stories and making music. They travel all over the world with their magical little caravan, looking for friends, books and children to share stories with, and to learn new tales. On the road with their instruments and puppet-show, they run into Princess Pampoenpit and Faizel. Come sing and dance along when their caravan arrives.
Familie/ gemeenskap
Ekstr-r-r-avaganza
Ondersteun deur: Artscape en Stad Kaapstad
Met Gary Naidoo, Jon-E en Cindy Gibbons, Joe Barber-duo, Shimmy Isaacs, Dance for All-dansers en vele meer
Datum: 26 April 18:00
27 April 14:30 en 20:00
28 April 20:00
29 April 20:00
30 April 20:00
1 Mei 14:30 en 20:00
2 Mei 14:00 en 18:00
Tydsduur: 70 min
Venue: kykNET & Kie Operahuis
Ouderdomsbeperking: Geen
Kaartjieprys: R80
Die Suidoosterfees, in samewerking met Artscape, bied met trots aan: ’n genre-verskuiwende produksie waarin die beste van die beste in Kaapse vermaak in EEN show optree. Van sirkustoertjies tot dans, van klassieke musiek tot sang – alles smelt saam met komedie en grapjasse in een kleurryke ekstr-r-r-avaganza om die hele gesin te betower! Elke show het sy eie unieke verrassings. Die EKSTR-R-R-AVAGANZA in die Operahuis by Artscape. Kaartjies kos R80, beskikbaar by Computicket.

Family/ Community
Ekstr-r-r-avaganza
Supported by: Artscape and City of Cape Town
With Gary Naidoo, Jon-E and Cindy Gibbons, Joe Barber-duo, Shimmy Isaacs, Dance for All-dansers and many more
Date: 26 April 18:00
27 April 14:30 and 20:00
28 April 20:00
29 April 20:00
30 April 20:00
1 May 14:30 and 20:00
2 May 14:00 and 18:00
Duration: 70 min
Venue: kykNET & Kie Opera House
Age restriction: None
Price: R80
The Suidoosterfees, in collaboration with Artscape, proudly presents: a cross-genre production with the best of the best in Cape entertainment in ONE show. From circus stunts to dance, from classical music to song – all combined with comedy and jokers in one colourful exstr-r-r-avaganza that will enthrall the entire family! Every show as unique surprises. The EKSTR-R-R-AVAGANZA in the Opera House at Artscape. Tickets are R80, available at Computicket.