NATi KINDERTEATER

Aspoestertjie … as die skoen pas

Met Siobhan Taljaard, Braeden Buys, Marika van Heerden, Jumaine M. Hansen, Anya Human, Trompie Booysen, Casey Nel en Logan Cornelius
Teks: Siobhan Taljaard
Regie: Yolande Rabe
Produksiebestuurder: Marika van Heerden
Choreografie: Braeden Buys
Taal: Afr
Venue: Tentatief
Datum en tyd: 27 April 10:00
Tydsduur: 55 min
Prys: R80

’n Koetspampoen, ’n verlore skoen en ’n disfunksionele gesin. In hierdie aweregse musiekblyspel vol energieke danspassies deel ’n poppie, ’n prins en ’n primadonna die verhoog in die eeue-oue verhaal met ’n splinternuwe twist. Aspoester droom van ’n ridder op ’n wit perd terwyl haar stiefma die oorlede pa se boedel op Botox blaas. Nou is die tyd om te besluit wat ís en wat wás. Dis nou te sê, as die skoen pas!

Aspoestertjie … as die skoen pas

With Siobhan Taljaard, Braeden Buys, Marika van Heerden, Jumaine M Hansen, Anya Human, Trompie Booysen, Casey Nel and Logan Cornelius
Writer: Siobhan Taljaard
Director: Yolande Rabe
Production manager: Marika van Heerden
Choreography: Braeden Buys
Language: Afr
Venue: Tentatief
Date and time: 27 April 10:00
Duration: 55 min
Price: R80

A pumpkin coach, a lost shoe and a dysfunctional family. In this off-beat musical full of energetic dance moves, a pretty girl, a prince and a prima donna give a modern twist to a classic fairy tale. Cinderella dreams of a prince on a white horse while her stepmom blows her deceased husband’s estate on Botox. Now is the time to decide what belongs in the present and what belongs to the past. That is to say – if the shoe fits!

’n Goue ster vir Faizel

Ondersteun deur NATi en die Jakes Gerwel Stigting

Met Gary Naidoo, Zikhona Jacobs en Tjoppie Ferreira
Teks en regie: Rafiek Mammon
Taal: Afr, Eng, Xhosa
Venue: Theatre Well
Datum en tyd: 28 April 10:00 en 12:00
Tydsduur: 40 min
Prys: R60

Op sy eerste skooldag is Faizel heel opgewonde, maar tog ook bietjie senuweeagtig. Hoe gaan die dag uitdraai? Gaan hy vriende maak? Is die onderwyser kwaai? En wat van die boelie, Marvin? Hoe gaan Faizel vyf ure sonder sy ma klaarkom? En wat van die goue ster? Vind saam met Faizel antwoorde op dié vrae in hierdie vrolike, interaktiewe, veeltalige kinderteaterproduksie.

’n Goue ster vir Faizel

Supported by NATi and the Jakes Gerwel Foundation

With Gary Naidoo, Zikhona Jacobs and Tjoppie Ferreira
Writer and director: Rafiek Mammon
Language: Afr, Eng, Xhosa
Venue: Theatre Well
Date and time: 28 April 10:00 and 12:00
Duration: 40 min
Price: R60

Faizel is excited about his first day at school, but also a bit nervous. How will the day turn out? Will he make new friends? Will the teacher be kind? And will Marvin, the school bully, behave? How will Faizel cope for five hours without his mom? And what about the golden star? Find the answers to all Faizel’s questions during this fun-filled, interactive multilingual children’s theatre production.

Liewe Heksie vang vis

Vervaardiger: Arena Produksiehuis

Met Margit Meyer-Rödenbeck en Deon van Zyl
Teks: Margit Meyer-Rödenbeck, na Verna Vels se stories
Regie: Margit Meyer-Rödenbeck
Stelontwerp: Jeanne Steenkamp
Taal: Afr
Venue: Tentatief
Datum en tyd: 1 Mei 10:00
Tydsduur: 55 min
Prys: R80

Liewe Heksie het ’n visstok present gekry. “Haai oe, dis vir my so lekker as ek ’n vis vang. Dan sing ek sommer ’n liedjie en die vis wil saamsing. Ek weet, want sy bek gaan so oop en toe. Of dalk gaap hy omdat hy moeg is, dan gooi ek hom terug en vang ’n nuwe ene.” Maar hoekom raak Koning Rosekrans se forelle dan minder? Is Levinia die skuldige of is die nare Geelheks ook weer in die prentjie? Tydlose vermaak vir die hele gesin. In 2022 het die span agter hierdie produksie ’n Kanna vir beste kinderteater by die ABSA KKNK verower.

Liewe Heksie vang vis

Producer: Arena Produksiehuis

With Margit Meyer-Rödenbeck and Deon van Zyl
Writer: Margit Meyer-Rödenbeck, to the stories of Verna Vels
Director: Margit Meyer-Rödenbeck
Set design: Jeanne Steenkamp
Language: Afr
Venue: Tentatief
Date and time: 1 May 10:00
Duration: 55 min
Price: R80

Liewe Heksie received a fishing rod as a present, and she loves her new hobby. Every time she pulls out a shiny trout, she sings a song and throws the fish back into the water. But why does Koning Rosekrans’ pond become depleted? Is Levinia responsible, or does the horrible Yellow Witch have a hand in the matter? Timeless entertainment for the whole family! The team behind this production won a Kanna award for best children’s theatre at ABSA KKNK 2022.