MUSIEK

Die begrafnis

Met Leatitia Solomons, Japie Solomons, Christy Ann Julies
Musiek: Hinrich Isaacs
Skrywer en regisseur: Leatitia Solomons
Musiekregisseur: Timothy Swarts

Venue: Zip Zap Dome
Datum en tyd: 27 April 14:30
Tydsduur: 60 min
Prys: R125

Mathilda wil graag glo dat begrafnisse families bymekaarbring, maar die teendeel blyk eerder waar te wees. Ons almal moet eendag doodgaan, maar watter agendas borrel na die oppervlak wanneer ons naasbestaandes finaal kom afskeid neem? Moenie dié skreeusnaakse besinning oor lewe en dood misloop nie!

Die begrafnis

With Leatitia Solomons, Japie Solomons and Christy Ann Julies
Music: Hinrich Isaacs
Writer and Director: Leatitia Solomons
Music director: Timothy Swarts

Venue: Zip Zap Dome
Date and time: 27 April 14:30
Duration: 60 min
Price: R125

Mathilda would like to believe that funerals unite family members, but the opposite  seems to be the case rather. We all have to die eventually, but what agendas are lurking below the surface when our next of kin pay their last respects? Don’t miss this very entertaining reflection on the meaning of life and death.

Don Pasquale

Ondersteun deur Butlers POS+ Logic en Agape Metamorfóno

Vervaardiger: AGL Opera
Met Conroy Scott, Raimondo van Staden-Slabbert, Leah Gunter en Mziwamadoda Nodlayiya
Dirigent: Johannes van Staden-Slabbert
Ontwerper: Alfred Rietmann
Verhoogbestuurder: Dian Harcovecchio

Venue: kykNET & Kie Operahuis
Datum en tyd: 29 April 20:00
Tydsduur: 80 min
Prys: R135, R100

Na afloop van AGL Opera se skreeusnaakse Die vrolike weduwee in 2019, is die geselskap, wat met ’n Brimstone-toekenning by die Suidoosterfees weggestap het, terug met Donizetti se komiese opera, Don Pasquale. Don Pasquale beplan om te trou om sy rebelse neef, Ernesto, wat verlief is op die jong weduwee Norina, te straf sodat hy die jong man uit sy testament kan sny. Met dr. Malatesta in die omtrek werk dié plan egter nie so goed uit nie.

Don Pasquale

Supported by Butlers POS+ Logic and Agape Metamorfóno

Producer: AGL Opera
With Conroy Scott, Raimondo van Staden-Slabbert, Leah Gunter and Mziwamadoda Nodlayiya
Conductor: Johannes van Staden-Slabbert
Design: Alfred Rietmann
Stage manager: Dian Harcovecchio

Venue: kykNET & Kie Opera House
Date and time: 29 April 20:00
Duration: 80 min
Price: R135, R100

After the success of The merry widow in 2019, AGL Opera, who walked away with a Brimstone award at Suidoosterfees, is back with Donizetti’s highly entertaining Don Pasquale. Don Pasquale plans to get married to spite his rebellious cousin, Ernesto, who is in love with the young widow Norina. But with dr Malatesta around, the don’s plan to cut the young man from his will is not working out.

Klassieke divas

Met Janel Speelman, Lauren Dasappa, Janelle Visagie (soprane) en Elna van der Merwe (klavier)
Samesteller: Niël Rademan

Venue: kykNET Teater
Datum en tyd: 1 Mei 17:30
Tydsduur: 90 min
Prys: R125

Liefhebbers van klassieke sang kan gerus naderskuif om weggevoer te word na die wonderwêreld van die operaverhoog. Die bekroonde soprane, Janel Speelman, Lauren Dasappa en Janelle Visagie, gaan jou op die punt van jou stoel hou met hul suiwer stemme. Pianis Elna van der Merwe begelei die divas terwyl hulle van die grootste treffers uit operas, operettes en musiekblyspele vertolk.

2
Suidoosterfees website(4)

Classical Divas

With Janel Speelman, Lauren Dasappa, Janelle Visagie (sopranos) and Elna van der Merwe (piano)
Producer: Niël Rademan

Venue: kykNET Theatre
Date and time: 1 May 17:30
Duration: 90 min
Price: R125

Lovers of opera, operetta and musicals can enjoy an evening of the most wondrous music from these beloved genres. Award-winning sopranos, Janel Speelman, Lauren Dassappa and Janel Visagie will enchant you with their soothing voices. Virtuoso Elna van der Merwe will accompany them on the piano.

Golden Oldies on stage

Met Terry Fortune, Vernon Castle, Leslie Kleinsmith, Sylvia Mdunyelwa, Zelda Benjamin, Danny Butler, Sandra Butler, Sharon Hartman, Ian Smith, die Kaapse Walliese koor en ’n orkes

Venue: kykNET & Kie Operahuis
Datum en tyd: 1 Mei 20:00
Tydsduur: 90 min
Prys: R135, R100

Hierdie pragtige inisiatief deur die Kaapse veteraan-vermaaklikheidster, Terry Fortune, vier en huldig plaaslike uitvoerende kunstenaars en musikante wat ’n onuitwisbare merk op die plaaslike vermaaklikheidstoneel gelaat het. Te veel van hulle is nog nooit voorheen bedank vir die bydraes wat aan ons gemeenskappe gelewer is nie, maar hierdie produksie gaan die saak regstel. Moenie dit misloop nie!

Golden Oldies on stage

With Terry Fortune, Vernon Castle, Leslie Kleinsmith, Sylvia Mdunyelwa, Zelda Benjamin, Danny Butler, Sandra Butler, Sharon Hartman, Ian Smith, the Cape Welsh Choir and a live band

Venue: kykNET & Kie Opera House
Date and time: 1 May 20:00
Duration: 90 min
Price: R135, R100

This initiative of veteran Cape Town entertainer, Terry Fortune, celebrates and honours performing artists and musicians who left an indelible mark on the local arts scene. Many have never been recognised for their outstanding contribution to our communities, but this production will address that! Not to be missed.

Kaapstad klassiek

In samewerking met die Nasionale Jeugmusiekstigting

Met Kaapstad se Filharmoniese Jeugorkes onder leiding van Brandon Phillips; Kagiso Ramosa, Kyrah Adams, Mike Wang, Ernestine Stuurman, Corneil Muller, Lynelle Kenned en Anna Davel

Venue: kykNET & Kie Operahuis
Datum en tyd: 28 April 20:00
Tydsduur: 90 min
Prys: R135, R100

’n Uitvoering deur die Kaapstadse Filharmoniese Jeugorkes is ’n jaarlikse instelling by die Suidoosterfees. Vanjaar maak ons beslis weer so. Sluit by ons aan en verwonder jou aan ons eie wonderkinders. Hulle gaan saam met van ons bekendste soliste nuwe lewe in ou gunstelinge blaas.

Komedie web (11)
Suidoosterfees website(4)

Kaapstad klassiek

In collaboration with the National Youth Music Foundation
With
the Cape Town Youth Philharmonic Orchestra conducted by Brandon Phillips; Kagiso Ramosa, Kyrah Adams, Mike Wang, Ernestine Stuurman, Corneil Muller, Lynelle Kenned and Anna Davel

Venue: kykNET & Kie Opera House
Date and time: 28 April 20:00
Duration: 90 min
Price: R135, R100

A concert by the Cape Town Philharmonic Youth Orchestra is simply a must on the Suidoosterfees programme every year. This year is no different. Let yourself be mesmerised by the incredible talent of our young musicians as they bring new life to old favourites. With the help of our most celebrated soloists, of course!

“Jika” – Sounds of the SA Jazz Real Book

Met Tete Mbambisa, Tony Cedras, Hilton Schilder, Ramon Alexander en Anathi Mobo; orkes: George Werner, Shaun Johannes, Kurt Bowers, Jannie Hanepoot, Byron Abrahams en Muneeb Hermans

Venue: Zip Zap Dome
Datum en tyd: 30 April 17:00, 1 Mei 15:00
Tydsduur: 75 min
Prys: R125

“Jika”, die eerste volume van die South African Jazz Real Book, vier die musiek en die musikante aan die suidpunt van Afrika. Dié bloemlesing bundel 116 komposisies deur 86 komponiste, en bevat inheemse jazz-genres soos kwela, ghoema, mbaqanga, sopvleis en tsaba-tsaba. Legendariese nommers soos die “Click Song”, “Paradise Road” en “Pata Pata” is ook daar. Laat ons beste plaaslike jazz-meesters jou op Internasionale Jazzdag meevoer met strelende note en stories van uit ons skatkis van Suid-Afrikaanse musiek.

“Jika” – Sounds of the SA Jazz Real Book

With Tete Mbambisa, Tony Cedras, Hilton Schilder, Ramon Alexander and Anathi Mobo; band: George Werner, Shaun Johannes, Kurt Bowers, Jannie Hanepoot, Byron Abrahams and Muneeb Hermans

Venue: Zip Zap Dome
Date and time: 30 April 17:00, 1 May 15:00
Duration: 75 min
Price: R125

“Jika”, the first volume of the South African Jazz Real Book, celebrates the music and artists of southern Africa. The collection has 116 compositions by 86 composers, and includes local jazz styles like kwela, ghoema, mbaqanga, sopvleis and tsaba-tsaba. Legendary numbers such as the “Click Song”, “Paradise Road” and “Pata Pata” are also in the book. Come enjoy International Jazz Day with us while the cream of local jazz masters calm your senses with hits from the South African treasure trove of music.

Moscow

Met Nataniël, Charl du Plessis, Juan Oosthuizen, Werner Spies en Peter Auret
Kostuumontwerp: Floris Louw

Venue: kykNET & Kie Operahuis
Datum en tyd: 27 April 15:00 en 19:00, 28 April 11:00
Tydsduur: 90 min
Prys: R135 en R100
Geen o/15

Uiteindelik is Nataniël se gewilde produksie in die Kaap! Van oorlog tot opera, van wanhoop tot wysheid, geskiedenis tot geloof – Nataniël se nuutste vertoning spog met witwarm musikante, splinternuwe verhale, oorspronklike musiek, tydlose melodieë uit die afgelope 50 jaar, skouspelagtige ontwerpe en onvoorspelbare kinkels. 90 minute van chaos en orde, drama en insig, verwondering en inspirasie! En Nataniël se winkel is in die foyer met boeke, keramiek, kerse, gebak, geskenke en cds!

Moscow

With Nataniël, Charl du Plessis, Juan Oosthuizen, Werner Spies and Peter Auret
Costume design: Floris Louw

Venue: kykNET & Kie Opera House
Date and time: 27 April 15:00 and 19:00, 28 April 11:00
Duration: 90 min
Price: R135 | R100
No u/15

Nataniël’s popular production hits the Cape at long last! From war to opera, from despair to wisdom, history to faith – Nataniël’s new show sparkles with red-hot musicians, brand new stories, original score, timeless melodies from the past 50 years, spectacular designs and surprising twists and turns. 90 minutes of chaos and calm, intrigue and revelation, amazement and inspiration! Nataniël’s shop will also be open in the foyer, with books, ceramics, candles, confectionery, gifts and cd’s!

Ode op akkoorde

Ondersteun deur die Johann Brink Trust

Met Met Louis Loock, Magdalene Minnaar, Jarrad Ricketts, Juju Domingo; orkes: Lucas Heinen, Petrus de Beer, Philip Malan, Schalk Joubert, Luke Smith, August West; Dance for All en Niël Rademan (seremoniemeester)
Choreograaf: Allison Hendricks

Venue: kykNET & Kie Operahuis
Datum en tyd: 30 April 20:00
Tydsduur: 90 min
Prys: R135, R100

In hierdie egte Suidoosterfees-ekstravaganza voer ’n groep meesterlike musikante hoogtepunte uit wat wissel van jazz, pop en ligte rock, tot kabaret en klassieke musiek. Ter huldiging van Johann Brink en sy liefde vir musiek, bring hierdie keurspel ’n klankryke skouspel na die fees. Kom luister hoe van sy gunstelingliedere ’n nuwe Kaapse baadjie kry met lieflike stemme begelei deur Lucas Heinen se orkes en 20 dansers wat die verhoog laat vibreer.

Ode op akkoorde

Supported by the Johann Brink Trust

With Louis Loock, Magdalene Minnaar, Jarrad Ricketts, Juju Domingo; band: Lucas Heinen, Petrus de Beer, Philip Malan, Schalk Joubert, Luke Smith, August West; Dance for All and Niël Rademan (MC)
Choreographer: Allison Hendricks

Venue: kykNET & Kie Opera House
Date and time: 30 April 20:00
Duration: 90 min
Price: R135, R100

A group of our most talented musicians gather on stage for this festival extravaganza to perform favourites from various genres: jazz, pop and light rock, cabaret and classical music. In remembrance of Johann Brink and his love for music, this musical selection brings glitz to the festival. Brink’s favourite songs will be performed by wonderful voices, with Lucas Heinen in charge of a 5-piece band. And yes, 20 dancers will alight the stage with movement!

Suidooster Stormsterk

Met Jawaahier Petersen, Eden Classens, Irvine van der Merwe, Natasha van der Merwe, Marco Spaumer, Simone Biscombe en leerders van The Stage Performing Arts Studio
Regisseur: Yolande Rabe
Produksiebestuurder: Marika van Heerden
Choreograaf: Braeden Buys

Venue: kykNET & Kie Operahuis
Datum en tyd: 1 Mei 14:00
Tydsuur: 80 min
Prys: R135 en R100

In hierdie eenkeer-in-’n-leeftyd ervaring kan jy jou verlustig in die pragtige sangstemme van bekende jong sepiesterre. The Stage Performing Arts Studio se talentvolle dansstudente ondersteun die akteurs met passies wat jou gaan betower. Tydens hierdie skouspel sal sepie-akteurs wat nie op die verhoog verskyn nie, heel waarskynlik langs jou in die teater sit.

Suidooster Stormsterk

With Jawaahier Petersen, Eden Classens, Irvine van der Merwe, Natasha van der Merwe, Marco Spaumer, Simone Biscombe and students from The Stage Performing Arts Studio
Director: Yolande Rabe
Production manager: Marika van Heerden
Choreographer: Braeden Buys

Venue: kykNET & Kie Opera House
Date and time: 1 May 14:00
Duration: 80 min
Price: R135 | R100

In this once-in-a-lifetime experience, you can revel in the beautiful singing voices of famous young soap opera stars. The Stage Performing Arts Studio’s talented dance students support the actors with steps that will enchant you. During this spectacle, soap opera actors who do not appear on stage will most likely sit next to you in the theatre.