NATi Jong Sterre | Rising Stars

GAS

Deur: Geralt Cloete
Met: Elton Landrew en Jill Levenberg
Regie: Dean Balie
Taal: Afr
Venue: NATi Arena
Datum en tyd: 27 April 20:30
Tydsduur: 60 min
Prys: R100

Na 15 jaar keer Dawid terug Alexanderbaai toe met ’n belangrike opdrag. Hy moet toesien dat die gemeenskap van sy grootworddorp goedkeuring gee vir ’n staatsprojek wat die hele Suid-Afrika gaan raak. Sy suster Maria, jare lank van Dawid vervreem, is egter vasberade om ’n stokkie te steek voor dié projek wat die vissersgemeenskap se lewens ingrypend gaan ontwrig.

GAS

By: Geralt Cloete
With: Elton Landrew and Jill Levenberg
Director: Dean Balie
Language: Afr
Venue: NATi Arena
Date and time: 27 April 20:30
Duration: 60 min
Price: R100

After 15 years Dawid returns to Alexander Bay with an important assignment. Hy must ensure that the community in which he grew up agrees to a state project that will affect the entire South Africa. However, his estranged sister Maria is determined to stop the project that will disrupt the lives of the local fisher community.

NA DIE DOOD ONS SKEI

Deur: Cara Rossouw
Met: Ira Blanckenberg en Robert Hindley
Regie: Tinarie van Wyk Loots
Taal: Afr
Venue: NATi Arena
Datum en tyd: 28 April 17:00
Tydsduur: 60 min
Prys: R100

Op sy 21ste verjaarsdag sterf Etienne, en sy tweelingsuster Elise bly agter. Wanneer Elise byna ses dekades later op 80 wegval, herenig die dood hulle. Etienne, steeds so jonk soos die dag van sy dood, en Elise moet vrede met hul lewens maak voordat hulle die hiernamaals kan binnegaan. Alles is egter nie maanskyn en rose nie. In dié komiese drama word twee individue met dieselfde DNS, gedeelde kinderjare en die swaar juk om in netjiese boksies te pas, geforseer om te besin oor onvoorwaardelike liefde, familie, verslawing, geestesgesondheid en vergifnis.

NA DIE DOOD ONS SKEI

By: Cara Rossouw
With: Ira Blanckenberg and Robert Hindley
Director: Tinarie van Wyk Loots
Language: Afr
Venue: NATi Arena
Date and time: 28 April 17:00
Duration: 60 min
Price: R100

Elise remains behind when her twin brother Etienne passes away on their 21st birthday. When Elise dies decades later at the age of 80, they are reunited in death. Etienne, still as young as the day of his passing, and Elise must make peace with their existence before they can enter the afterlife. All is not well, though. In this comical drama, two individuals with the same DNA, a shared childhood, and the pressure to fit into neat little boxes, are forced to reflect on unconditional love, family, addiction, mental health and absolution.

POPPIE IN THE DUNES

Deur: Mikayla Joy Brown
Met: Crystal Donna Roberts, Oscar Petersen en Julia Marone
Regie: Iman Isaacs
Taal: Afr
Venue: NATi Arena
Datum en tyd: 28 April 20:30
Tydsduur: 60 min
Prys: R100

’n Ongewone avontuur wat in ’n skeepswrak in die duine van Konkiesbaai afspeel. Poppie is vasbeslote om vir Kaptein met sy vervreemde dogter Phoebe te versoen, in die hoop dat sy siel vrede sal vind. Maar tussen bisarre fabels en verbeeldingryke eskapades deur is dit Poppie wat uiteindelik heling vind.

POPPIE IN THE DUNES

By: Mikayla Joy Brown
With: Crystal Donna Roberts, Oscar Petersen and Julia Marone
Director: Iman Isaacs
Language: Afr
Venue: NATi Arena
Date and time: 28 April 20:30
Duration: 60 min
Price: R100

A quirky adventure that plays out on an old shipwreck in the dunes of Konkiesbaai. Poppie is determined to re-unite Captain with his estranged daughter, Phoebe, in the hope that his soul will heal. But through whimsical fables and imaginative escapades, it becomes Poppie herself who finds healing.

SUURDEEG

Deur: Miché van Wyk
Met: René Cloete en Jodine Ockers
Regie: Sandra Temmingh
Taal: Afr
Venue: NATi Arena
Datum en tyd: 27 April 16:30
Tydsduur: 60 min
Prys: R100 

Geen o/13 T

In die konserwatiewe omgewing van Namakwaland probeer twee amper-skoonsusters uitpluis wat hulle doel as vroue in die lewe is. Anna, reeds 10 jaar met Ouboet-Gert getroud, raak verlief op haar swaer se meisie Emma, wat vir die eerste keer sonder Klein-Johnietjie op die plaas Besondersmeid is. ’n Romantiese drama waarin die karakters voor eensaamheid, ’n begeerte na liefde en betekenisvolle verhoudings te staan kom.

SUURDEEG

By: Miché van Wyk 
With: René Cloete and Jodine Ockers
Director: Sandra Temmingh
Language: Afr
Venue: NATi Arena
Date and time: 27 April 16:30
Duration: 60 min
Price: R100

No u/13 L

In the conservative environment of Namaqualand, two soon to be sisters-in-law try to figure out what their purpose as women in life is. Anna, married to Ouboet-Gert for 10 years, falls in love with her brother-in-law’s girlfriend Emma, who is on the farm Besondersmeid without Klein-Johnietjie. A romantic drama in which the characters are faced with lonesomeness, a yearning for love and meaningful relationships.

TO THROW A BRICK

Deur: Miliswa Mbandazayo
Met: Mbulelo Grootboom, Karli Heine en Tankiso Mamabolo
Regie: Faniswa Yisa
Taal: Eng, Xhosa
Venue: NATi Arena
Datum en tyd: 27 April 11:00
Tydsduur: 60 min
Prys: R100

Geen o/13 T

Babalwa is op pad om vir Luxolo te konfronteer oor die wit meisie met wie hy haar verneuk. Wanneer Chelsea Luxolo se deur oopmaak, dink sy Babalwa is die huishulp. Eers speel Babalwa saam sodat sy agter die kap van die byl kan kom, maar wanneer Luxolo bewusteloos uit ’n kas tuimel, en daar ’n verwoestende storm buite losbars, bevind die drie hulle in die huis vasgekeer – ook deur die besluite wat hulle daar laat beland het. Die vroue het geen ander keuse as om met mekaar, en die man tussen hulle, af te reken nie. Ten minste vir die nag.

TO THROW A BRICK

By: Miliswa Mbandazayo
With: Mbulelo Grootboom, Karli Heine and Tankiso Mamabolo
Director: Faniswa Yisa
Language: Eng, Xhosa
Venue: NATi Arena
Date and time: 27 April 11:00
Duration: 60 min
Price: R100

No u/13 L

Babalwa is on a mission to confront Luxolo about the white girl he is cheating on her with. When Chelsea opens Luxolo’s door, she mistakes Babalwa for the maid. First Babalwa plays along to find out more about this other woman, but when an unconscious Luxolo falls out of a cupboard, and a vicious storm breaks out outside, the three are trapped inside the house with the choices that led them here. The women are forced to deal with each other and the man between them. At least for the night.