

Al dra ’n aap ’n goue ring
Skrywer: Margo Kotze
Regie: Andrico Goosen
Met Margo Kotze, Eldon van der Merwe, Veronique Jephtas Conradie van Heerden en Melissa Myburg
Datum: 1 Mei 11:30
Tydsduur: 70min
Venue: NATi Arena
Ouderdomsbeperking: Geen o/13 T
Kaartjieprys: R80
Nadat Debbie, ’n bejaarde wit vrou, ’n problematiese foto op Facebook laai, word sy die mees gehate vrou in die land. Darren, ’n bruin joernalis, probeer by die kern van die verhaal uitkom. Debbie moet aan hom (en Suid-Afrika) bewys dat sy nie ’n rassis is nie. Sy span die hulp van haar kleindogter, Janie, in en huur ’n swart aktrise om te help. Sy hang Bafana Bafana-vlae, maak Maleise kerrie, speel die marimba en haal al wat ’n Tata Madiba-sêding is aan. Hierdie klug steek die draak met mense wat behep is met transformasie en politieke korrektheid.
Al dra ’n aap ’n goue ring
Writer: Margo Kotze
Director: Andrico Goosen
With Margo Kotze, Eldon van der Merwe, Veronique Jephtas Conradie van Heerden and Melissa Myburg
Date: 1 May 11:30
Duration: 70min
Venue: NATi Arena
Age restriction: No u/13 L
Price: R80
Debbie, an elderly white lady, becomes the most reviled woman in the country after posting a problematic photo on Facebook. Darren, a brown journalist, wants to get to the bottom of the story. Debbie must prove to him (and South Africa) that she is not a racist. She calls in the help of her grandchild, Janie, and hires a black actress to assist. She hangs out Bafana Bafana flags, cooks Malay curry, plays the marimba and quotes Tata Madiba whenever she can. A comical look at people’s obsession with transformation and political correctness.
But Baby, I Love You
Skrywer: Andrico Goosen
Regie: Tinarie van Wyk Loots
Met Carel Nel en Mbulelo Grootboom
Datum: 1 Mei 14:30
Tydsduur: 60min
Venue: NATi Arena
Ouderdomsbeperking: Geen o/13 T
Kaartjieprys: R80
Dié tweemanstuk speel af in ’n boksgimnasium êrens aan die Oos-Rand. Dit vertel die verhaal van ’n ouer bokser, Seconds Khumalo, en die seun van sy afrigter, Jerry van Tonder. Temas soos manlikheid, geslagsgebaseerde geweld, die
verkragtingskultuur en verraad word aangespreek. Die pas is vinnig, energiek en fisies veeleisend vir sowel die akteurs as die gehoor.
But Baby, I Love You
Writer: Andrico Goosen
Director: Tinarie van Wyk Loots
With Carel Nel and Mbulelo Grootboom
Date: 1 May 14:30
Duration: 60min
Venue: NATi Arena
Age restriction: No u/13 L
Price: R80
This two-hander is set in a boxing gym somewhere in the East Rand. It tells the story of an ageing boxer, Seconds Khumalo, and his trainer’s son, Jerry van Tonder. The play reflects on issues of masculinity, gender-based violence, rape
culture, and at the heart of it lies the theme of betrayal. The play is fast-paced, energetic and physical, demanding on both performers and the audience.
Die workshop
Skrywer: Fabian Rainers
Regie: Fabian Rainers en geselskap
Met Gary Naidoo, Ivan Abrahams en Keeno-Lee Hector
Datum: 1 Mei 17:30
Tydsduur: 60min
Venue: NATi Arena
Ouderdomsbeperking: Geen
Kaartjieprys: R80
Die workshop speel af in Tony Koop-en-Verkoop Gusmundo en Ras Nige Kammies se motorherstelsentrum. Hulle lyk dalk soos werktuigkundiges wat net in suiers, nokasse en petrolfilters belangstel, maar in werklikheid bespreek dié twee dinge soos globalisering, kunsmatige intelligensie en identiteitspolitiek. Klante kom nie net om hul motors te laat regmaak nie, maar ook om insig te kry in ’n vinnig veranderende wêreld. Tony en Ras se debatte laat jou nadink, vrae stel en skaterlag.
Die workshop
Writer: Fabian Rainers
Director: Fabian Rainers and geselskap
With Gary Naidoo, Ivan Abrahams and Keeno-Lee Hector
Date: 1 May 17:30
Duration: 60min
Venue: NATi Arena
Age restriction: None
Price: R80
Die workshop is set in a vehicle repair centre run by mechanic-duo, Tony Koop-and-Verkoop Gusmundo and Ras Nige Kammies. At first, Tony and Nige seem like ordinary mechanics who care only for pistons, camshafts and petrol filters. But they spend their time debating issues like globalisation, artificial intelligence and identity politics. Their customers come not only to fix their cars, but to make sense of a fast-changing world. Every visit turns into a debate that will make you laugh and question life.
It’s My Baby
Skrywer: Xolisa Ngubelanga
Regie: Gaerin Hauptfleisch
Met Stephanie Hough, Zhikona Jacobs, Sizwe Msuthu en Sonwabo Mpandle
Datum: 2 Mei 11:30
Tydsduur: 60min
Venue: NATi Arena
Ouderdomsbeperking: Geen
Kaartjieprys: R80
Na die moord op haar man sukkel mevrou Hollard om haar plaas aan die gang te hou. Geregtigheid seëvier wanneer Sipho tronkstraf kry vir die moord, maar ’n wending volg wanneer mevrou Hollard se seun Robert daarop aandring dat Jacob, Sipho se vader wat ook op die plaas werk, onskuldig in die pad gesteek word. Wantroue heers op die werf terwyl Robert se wens eerbiedig word. Dinge bereik breekpunt wanneer Precious, wat in die plaashuis werk, van kraamverlof terugkeer met ’n baba en die nuus dat Sipho vrygelaat is.
It’s My Baby
Writer: Xolisa Ngubelanga
Director: Gaerin Hauptfleisch
With Stephanie Hough, Zhikona Jacobs, Sizwe Msuthu and Sonwabo Mpandle
Date: 2 May 11:30
Duration: 60min
Venue: NATi Arena
Age restriction: None
Price: R80
Mrs Hollard struggles to keep her farm going after the murder of her husband. Justice is served when Sipho is sent to jail for the crime, but a twist follows when Mrs Hollard’s son, Robert, insists that Sipho’s father Jacob, who works on the
farm, should not get dismissed by association. An air of suspicion lingers as Mrs Hollard and Jacob have to honour Robert’s wishes. However, matters reach boiling point when Precious, the domestic assistant, returns from maternity leave with a baby, and with news that Sipho has been released.
Kokon
Skrywer: Carlo Daniels
Regie: Carlo Daniels
Met Beviol Swartz, Darion Adams, Ayden Croy, Shannon Williams en Zinedine Manus
Datum: 2 Mei 14:30
Tydsduur: 60min
Venue: NATi Arena
Ouderdomsbeperking: Geen
Kaartjieprys: R80
Hierdie fisieketeaterproduksie speel af op die Kaapse Vlakte en vertel die verhaal van Josh, ’n hoërskoolleerling wat geboelie word en onseker is oor sy seksuele identiteit. Deur beweging en klank word die wreedheid wat net onder die oppervlak broei en onvermydelik op ’n tragedie afstuur, meevoerend uitgebeeld.
Kokon
Writer: Carlo Daniels
Director: Carlo Daniels
With Beviol Swartz, Darion Adams, Ayden Croy, Shannon Williams and Zinedine Manus
Date: 2 May 14:30
Duration: 60min
Venue: NATi Arena
Age restriction: None
Price: R80
This physical theatre production, set in the Cape Flats, tells the story of Josh, a high school student who struggles with his sexual identity as he is bullied. With movement and sound, the audience travels with Josh towards tragedy through a
landscape where cruelty breeds below the surface.
Mannetjie
Skrywer: Gerhard Visagie
Regie: Andre Samuels
Met Stephren Saayman en Stian Bam
Datum: 1 Mei 20:30
Tydsduur: 60min
Venue: NATi Arena
Ouderdomsbeperking: Geen o/13 T, S
Kaartjieprys: R80
Mannetjie probeer sy tienerjare in ’n kinderhuis oorleef. Hy smag na ’n eie plekkie in die son waar hy sy identiteit kan uitleef. Hierdie tweemanstuk belig die trauma van seksuele misbruik, en die geweld wat ouer seuns jonger seuns aandoen, sonder om doekies om te draai.
Mannetjie
Writer: Gerhard Visagie
Director: Andre Samuels
With Stephren Saayman and Stian Bam
Date: 1 May 20:30
Duration: 60min
Venue: NATi Arena
Age restriction: No u/13 L, S
Price: R80
Mannetjie tries to get through his teenage years in an orphanage. He yearns for a place in the sun and finding his own identity. This two-hander dramatically exposes the trauma of sexual abuse and the devastating effect when older boys perpetrate violence on younger boys.
The Infinite Woman
Skrywer: Misha Krynauw
Regie: Lee-Ann van Rooi
Met June van Merch, Rene Cloete en Liandé Valentyn
Datum: 2 Mei 17:30
Tydsduur: 60min
Venue: NATi Arena
Ouderdomsbeperking: Geen
Kaartjieprys: R80
‘n Huldeblyk aan die kosbaarheid van moederliefde. The Infinite Woman verken die interaksies tussen vroue in ’n familie waar die verlede by hulle spook. Anna Meyer beleef ’n ineenstorting en skep ’n alternatiewe realiteit waarin sy met haar ma se selfdood kan saamleef. Die kwesbaarheid van vroue in die aangesig van trauma word verken in Misha Krynauw se aangrypende debuut.
The Infinite Woman
Writer: Misha Krynauw
Director: Lee-Ann van Rooi
With June van Merch, Rene Cloete and Liandé Valentyn
Date: 2 May 17:30
Duration: 60min
Venue: NATi Arena
Age restriction: None
Price: R80
A homage to the legacy of motherly love. The Infinite Woman peels back the layers smothering interactions in a family of women haunted by their past and their present. Anna Meyer is having a mental breakdown and creates an alternative reality in an effort to cope with her mother’s suicide. Misha Krynauw’s thought-provoking debut explores the vulnerability of women facing adversity.