Skip to content
Nuusbrief header

6 MEI 2026

6 Mei nuusbrief resized

Het jy Suidoosterfees 2026 geniet? | Did you enjoy Suidoosterfees 2026?

Baie dankie dat jy deel was van vanjaar se Suidoosterfees. Jou ervaring en terugvoering is vir ons baie belangrik. | Thank you for being part of this year’s Suidoosterfees. Your experience and feedback are very important to us.

24 APRIL 2026

ons_tel_die_dae_copy

Ons tel die dae af …

Suidoosterfees begin oor minder as ’n week, en die feesspan kan nie wag om jou van 29 April tot 3 Mei in die hart van Kaapstad te verwelkom nie! Die volledige feesprogram, asook belangrike inligting vir ’n sorgelose feeservaring, is beskikbaar op ons webwerf: suidoosterfees.com.

17 APRIL 2026

kuns_copy

Waar kuns jou ’n tuiste laat vind

Die Suidoosterfees is sedert sy ontstaan ’n plek waar stories oor grense heen beweeg – oor taal, kultuur, ras en geskiedenis. Ons glo in die krag van kuns om mense saam te bring, om ou wonde te genees en om nuwe maniere van saamleef te vier. Die Spier Arts Trust en die WKOD maak die kunsprogram by die fees moontlik.

2 APRIL 2026

april_header_copy

Welkom aan dotsure.co.za

Dis met groot dank en waardering dat Suidoosterfees vir dotsure.co.za as nuwe borg en vennoot van die fees se musiekprogram verwelkom. Hierdie vennootskap maak dit vir ons moontlik om ’n diverse musiekprogram van uitstekende gehalte aan te bied waar gevestigde kunstenaars, jong talent en gemeenskapsmusikante op die feesverhoog kan blom. Danksy dotsure.co.za se ondersteuning kan die fees voortgaan om geleenthede vir musikante te skep, nuwe talent te ontwikkel en feesgangers met uitsonderlike musiekervarings te verras. Ons sien uit na ’n lang en suksesvolle samewerking.

20 MAART 2026

20_march_header_copy

Want alles is beter saam

Alles is altyd lekkerder saam met vriende – en hierdie jaar maak die Suidoosterfees dit nóg beter.

Ons stel met trots ’n splinternuwe inisiatief bekend: Vriende met voordele – spesiale groeppakkette vir mense om saam die fees te beleef en onvergeetlike herinneringe te skep.

9 MAART 2026

march_header_copy

’n Stewige lys Fiësta-benoemings vir Suidoosterfees

Die Suidoosterfees spog met ’n rits benoemings vir die 16de kykNET Fiëstas. Ons weet dat ons nuusbrieflesers en feesondersteuners saam met ons trots is op dié belangrike erkenning aan die gehalte van ons produksies.

25 FEBRUARIE 2026

25feb_header_copy

Groot drama op Suidoosterfees se NATi Teaterfees-program

Vanjaar se NATi Teaterfeesprogram gaan feesgangers ongetwyfeld herinner waarom die fees ’n broeikas van innovering en gehalte in die Suid-Afrikaanse kunstewêreld is. Die volledige feesprogram is op ons webwerf, en kaartjies kan deur Webtickets bespreek word

17 Februarie 2026

feb_header_copy

Ons feesprogram is nou op ons webwerf

Die Suidoosterfees word vanjaar van 29 April tot 3 Mei vir die 23ste keer aangebied. Die feestema is Tuiste en sluit aan by Kaapstad wat reeds meer as twee dekades lank die tuiste van die fees is – asook by die gevoel van behoort en samehorigheid wat die fees jaarliks aan feesgangers, borge, kunstenaars en teaterlui bied. 

Desember 2025

SOF 24 27 April Stormsterk 20 copy

Wense vir die feesseisoen

Met die jaar wat tot ’n einde kom, wil ons graag vir al ons intekenaars, feesgangers, kunstenaars, vennote en borge ’n besondere dankie sê vir julle betrokkenheid en ondersteuning. Ons wens elkeen ’n rustige, veilige en vreugdevolle feestyd toe. Mag 2026 vir julle gesondheid, inspirasie en baie mooi oomblikke bring.

November 2025

november_header_copy

Wat ’n jaar vir die Suidoosterfees!​

Dis moeilik om te glo dat 2025 einde se kant toe staan – en wat ’n stormloop van kreatiwiteit, samewerking en sukses was dit vir Suidoosterfees nie! Ons produksies en ons kunstenaars het die verhooglandskap in Suid-Afrika behoorlik laat gons. Hulle het weer eens gewys dat die Kaap barstensvol talent is – en ons gemeenskappe het met trots saam gevier.