
Skryf nou Suidoosterfees 2022 se datums in jou dagboek
Februarie 2022
Die Kaapse Dokter bied altyd die beste medisyne, soos ’n volgepakte Suidoosterfeesprogram vanaf 27 April tot 1 Mei 2022 by Artscape in Kaapstad. Vanjaar gaan feesgangers getref word deur ’n warrelwind van uitstekende teater, musiek, dans en boekgesprekke.
Volgens Prof. Brian Figaji, voorsitter van die feesdireksie, is alles in plek om ’n veilige en onvergeetlike ervaring aan feesgangers te bied. “Die afgelope twee jaar moes die Suidoosterfees aktiwiteite aanpas volgens die nasionale pandemie-veiligheidsregulasies. Ons hoop om vanjaar weer op ’n groter skaal fees te vier en nooi ieder en elk uit om dit saam met ons te kom doen.”
Die afgelope twee jaar kon die Suidoosterfees daarin slaag om ’n verskeideheid aktiwiteite en projekte suksesvol tydens die pandemie aan te bied. Op dié manier kon kunstenaars en deelnemers aan die fees se ontwikkelingsprojekte toegang tot ’n professionele platform vir hul produksies hê.
Die afgelope twee jaar kon kunstenaars en deelnemers aan die fees se ontwikkelingsprojekte toegang tot ’n professionele platform vir hul produksies hê.
Vir besoekers wat graag na Kaapstad wil wegbreek en gehalte-vermaak by die fees wil geniet, is daar weer spesiale afslagpakkette beskikbaar wat verblyf en kaartjies na vertonings insluit. Hou gerus ’n oog op die Suidoosterfees-webwerf en sosiale media vir meer inligting.
Organiseerders van die fees is terdeë bewus van die ekonomiese druk wat die Covid-19-pandemie meegebring het, en daarom is kaartjies vanjaar beskikbaar teen spesiale afslagtariewe, en daar is ook baie produksies wat gratis bygewoon kan word. Alles binne ’n veilige, vrolike feesomgewing.
Die volgepakte feesprogram is te danke aan ons borge en kunstenaars se strewe om kuns te aanhou skep, veral in uitdagende tye. In 2022 kan mense uitsien na ’n program propvol produksies uit die boonste rakke, wat wissel van operette, klassieke musiek, drama en jeugteater tot skrywersgesprekke. Kunstenaars wat gehore beslis aan hul voete gaan hê, sluit in: Nataniël, Brendon Daniels, Dean Smith, Antoinette Kellermann, Charlton George, Frank Opperman, Lauren Dasappa en Marlo Minnaar.
Die feesprogram sal vanaf 1 Maart 2022 beskikbaar wees, en mense wat die program per e-pos wil ontvang en op hoogte van feesnuus wil bly, is welkom om ’n e-pos te stuur aan suidoosterfees@media24.com.
Die Suidoosterfees word ondersteun deur die Department van Sport, Kuns en Kultuur, die Wes-Kaapse Departement van Kultuursake en Sport, Stad Kaapstad, Media24, Die Burger, NATi en kykNET.

Diarise your dates for Suidoosterfees 2022 now
February 2022
The “Cape Doctor” always brings the best medicine, like a stacked festival programme for Suidoosterfees 2022, to be held from 27 April to 1 May at Artscape in Cape Town. This year festivalgoers can expect a whirlwind of excellence in theatre, music, dance and conversations.
According to Prof. Brian Figaji, chair of the festival board, everything is in place to offer festivalgoers a safe, unforgettable experience. “In the past two years the Suidoosterfees had to adapt its activities to meet national safety regulations relating to the pandemic. We hope to be able to present our festival on a bigger scale this year, and we invite everybody to join us.”
During the pandemic, Suidoosterfees has managed to keep audiences entertained with a variety of productions and activities, providing a stage to professional artists and participants of development projects.
Special discount packages that include accommodation and tickets to shows, are available to visitors who plan a breakaway to the Mother City and enjoy quality entertainment at the festival. More information will be available on the Suidoosterfees website and social media soon.
Festival organisers are keenly aware of the economic fallout caused by the Covid-19 pandemic; therefore tickets can be purchased at special discounts, and many productions are free of charge to the public. All in a safe, festive environment.
This year’s jam-packed programme emanates from our sponsors’ and artists’ commitment to keep creating art, especially during challenging times. In 2022 people can look forward to top class productions, varying from musical theatre to classical music, drama and youth theatre, to interesting book discussions. Artists on the programme include Nataniël, Brendon Daniels, Dean Smith, Antoinette Kellermann, Charlton George, Frank Opperman, Lauren Dasappa and Marlo Minnaar.
The festival programme will be available from 1 March 2022, and people who would like to receive it in their mail, together with festival news updates, should send an email to suidoosterfees@media24.com.
The Suidoosterfees is brought to you with the support of the Department of Sport, Arts and Culture, the Western Cape Department of Cultural Affairs and Sport, City of Cape Town, Media24, Die Burger, NATi and kykNET.
Hier is die finaliste van Kunstekaap en die Suidoosterfees se dramafees vir hoërskole
September 2021
Die ses hoërskool-dramagroepe wat dit in die finale ronde van Kunstekaap en die Suidoosterfees se Hoërskole-dramafees (HSDF) gaan uitspook, is pas aangekondig. Dié dramafees word op 15 en 16 Oktober 2021 in die Kunstekaap se Arena aangebied.
Skoledramagroepe van regoor Suid-Afrika sal met die volgende produksies in dié gesogte jaarlikse kompetisie met mekaar meeding: Worcester se De la Bat-skool vir Dowes – ’n verwerking van Antony & Cleopatra; Houtbaai Internasionale Skool – Terminal Act; Hoërskool Martin Oosthuizen van Kakamas – Neer daal die reën; Khayelitsha se Inkwezi Theatre Company, met leerders van verskeie hoërskole – Ivili (Die wiel); Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad – Om teen treine te skree; en die Pionierskool vir Gesiggestremdes in Worcester – Detensie.
Skole is genooi om vir die dramafees in te skryf met stukke wat die sosiale uitdagings wat tieners deesdae in die gesig staar, aanspreek. Die beoordelaars moes behoorlik kopkrap om die ses beste kandidate uit die 26 inskrywings aan te wys. Rafiek Mammon, een van die beoordelaars, verduidelik: “Al die skole het uit hul pad gegaan om ons te beïndruk, en dit was ’n uitdaging om net ses produksies te moet kies. Buiten die kwaliteit van die inskrywings, het ons ook gekyk na die verskeidenheid van temas wat in die stukke ontgin word.”
Temas soos die invloed van sosiale media op tieners se lewens, die belangrikheid van loopbaankeuses, hoe om versoekings te weerstaan, en die gevolge van magsmisbruik, is deur leerders verken. “Dit is bemoedigend om te sien watter temas ons jongmense interesseer,” sê Jana Hattingh, die Suidoosterfees se uitvoerende hoof. “Ons is beïndruk met die volwassenheid waarmee daar met ’n verskeidenheid temas omgegaan word, en uit die groot aantal inskrywings en die hoë gehalte daarvan is dit duidelik dat drama-aktiwiteite in skole met ywer voortgaan, ten spyte van Covid-19-inperkings en grendeltye.”
Op 15 en 16 Oktober sal finaliste meeding om toekennings vir toneelspel, produksies en tekste, en natuurlik ook vir die beste aanbieding. Die algehele wenners sal genooi word vir ’n speelvak vir hul produksie tydens die Suidoosterfees wat in April–Mei 2022 plaasvind.
Marlene le Roux, uitvoerende hoof van Kunstekaap, sê: “Vanjaar se finaliste kon nie meer uiteenlopend in hul samestelling gewees het nie, en terselfdertyd is hulle ook die inklusiefste groep. Ek is opgewonde en kan nie wag om die finale aanbiedings op die verhoog te sien nie. Die HSDF lewer ’n waardevolle bydrae om hierdie tieners te help ontwikkel en om hul selfvertroue as jong volwassenes ’n hupstoot te gee.”
Kaartjies vir die HSDF kos R30 en kan by Computicket bespreek word.
Medianavrae: Themba Mzondi: 078 113 5216; themba@sceproductions.co.za.

Finalists for Artscape and Suidoosterfees’ High School Drama Festival announced
September 2021
The six high school drama groups that will compete in the final round of Artscape and the Suidoosterfees’ High School Drama Festival (HSDF), have been named. The schools drama festival will be held in Cape Town’s Artscape Arena on 15 and 16 October 2021.
School drama groups from all over South Africa will compete with the following productions during the final stage of the popular annual contest: Worcester’s De la Bat School for the Deaf – an adaptation of Antony & Cleopatra; Hout Bay International School – Terminal Act; Martin Oosthuizen High School in Kakamas – Neer daal die reën; Inkwezi Theatre Company, representing various high schools in Khayelitsha – Ivili (The Wheel); Cape Town’s Jan van Riebeeck High – Om teen treine te skree; and The Pioneer School for the Visually Impaired in Worcester – Detensie.
Schools were invited to enter productions with themes that address social challenges pupils face in South Africa daily. Judges had a challenging time selecting the top six candidates from the 26 entries. Rafiek Mammon, one of the three judges, remarked, “Every school made a great effort to impress us, but only six could be accommodated for this year’s HSDF. In addition to the quality of entries, we also took diversity in themes into consideration.”
Themes such as the impact of social media on the lives of youngsters, the importance of career choices, dealing with temptation, and the effects of power abuse are explored by learners in their productions. “It is encouraging to see what types of themes hold an interest to our youth,” says Jana Hattingh, Suidoosterfees CEO. “We are impressed by the maturity and diversity of topics addressed in the productions. It is also encouraging to see that drama activities have not come to a complete halt at schools due to Covid-19 restrictions and lockdowns. This is evident in the great number of entries of superb quality.”
On 15 and 16 October the finalists will compete for awards in acting, staging and scripting, and of course, the award for best production. The overall winner will be invited for a performance run at the Suidoosterfees in April–May 2022.
Marlene le Roux, CEO of Artscape, says, “This year’s finalists could not be more diverse in their composition, and at the same time, the most inclusive. I am excited and looking forward to seeing the final products on stage. The HSDF really makes a meaningful contribution to these teens’ lives, helping to develop their confidence as young adults.”
Tickets for the HSDF cost R30 and are available at Computicket.
Media enquiries: Themba Mzondi: 078 113 5216; themba@sceproductions.co.za.