
ATKV-Harmonie-koorkompetisie
Koördineerder: Niël Rademan
Beoordelaars: Betsie Ryke, Aidan Lewis en Zanne Stapelberg-de Lange
Venue: kykNET Teater
Datum en tyd: 30 April 10:00
Tydsduur: 120 min
Prys: Gratis
Dié kompetisie is in die lewe geroep vir nie-professionele kore in die Wes-Kaap. Kore en sanggroepe kom van oraloor om hul talent ten toon te stel – die Karoo, Swartland, Boland en Kaap. Hierdie inisiatief help ontwikkel koormusiek en ondersteun deelnemers wat nie toegang tot professionele leiding het nie. Slypskole deur gesoute musici verseker klanke in perfekte harmonie wat glans aan ons 20ste fees verleen.
ATKV-Harmonie-koorkompetisie
Coordinator: Niël Rademan
Adjudicators: Betsie Ryke, Aidan Lewis and Zanne Stapelberg-de Lange
Venue: kykNET Theatre
Date and time: 30 April 10:00
Duration: 120 min
Price: Free
This competition is for non-professional choirs in the Western Cape. Choirs and singing groups from all over the province – the Karoo, Swartland, Boland and Cape Town – showcase their talent. The initiative aims to develop choir music and support participants who do not have access to formal training. Workshops were presented by experienced practitioners to ensure perfect harmony at our 20th festival!
ATKV-Tienertoneel-pakket
Aanbieders: Christo Davids en Wessel Pretorius
Taal: Afr, Eng
Venue: Verskeie
Datum en tyd: 27 tot 29 April 10:00
Tydsduur: 3 dae
Prys: R1 200, besprekings: Miandra.Hayward@media24.com
Die Suidoosterfees en die ATKV bied ’n fantastiese pakket vir onderwysers en regisseurs van tienertoneel aan. Die pakket sluit die volgende uitstekende geleenthede in: kaartjies vir vier ATKV-Tienertoneel-wenstukke by die fees, verskeie teaterproduksies op die feesprogram, asook werkswinkels. Vir die spesiale afslagprys van R1 200 kan deelnemers vir drie dae lank ’n opwindende program meemaak. ’n Pakket met verblyf is ook beskikbaar. Kontak vir Miandra Hayward by Miandra.Hayward@media24.com om te bespreek.

ATKV-Tienertoneel-pakket
Presenters: Christo Davids and Wessel Pretorius
Language: Afr, Eng
Venue: Various
Date and time: 27 to 29 April 10:00
Duration: 3 days
Price: R1 200, bookings: Miandra.Hayward@media24.com
Suidoosterfees and the ATKV offer teachers and directors of school plays a wonderful package: It includes excellent opportunities: tickets to the four winning productions of the ATKV-Tienertoneel competition, various theatre productions on the festival programme, as well as workshops. At the special discount price of R1 200, attendees will experience three unforgettable days at the festival. A special package for people who require accommodation is also available. Contact Miandra Hayward at Miandra.Hayward@media24.com to secure your place.
Chattalogues
In samewerking met Fundza
Met wenners van die Fundza Chattalogue-kompetisie
Taal: Eng
Venue: ATKV Isibaya
Datum en tyd: 27 April 12:30 en 14:00 | 29 April 11:00 en 18:30 | 1 Mei 11:00 en 14:00
Tydsduur: 20 min
Prys: Gratis
Stories maak saak. Dit verbind mense aan mekaar, oor generasies heen, en leer ons baie dinge. Vir meer as ’n dekade al skep Fundza deur sy mobi-webwerf geleenthede vir jongmense om opwindende plaaslike inhoud te skep – in hul moedertaal. Só word meertaligheid bevorder en stories geskep waarin jongmense hulself kan raaksien. Kom luister na dié heerlike chattalogue-kortdramas deur jong stemme.

Chattalogues
In collaboration with Fundza
With winners of the Fundza Chattalogue competition
Language: Eng
Venue: ATKV Isibaya
Date and time: 27 April 12:30 and 14:00 | 29 April 11:00 and 18:30 | 1 May 11:00 and 14:00
Duration: 20 min
Price: Free
Stories matter. It’s our connection to others, a learning tool and an inter-generational documentary. For over a decade, Fundza has afforded the youth opportunities to create exciting local content, in their mother-tongues, as part of Fundza’s mobisite, enabling young people to see themselves in the stories they read, while promoting multilingualism. Come listen to these young voices in their short plays, called chattalogues.
Filmit-fees: Shop talk-sessies
Met gassprekers uit die Suid-Afrikaanse filmbedryf
Taal: Afr, Eng
Venue: ATKV-Innovasiespasie
Datum en tyd: 28 tot 30 April 14:30, 16:00 en 17:30; Vertonings: 18:30 – 19:30 daagliks
Tydsduur: 60 min
Prys: Gratis, maar bespreek hier
Dié fees vir hoërskoolleerders van Suider-Afrika bied ’n filmkompetisie in kategorieë soos kortfilms, dokumentêre, musiekvideo’s, animasie en advertensies. Spesialiste in die filmbedryf kom deel hul kennis en ervaring oor beroepsmoontlikhede. Tydens die shop talk-sessies kry jong filmmakers die kans om hul idees te ontwikkel en hulle ontvang leiding oor hoe om films suksesvol te vervaardig. Elke dag, ná afloop van die werkswinkels, word vertonings van 18:30 tot 19:30 aangebied. Vir volledige inligting oor die sessies by Suidoosterfees, klik hier en doen aansoek op hierdie vorm. Besoek gerus ook www.paulroos.co.za/filmit.
Filmit Festival: Shop talk sessions
With guest speakers from the South African film industry
Language: Afr, Eng
Venue: ATKV Innovation Lounge
Date and time: 28 to 30 April 14:30, 16:00 and 17:30; Screenings: 18:30 – 19:30 daily
Duration: 60 min
Price: Free, but book here
This festival for high school learners of Southern Africa offers a film competition in categories such as short films, documentaries, music videos, animation and advertisements. Experts from the film industry will share their knowledge about career opportunities. During the shop talk sessions young filmmakers will be guided in developing their own ideas and receive information on how to produce their work successfully. Every day, after the workshops, films will be screened from 18:30 to 19:30. For the complete sessions programme at Suidoosterfees, click here and fill out this form to attend. Also have a look at www.paulroos.co.za/filmit.
Heritage Travel: Amptelike bekendstelling
Met Denver Vraagom, Churchill Naude en Theolla Langenhoven
Taal: Afr, Eng
Venue: ATKV-Innovasiespasie
Datum en tyd: 1 Mei 11:30
Tydsduur: 90 min
Prys: R80
Heritage Travel-tydskrif word amptelik bekendgestel. In dié spesiale uitgawe wat saamval met die 20ste Suidoosterfees, is ’n lieflike mengelmoes van stories oor erfenis, taal, kunstenaars, letterkunde, kultuur en reis, tesame met gedigte. Kom sluit aan by dié spoggerige geleentheid waar stories, artikels en gedigte voorgelees gaan word deur Churchill Naude en Theolla Langenhoven.
Heritage Travel: Official Launch
With Denver Vraagom, Churchill Naude and Theolla Langenhoven
Language: Afr, Eng
Venue: ATKV Innovation Lounge
Date and time: 1 May 11:30
Duration: 90 min
Price: R80
Join us for the official launch of Heritage Travel. In this special edition coinciding with the Suidoosterfees’ 20th anniversary, the magazine is jam-packed with wonderful stories on heritage, language, artists, literature, culture and travel, and poetry to boot! Churchill Naude and Theolla Langenhoven will read stories, articles and poetry at this not to be missed event.
Talentsoektog
Ondersteun deur Burger King
In samewerking met 33andMe, Dance for All, The Stage Performing Arts Studio, Rural Arts Network, die Wes-Kaapse Departement van Sport en Kultuur se MOD-projek, Northlink Kollege, Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie, Hessequa Harmonie, Hindle Hoërskool, Hoërskool Apex, Artscape, BlouBus-Bediening, People’s Post en Tygerburger
Venue: Tent-aktief
Datum en tyd: 1 Mei 12:30
Tydsduur: 150 min
Prys: Gratis
In 2022 is die Suidoosterfees se Talentsoektog uiteindelik hervat, en vandag spook dansers, sangers, rymkletsers en instrumentaliste dit uit om die gesogte kroon – om nie van die lekker pryse te praat nie! Semifinaliste wat verlede jaar in Kaapstad en omliggende dorpe en streke aangewys is, ding mee om die volgende pryse: R10 000 vir die algehele wenner, die beste danser kry ’n jaar se gratis opleiding by Dance for All, en op een gelukkige kandidaat wag daar ’n kontrak deur die talentagentskap 33andMe. Kom geniet die adrenalien en opwinding saam met ons!

Talentsoektog
Supported by Burger King
In collaboration with 33andMe, Dance for All, The Stage Performing Arts Studio, Rural Arts Network, the Western Cape Department of Sport and Culture’s MOD Project, Northlink College, Cape Peninsula University of Technology, Hessequa Harmonie, Hindle High School, Apex High School, Artscape, BlouBus-Bediening, People’s Post and Tygerburger
Venue: Tent-aktief
Date and time: 1 May 12:30
Duration: 150 min
Price: Free