Opleiding en werkswinkels | Training and workshops

ATKV-SUIDOOSTERFEES KOORKOMPETISIE

Koördinering: Braam de Kock
Beoordelaars: Hannelize du Plessis, Jade Paige en Lizl Gaffley
Taal: Afr
Venue: Operahuis
Datum en tyd: 28 April 09:00
Tydsduur: 180 min
Prys: Gratis

Amateurkore en -sangroepe van die Wes-Kaap steel elke jaar feesgangers se harte met hul passievolle uitvoerings. Met hierdie projek maak die ATKV en die Suidoosterfees drome waar. Landelike en stedelike kore ontvang opleiding van kundiges om hul optredes af te rond, en meesterklasse deur eksperts bemagtig koorleiers om uitvoerings na ’n hoër vlak te neem. Tydens dié finale kompetisieronde word die feesteater met glans en hemelse sang gevul voordat die algehele wenners aangewys word.
Opleiding en werkswinkels | Training and workshops

ATKV-SUIDOOSTERFEES KOORKOMPETISIE

Coordinator: Braam de Kock
Adjudicators: Hannelize du Plessis, Jade Paige and Lizl Gaffley
Language: Afr
Venue: Opera House
Date and time: 28 April 09:00
Duration: 180 min
Price: Free

Amateur choirs and music groups from the Western Cape steal festivalgoers’ hearts with their passionate performances every year. With this project, the ATKV and the Suidoosterfees make dreams come true. Rural and urban choirs are trained by experts to refine their performances, and masterclasses by mentors empower choir leaders to take renditions to a higher level. During this final competition round, the festival theatre is filled with glamour and heavenly sounds before the overall winners are announced.

ATKV-TONEELPAKKET

Aanbieder: Liezl de Kock
Taal: Afr, Eng
Venue: Verskeie
Datum: 26 April tot 28 April
Tydsduur: 3 dae
Prys: R1 200

Bespreek by suidooster@media24.com

’n Fantastiese toneelpakket vir regisseurs en jong teatermakers. Werkswinkels fokus op die skep van visuele teater, met die klem op die gebruik van maskers, poppe en ander voorwerpe as sleutelelemente tot die skep, waarneming en verstaan van dié teatermedium. Deelnemers se verbeelding, tegniese en kreatiewe vaardighede word gestimuleer en ontwikkel deur te fokus op lyftaal, fisieke teater, materiaalmanipulasie, voorwerpteater en maskerwerk. Saam met die werkswinkels sal kursusgangers baie feesproduksies bywoon om inspirasie te kry en om die stukke krities te bespreek. Drie dae van leer en opwinding teen ’n spesiale afslagprys. ’n Pakket wat verblyf insluit is ook beskikbaar.
Opleiding en werkswinkels | Training and workshops

ATKV-TONEELPAKKET

Presenter: Liezl de Kock
Language: Afr, Eng
Venue: Various
Date: 26 April to 28 April
Duration: 3 days
Price: R1 200

Book at suidooster@media24.com

A wonderful theatre package for directors and young theatre makers. Workshops will focus on the creation of visual theatre, emphasising the use of masks, puppets and other objects as key elements to create, observe and understand this theatre medium. Participants’ imagination, technical and creative skills will be stimulated and developed by focusing on body language, physical theatre, manipulation of material, objects theatre and mask work. In addition to the workshops, participants will attend many festival productions to gain inspiration and to evaluate productions critically. Three days of learning and excitement at a special discount price. A package that includes accommodation is also available.

TALENTSOEKTOG

Ondersteun deur Burger King

In samewerking met Dance for All, die Wes-Kaapse Departement van Sport en Kultuursake se MOD-projek, Northlink Kollege, Hindle Hoërskool, Artscape, BlouBus-Bediening, People’s Post en Tygerburger

Taal: Afr, Eng
Venue: Zip Zap Dome
Datum en tyd:  1 Mei 12:00
Tydsduur: 90 min
Prys: Gratis

Sangers, dansers, rymkletsers, komediante en musiekmakers kom vandag teen mekaar te staan vir die Suidoosterfees se skitterende Talentsoektog-kroon nadat uitdunrondes die afgelope jaar oral in die Kaap gehou is. Groot pryse word oorhandig, onder meer R10 000 vir die algehele wenner, en ’n jaar se gratis opleiding by Dance for All vir die belowendste danser. Kom deel in die pret en opwinding van ’n jaar se harde werk wat ’n hoogtepunt op die feesverhoog bereik. Die Talentsoektog-kompetisie maak deure oop vir amateurs met spesiale gawes wat nie onder die maatemmer hoort nie. Finaliste wat vandag meeding is in aanloop tot die finaal tydens werkswinkels blink gepoets deur ervare hande in die vermaaklikheidbedryf.

TALENT SEARCH

Supported by Burger King

In collaboration with Dance for All, the Western Cape Departement of Sport and Cultural Affairs’ MOD project, Northlink College, Hindle High School, Artscape, BlouBus-Bediening, People’s Post and Tygerburger

Language: Afr, Eng
Venue: Zip Zap Dome
Date and time: 1 May 12:00
Duration: 90 min
Price: Free

Singers, dancers, rappers, comedians and musicians compete today for the Suidoosterfees’ glittering Talent Search crown after trial rounds were held all over the Cape in the past year. Big prizes are awarded, including R10 000 for the overall winner, and a year’s free tuition at Dance for All for the most promising dancer. Come share in the fun and excitement as candidates’ year-long dedication and hard work reach its peak on the festival stage. The Talent Search competition opens doors for amateurs with special talents that should not remain hidden. Today’s finalists were trained and polished during workshops conducted by industry experts.

WERK IN DIE WÊRELD VAN KLANK

Aangebied deur RSG
Aanbieders: Johan Rademan en Haidee Muller-Isaacs
Taal: Afr
Venue: NATi Repteater
Datum en tyd: 26 April 12:00
Tydsduur: 90 min
Prys: Gratis, maar bespreek deur Webtickets

 

Die gesoute RSG-omroepers Johan Rademan en Haidee Muller-Isaacs ontsluit die klankwêreld van radio en uitsaai. Van hoe om ’n onderhoud te voer, stories vertel en sportkommentaar tot die magiese landskappe van radiodrama word bespreek. Kom leer die fynere kunsies van uitsaai by twee van RSG se heel gewildste stemme.
Opleiding en werkswinkels | Training and workshops

WERK IN DIE WÊRELD VAN KLANK

Presented by RSG
Presenters: Johan Rademan and Haidee Muller-Isaacs
Language: Afr
Venue: NATi Rep Theatre
Date and time: 26 April 12:00
Duration: 90 min
Price: Free, but book through Webtickets

 

Experienced RSG broadcasters Johan Rademan and Haidee Muller-Isaacs unlock the world of sound in broadcasting for the radio. They cover everything, from how to conduct an interview, tell stories and do sport commentary, to the magical landscapes of radio drama. Join us to learn the fine art of broadcasting by two of RSG’s most popular voices.