Skip to content

Opvoedkundige Teater vir Junior Leerders

In vennootskap met die Jakes Gerwel Stigting

Skole 2025 1

’n Opvoedkundige teaterproduksie, spesiaal geskep vir graad 1- tot 4-leerders, opgevoer by skole in die Oos- en Wes-Kaap. Aangebied saam met ’n leesontwikkelingsprogram wat deur die Jakes Gerwel Stigting saamgestel is met die ondersteuning van die DG Murray Trust.

Hoe dit werk: Die fees skep en ontwikkel ’n opvoedkundige jeugteaterroduksie vir skoliere van graad 1 tot 4 en neem dit op toer na verskeie skole in die Oos-Kaapse omgewing van KwaNojoli, asook landelike en stedelike skole in die Wes-Kaap.

Foto’s: Theo Kemp, Jakes Gerwel Stigting

Educational Theatre for Junior Learners

In partnership with the Jakes Gerwel Foundation

Skole 2025 2

An educational theatre show created for grade 1 to 4 learners, staged at schools in the Eastern and Western Cape. Presented together with a reading programme designed by the Jakes Gerwel Foundation and supported by the DG Murray Trust.

How it works: The festival creates an educational theatre show for learners in grades 1 to 4, travelling with performances to several schools in the Eastern Cape area of KwaNojoli, as well as urban and rural schools in the Western Cape.

Photos: Theo Kemp, Jakes Gerwel Foundation

Jakes Gerwel_Transparent Background_cropped

2025

Die Suidoosterfees het in 2025 saam met die Jakes Gerwel Stigting veertien plattelandse laerskole in die Oos-Kaap besoek om leerders in die Grondslagfase bewus te maak van die vreugde en waarde van lees. Wela Kapela-produksies se opvoering van Jakkals en Wolf het sowat 3 000 leerders betower en vir groot opwinding gesorg.

Die akteurs in die toerproduksie was Xola Mziwakhe (Jakkals), Sinovuyo Mbasane (Wolf), Aliza Majelman (Skaap), Luthando Blandile (Bok) en Reggy Nako Danster (Kraai en Uil).

Hierdie besoek sluit direk aan by die Stigting se Bloukraan-boekeprojek, wat jaarliks deur die Suidoosterfees ondersteun word met ’n toeganklike, vreugdevolle teaterervaring vir leerders wat selde aan die kunste blootgestel word. Die projek het ten doel om die geletterdheidskrisis in Suid-Afrika aan te spreek en ongelykhede te help oorbrug.

Die inisiatief bereik Grondslagfase-leerders in die Blue Crane-munisipale gebied van die Oos-Kaap, insluitend KwaNojoli, Pearston en Cookhouse.

In 2025 the Suidoosterfees, together with the Jakes Gerwel Foundation, visited fourteen rural primary schools in the Eastern Cape to introduce Foundation Phase learners to the joy and value of reading. Wela Kapela Productions’ staging of Jakkals en Wolf delighted around 3 000 learners and created tremendous excitement.

The cast of the touring production comprised Xola Mziwakhe (Jakkals), Sinovuyo Mbasane (Wolf), Aliza Majelman (Skaap), Luthando Blandile (Bok) and Reggy Nako Danster (Kraai and Uil).

This visit links directly with the Foundation’s Bloukraan Books Project, which the Suidoosterfees supports annually by offering an accessible and joyful theatre experience to learners who seldom have exposure to the arts. The project aims to address South Africa’s literacy crisis and help bridge inequalities.

The initiative reaches Foundation Phase learners in the Blue Crane municipal area of the Eastern Cape, including KwaNojoli, Pearston and Cookhouse.