Azelia Morkel, kanaalhoof van VIA, is as die nuwe voorsitter van die Suidoosterfees se direksie aangestel. As die eerste vrou wat hierdie rol by die fees vervul, word geskiedenis gemaak en vier die fees hierdie nuwe mylpaal met groot entoesiasme en dankbaarheid.
Morkel bring nie net jare se ervaring in die media- en kreatiewe bedryf na die fees nie, maar ook ’n diepgewortelde liefde vir die kunste en ’n besondere verbintenis tot gemeenskapsbou. Haar storie is al lank verweef met dié van die Suidoosterfees: sy het in Ladismith grootgeword, waar haar liefde vir die kunste en kultuur vroeg posgevat het. As graad 11-leerder in 2003 het sy ’n uitstappie na Naspers gewen vir haar betrokkenheid by haar skoolkoerant – ’n geleentheid waar sy vir die eerste keer met die Suidoosterfees kennis gemaak het.
Dit was ook hier waar sy vir prof. Jakes Gerwel, een van die fees se stigterslede, ontmoet het – ’n ontmoeting wat, volgens haar, ’n blywende indruk op haar gemaak het en haar pad in die kunste geïnspireer het.
Azelia Morkel, channel head of VIA, has been appointed as the new chairperson of the Suidoosterfees board. As the first woman to hold this position at the festival, this marks a significant milestone – one the festival celebrates with great enthusiasm and gratitude.
Morkel brings not only years of experience in the media and creative industries, but also a deep-rooted love for the arts and a strong commitment to community development. Her story has long been intertwined with that of the Suidoosterfees: she grew up in Ladismith, where her passion for the arts and culture first took root. As a Grade 11 learner in 2003, she won a visit to Naspers for her involvement in her school newspaper – an opportunity through which she encountered the Suidoosterfees for the very first time.
It was at this event that she also met Prof. Jakes Gerwel, one of the festival’s founding members – a meeting which, according to her, left a lasting impression and inspired her journey in the arts.
“Morkel bring nie net jare se ervaring in die media- en kreatiewe bedryf na die fees nie, maar ook ’n diepgewortelde liefde vir die kunste en ’n besondere verbintenis tot gemeenskapsbou.”
Ons sien uit na die nuwe hoofstuk wat onder haar leiding ontvou – in die gees van prof. Gerwel se droom van ’n “soomlose” gemeenskap, waar almal welkom voel en waar die kunste mense nader aan mekaar bring.
We look forward to the new chapter that will unfold under her leadership – in the spirit of Prof. Gerwel’s vision of a “seamless” community where everyone feels welcome, and where the arts bring people closer together.
’n Hartlike woord van dank aan Edmund Jeneker
Terwyl ons hierdie betekenisvolle stap vorentoe vier, betuig die Suidoosterfees ook ons innige waardering teenoor Edmund Jeneker, wat die direksie met integriteit, wysheid en toegewyde diens gelei het. Sy verbintenis tot die groei en vestiging van die fees, veral in uitdagende tye, sal altyd deel bly van die Suidoosterfees se nalatenskap. Edmund se leiding het ’n stewige fondament gelê waarop die fees nou voortbou, en ons bedank hom van harte vir sy visie en sy standvastige ondersteuning.
Die Suidoosterfees sien daarna uit om, saam met Azelia en die hele feesgemeenskap, voort te bou aan ’n inklusiewe en lewendige kunste-ruimte vir almal.
Our heartfelt gratitude to Edmund Jeneker
As we celebrate this meaningful step forward, the Suidoosterfees also expresses our sincere appreciation to Edmund Jeneker, who led the board with integrity, wisdom and dedicated service. His commitment to the growth and strengthening of the festival, especially during challenging times, will remain a cherished part of the Suidoosterfees legacy. Edmund’s leadership has laid a strong foundation on which the festival now continues to build, and we thank him warmly for his vision and unwavering support.
The Suidoosterfees looks forward to building, together with Azelia and the broader festival community, an inclusive and vibrant arts space for all.
