17 Junie 2026
Vir die Suidoosterfees is dit ’n vreugde om te sien hoe die NATi Jong Sterre-projek, wat al vir byna ’n dekade lank dividende oplewer in ’n vennootskap tussen die fees, NATi, die Jakes Gerwel Stigting en Kunstekaap. Heelwat kunstenaars wat in die verlede as jong teaterlui aan die projek deelgeneem het, het in 2026 by die fees as volwaardige professionele teatermakers prominent in hoofproduksies van ons NATi Teaterfees uitgeblink.
Suidoosterfees is delighted to witness the continued success of the NATi Rising Stars project, which has been delivering exceptional returns for nearly a decade through a partnership between the festival, NATi, the Jakes Gerwel Foundation and Artscape. A number of artists who participated in the programme as emerging theatre-makers have gone on to establish themselves as professional practitioners and, in 2026, excelled in leading productions at our NATi Theatre Festival.
Carlo Daniels, ’n NATi Jong Ster van 2021 wie se verhoogstuk Kokon destyds by die fees gedebuteer het, het vanjaar die naamrol in Suidoosterfees se vlagskipdrama Eugene vertolk.
Carlo Daniels, a 2021 NATi Rising Star whose play Kokon debuted at the festival, took on the title role in Suidoosterfees’s flagship drama, Eugene, this year.
Herschelle Benjamin, skrywer van die drama Die Al kind tydens die Jong Sterre-projek in 2019, se Joshlin: Meer as ’n naam, is ook vanjaar by die fees opgevoer.
Herschelle Benjamin, who wrote the play Die Al kind as part of the Rising Stars programme in 2019, also saw his drama Joshlin: Meer as ’n naam staged at the festival this year.
Miché van Wyk, een van die 2024–2025-seisoen se Jong Sterre met haar drama Suurdeeg, het uitgeblink in Lynthia Julius se drama Kinderlê en die dansproduksie Gat.
Miché van Wyk, one of the Rising Stars participants in the 2024–2025 season with her play Suurdeeg, delivered standout performances in Lynthia Julius’s drama Kinderlê and the dance production Gat.
Dianne du Toit Albertze, wie se Kaap in 2020 as NATi Jong Sterre-produksie gedebuteer het, se drama Huis van sand – wenner van die Reinet Nagtegaal-teksprys in 2025 – was ook op vanjaar se program.
Dianne du Toit Albertze, whose play Kaap debuted as a NATi Rising Stars production in 2020, wrote Huis van sand, winner of the Reinet Nagtegaal Text Prize in 2025.
Kanya Viljoen, ’n Jong Sterre-kandidaat wat in 2020 haar verhoogstuk Jessie, die man en die maan geskep het, was vanjaar die regisseur van Lemoene, lemoene, lemoene, lemoene, lemoene.
Kanya Viljoen, a Rising Stars participant who created the stage play Jessie, die man en die maan in 2020, directed Lemoene, lemoene, lemoene, lemoene, lemoene.
Mikayla Brown, ’n Jong Ster van 2024, se rolprent Finding Optel is in Augustus 2025 by die kykNET Silwerskermfees vrygestel. Mikayla het die draaiboek geskryf, die hoofrol vertolk, en sy het die prent saam met haar broer Jess geregisseer. As Jong Ster het Mikayla se verhoogstuk Poppie in the Dunes in 2024 by die Suidoosterfees gedebuteer. Sy het vanjaar in die NATi Jong Sterre-produksie Die poskantoor gespeel.
Mikayla Brown, a 2024 Rising Star, saw her film Finding Optel released at the kykNET Silwerskerm Festival in August 2025. Mikayla wrote the screenplay, played the lead role, and co-directed the film with her brother, Jess. As a Rising Star participant, her stage play Poppie in the Dunes debuted at Suidoosterfees in 2024. She performed this year in the NATi Rising Stars production Die poskantoor.
Al hierdie kunstenaars se loopbane het die afgelope paar jaar geweldige momentum in die Suid-Afrikaanse teaterbedryf opgebou, en hulle het as skrywers en akteurs verskeie bekronings op die kerfstok. Hulle prestasies dien tereg as ’n klinkende getuigskrif vir NATi se inisiatief en innoverende toekomsvisie met die Jong Sterre-projek. Die Suidoosterfees is dankbaar vir die geleentheid om ’n vennoot te wees van hierdie inisiatief wat belowende jong talent koester en gehalte in die hand werk.
All of these artists have built remarkable momentum in the South African theatre industry in recent years and have earned numerous accolades as writers, performers and creators. Their achievements stand as a powerful testament to NATi’s visionary investment in the Rising Stars project. Suidoosterfees is grateful for the opportunity to be a partner in this initiative, which nurtures promising young talent and contributes meaningfully to artistic excellence.
