16 Mei | May 2025
Geordin Hill-Lewis, die burgemeester van Stad Kaapstad, het die geselskap van Verwelkingslied, Breyten Breytenbach se laaste verhoogdrama, by die Suidoosterfees verras met ’n intieme geselligheid ná die première van die produksie. Ricardo Mackenzie, die Wes-Kaapse minister van kultuursake en sport, het die geleentheid bygewoon.
Foto’s: Gys Loubser
Geordin Hill-Lewis, the Mayor of Cape Town, surprised the cast of Verwelkingslied, Breyten Breytenbach’s last stage play, with an intimate gathering after the premiere of the production at the Suidoosterfees. Ricardo Mackenzie, the Western Cape Minister of Cultural Affairs and Sport, attended the event.
Photos: Gys Loubser
Antoinette Kellermann, Jana Hattingh (agter), minister Ricardo Mackenzie, burgemeester Geordin Hill-Lewis, Dawid Minnaar en Marí Borstlap tydens Stad Kaapstad se funksie vir die Verwelkingslied-geselskap by Suidoosterfees
Antoinette Kellermann, Jana Hattingh (in the back), Minister Ricardo Mackenzie, Mayor Geordin Hill-Lewis, Dawid Minnaar and Marí Borstlap during the City of Cape Town’s function for the Verwelkingslied company at the Suidoostefees.
Voor die eerste opvoering van Verwelkingslied in die Phoebe Gerwel Arena: Burgemeester Geordin Hill-Lewis en Dominique Botha van die Spier Arts Trust
Before the first performance of Verwelkingslied in the Phoebe Gerwel Arena: Mayor Geordin Hill-Lewis and Dominique Botha from the Spier Arts Trust
Dawid Minnaar as Meester en Antoinette Kellermann as Ou Aktrise in Verwelkingslied
Dawid Minnaar as Meester and Antoinette Kellermann as Ou Aktrise in Verwelkingslied
Gaste by die funksie: Burgemeester Geordin Hill-Lewis, Marlene le Roux, mev. Phoebe Gerwel (beskermpersoon van die Suidoosterfees), minister Ricardo Mackenzie, Edmund Jeneker (Suidoosterfees-direksievoorsitter) en Jordan King
Guests at the event: Mayor Geordin Hill-Lewis, Marlene le Roux, Mrs. Phoebe Gerwel (patron of the Suidoosterfees), Minister Ricardo Mackenzie, Edmund Jeneker (chairperson of the Suidoosterfees board) and Jordan King
Marí Borstlap, regisseur van Breyten Breytenbach se Verwelkingslied, word deur eNCA se nuusspan oor die produksie uitgevra.
Marí Borstlap, director of Breyten Breytenbach’s Verwelkingslied, being interviewed by eNCA’s news team about the production.
Stad Kaapstad se burgemeesterskantoor het die program van Verwelkingslied geborg.
The City of Cape Town’s Office of the Mayor sponsored the Verwelkingslied programme.
Stad Kaapstad, Oasis Water en Deetlefs-wyne het die spesiale funksie ondersteun.
The City of Cape Town, Oasis Water and Deetlefs Wines supported the special event.
Verwelkingslied is ’n ko-produksie van Suidoosterfees en Momentum Beleggings Aardklop; moontlik gemaak deur Spier Arts Trust, NATi, Het Jan Marais Nationale Fonds en Audi Centre Claremont
Verwelkingslied is a co-production of Suidoosterfees and Momentum Beleggings Aardklop; made possible by Spier Arts Trust, NATi, Het Jan Marais Nationale Fonds and Audi Centre Claremont
