
Die Suidoosterfees-span is trots op die Fiësta-toekennings wat deur kykNET aan die fees en sy produksies toegeken is. Die seremonie het op 27 Februarie 2025 in Kaapstad plaasgevind.
Foto’s: Gys Loubser
The Suidoosterfees team is proud of the Fiësta awards bestowed by kykNET on the festival and its productions. The ceremony was held in Cape Town on 27 February 2025.
Photos: Gys Loubser
Blou Fiësta vir ons Mondig-fees in 2024 | Blue Fiësta for our 21st festival in 2024

Suidoosterfees is aangewys as die wenner van die Blou Fiësta, wat toegeken word vir verdienstelike werk wat nie in een van die ander toekenningskategorieë val nie, vir die fees se Mondig-projek in 2024. Spesiale vermelding is gemaak van Suidoosterfees se 21 produksies van 21 minute wat aangebied is teen kaartjiepryse van R21. Hier spog Jana Hattingh, die fees se uitvoerende hoof, saam met Franci van den Berg (borgskap- en handelsmerkbestuurder) en Raymano Randall (algemene bestuurder) met die spesiale toekenning.
Suidoosterfees received the Blue Fiësta, awarded for commendable work that does not fall into any of the other Fiësta categories, for the festival’s coming-of-age project in 2024. Special mention was made of Suidoosterfees’ 21 productions of 21 minutes that were staged with a ticket price of R21. Here is Jana Hattingh, festival CEO, with Franci van den Berg (brand and sponsorship manager) and Raymano Randall (general manager) with the special award.
Beste musiekgedrewe teater | Best music-driven theatre
Ontban

Baie geluk aan Corneil Müller, Lynelle Kenned en Stefan Lombard met die Fiësta vir dié pragtige produksie wat in 2024 by die 21ste fees gedebuteer het met die ondersteuning van Edmund Beukes.
Congratulations to Corneil Müller, Lynelle Kenned and Stefan Lombard for winning the Fiësta for this beautiful production that debuted with the support of Edmund Beukes at our 21st festival in 2024.
SOF-ko-produksies op ons 2025-program | SOF co-productions on our 2025 programme
Laaitie mettie biscuits – Momentum Beleggings Aardklop
Joshwin Dyson het twee Fiëstas ontvang vir sy spel in Laaitie mettie biscuits: Beste opkomende kunstenaar en beste akteur.
Joshwin Dyson received two Fiësta awards for his role in Laaitie mettie biscuits: Best upcoming artist and best actor.

Stinkhout – Momentum Beleggings Aardklop

Beste nuutgeskepte teks |
Best new text
Philip Rademeyer – Stinkhout

Fiësta vir bydrae tot die kunste |
Fiësta for contribution to the arts
Frank Opperman