Die semifinale ronde van die Suidoosterfees se 2024-Talentsoektogkompetisie is op 16 Maart in die V&A Waterfront-amfiteater gehou, en die finale ronde op 1 Mei 2024 tydens die fees. Caitlin White van Delft is as algehele wenner aangewys. Die Talentsoektog is in 2024 moontlik gemaak deur Burger King, kykNET se Suidooster, Dance for All en die Kaapse gemeenskapspublikasies City Vision, People’s Post en TygerBurger. Foto’s deur Gys Loubser.
The semi-final round of the Suidoosterfees Talent Search competition was held in the V&A Waterfront Amphitheatre on 16 March 2024, and the final round on 1 May 2024 during the festival. Caitlin White from Delft was crowned overall winner. In 2024, the Talent Search was supported by Burger King, kykNET’s Suidooster, Dance for All, and the Cape Town community publications City Vision, People’s Post and TygerBurger. Photos by Gys Loubser.

021 Rebels, die tiener-dansgroep van Athlone, doen hul ding voor Burger King. “As Talentsoektog-vennoot is dit vir Burger King heerlik om te sien hoe deelnemers die kans kry om hul talente aan die publiek te demonstreer,” het Ezelna Jones, Burger King se bemarkingshoof, gesê.
021 Rebels, the teen dance group from Athlone, doing their thing in front of Burger King. “As a partner of the Talent Search project, it is delightful for Burger King to see participants enjoying themselves as they demonstrate their talents to the public,” said Ezelna Jones, head of marketing.

Die 12-jarige Neemah van Tulbagh het deurgedring na die finale ronde.
The 12-year-old Neemah from Tulbagh made it to the final round.

Lady A (Angelique Solomon) van Atlantis
Lady A (Angelique Solomon) from Atlantis

Die tradisioneledansgroep Ilingomso Lethu se lede is tussen 12 en 24 jaar oud, en hulle spesialiseer in tradisionele Tswana- en Xhosa-danse.
The traditional dance troupe Ilingomso Lethu, consisting of members aged 12 to 24, specialises in traditional Tswana and Xhosa dance forms.

Ilingomso Lethu het in 2015 ontstaan toe ’n nasorgprojek vir skoolkinders op die been gebring is waar leerders namiddae met ekstrakurrikulêre aktiwiteite ondersteun word.
Ilingomso Lethu were established in 2015 when extra-curricular activities for school children in after care were initiated.

IMAD, ’n groep van nege jazz-musikante tussen 13 en 18 jaar, het ook tot die finale ronde deurgedring. Hulle word by die Institute for Music and Indigenous Arts Development in Khayelitsha afgerig deur hul musiekonderwyser, Eric Solman.
IMAD, a group of nine jazz musicians aged 13 to 18, also secured themselves a place in the finals. They are the product of the Institute for Music and Indigenous Arts Development in Khayelitsha, trained by music teacher Eric Solman.

IMAD in aksie!
IMAD in action!

Die United Township Dancers is van Khayelitsha en Stoan Galela is hul choreograaf.
The United Township Dancers comes from Khayelitsha and Stoan Galela is their choreographer.

Dansbewegings vir ’n plek in die finaal!
Dance moves for a place in the final!

Burger King het ekstra vermaak by die geleentheid verskaf en watertand-pryse aan gehoorlede uitgedeel.
Burger King provided extra entertainment at the event and handed out mouth-watering vouchers to audience members.

Die Talentsoektog-semifinaal word elke jaar by die V&A Waterfront aangebied, en toegang vir die publiek is gratis.
The Talent Search semi-finals are presented at the V&A Waterfront every year, and access is free for the public.

Suidoosterfees-gehore se entoesiasme het geen einde nie.
Suidoosterfees audiences’ enthusiasm has no limits.

IMAD se trompetspeler by die Talentsoektog-finaal op 1 Mei in Kaapstad
IMAD’s trumpeter at the Talent Search final in Cape Town on 1 May

Margie Troskie, ’n 2023-finalis, het as gaskunstenaar by die 2024-finaal opgetree.
Margie Troskie, a finalist in 2023, was a guest performer at the final in 2024.

Neemah, Caitlin White, Gershwin Prins en die hoofsangeres van IMAD spook sake uit by die finaal. Die United Township Dancers is in die agtergrond.
Neemah, Caitlin White, Gershwin Prins and the lead vocalist of IMAD on stage at the final round. The United Township Dancers are in the background.

Die United Township Dancers van Khayelitsha
The United Township Dancers of Khayelitsha

Caitlin White, wenner van Talentsoektog 2024, ontvang haar prysgeld van R10 000 van Burger King se Kelvin McKinnon en Theresa Olivier, ’n Suidoosterfees-direksielid.
Caitlin White, winner of Talent Search 2024, receives prize money of R10 000 from Burger King’s Kelvin McKinnon and Theresa Olivier, a Suidoosterfees board member.
