Ons NATi Jong Sterre werk tans baie hard aan hul splinternuwe dramas wat in 2025 by die Suidoosterfees gaan debuteer. In November is teksvoorlesings van die dramas by New Voices, die Suidoosterfees se projek saam met Artscape, met professionele geselskappe gelewer. Hier het ons Jong Sterre waardevolle insette van kenners en eweknieë in die bedryf ontvang om hul tekste nog verder af te rond. In die volgende video-onderhoude gesels die skrywers, spelers, regisseurs en projekborge oor die geleentheid.
Die onderhoude is moontlik gemaak deur BASA (Business and Arts South Africa) en aangebied in samewerking met Netwerk24, een van die fees se hoofborge. Die NATi Jong Sterre-projek word moontlik gemaak deur NATi, die Jakes Gerwel Stigting, Artscape en die Suidoosterfees.
Our NATi Rising Stars are hard at work on their brand-new plays that will debut at Suidoosterfees 2025. In November, play readings were staged at New Voices, a project of the festival and Artscape, with professional cast members. Here our Rising Stars received valuable feedback from industry experts and peers to fine-tune their texts. In the following video interviews, the playwrights, actors, directors and project sponsors share their views on the event.
The interviews were made possible by BASA (Business and Arts South Africa) and are presented in collaboration with Netwerk24, one of the festival’s main sponsors. The NATi Rising Stars project is supported by NATi, the Jakes Gerwel Foundation, Artscape and Suidoosterfees.