Gereed om opslae te maak en die gety te laat draai? | Ready to makes waves and turn the tide?
Die Suidoosterfees nooi komediante om van 26 April tot 2 Mei 2027 by Kunstekaap die verhoog te betree. Die sperdatum is Woensdag 25 November 2026.
Of jy nou ’n gevestigde komediant met ’n lojale aanhang is, of ’n nuwe stem wat gereed is om groter gehore te bereik – ons nooi jou om ’n voorstel vir ’n komedievertoning in te dien vir insluiting by ons feesprogram vir 2027.
Met die feestema, Draai die gety, is ons op soek na waagmoedige, vermaaklike en oorspronklike komedie wat uiteenlopende perspektiewe, ervarings en sienings van die wêreld weerspieël. Ons verwelkom aansoeke van komediante in enige fase van hul loopbaan, wat energie, outentiekheid en ’n unieke perspektief na die fees kan bring.
Suidoosterfees is calling comedians to take the stage at Artscape from 26 April to 2 May 2027. The deadline is Wednesday 25 November 2026.
Whether you are an established act with a loyal following or a fresh new voice ready to reach wider audiences, we invite you to pitch a comedy show for inclusion in our 2027 festival programme.
Under the festival theme, Turn the Tide, we are looking for bold, entertaining and original comedy that reflects diverse perspectives, experiences and ways of seeing the world. We welcome applications from performers at all stages of their careers who can bring energy, authenticity and a unique point of view to the festival.
Wat gekeurde komediante kan verwag | What Selected Comedians Will Receive
Elke suksesvolle aansoeker sal die volgende ontvang:
- Een speelbeurt van 50 minute tydens Suidoosterfees 2027
- ’n Feeslokaal onder professionele bestuur met 60 sitplekke by Kunstekaap
- Insluiting in die amptelike Suidoosterfeesprogram
- Bemarkings- en promosieondersteuning deur die fees se kommunikasieplatforms
- Drie gratis mentorsessies van een uur elk met ’n ervare komediekenner, wat ten doel het om die ontwikkeling van opkomende komediante te ondersteun
Kaartjies sal R150 per persoon kos.
Kunstenaars sal 80% van die kaartjie-inkomste ontvang, terwyl 20% aan die Suidoosterfees toegeken word. ’n Uitverkoopte vertoning sal R7 200 se inkomste vir die komediant meebring.
Each successful applicant will be allocated:
- One 50-minute performance slot during Suidoosterfees 2027
- A professionally managed 60-seat festival venue at Artscape
- Inclusion in the official Suidoosterfees programme
- Marketing and promotional support through the festival’s communication platforms
- Three one-hour mentorship sessions with an experienced comedy professional, designed to support the development of emerging comedians. Free of charge.
Tickets will be priced at R150 per person.
Artists will receive 80% of ticket revenue, with 20% allocated to Suidoosterfees. A sold-out performance would generate R7 200 in revenue for the comedian.
Tegniese reëlings | Technical Arrangements
Elke komediant sal die volgende tot hul beskikking hê:
- ’n Klanktoets van 30 minute
- Toegang tot die lokaal een uur voor die vertoning
- Gehoortoegang vanaf 30 minute voor die vertoning begin
Addisionele tegniese en praktiese inligting sal aan gekeurde deelnemers verskaf word.
Each comedian will have access to:
- A 30-minute sound check
- Venue access one hour before the performance
- Audience access from 30 minutes before showtime
Further technical and operational information will be shared with selected participants.
Bemarking en gehoorontwikkeling | Marketing and Audience Development
Die Suidoosterfees sal die komedieprogram aktief bemark as deel van die fees se groter promosieveldtog. Komediante word egter sterk aangemoedig om ook hul eie vertonings deur hul persoonlike en professionele netwerke te bemark om soveel moontlik gehoorlede te lok en kaartjieverkope te bevorder.
Suidoosterfees will actively market the comedy programme as part of the broader festival campaign. However, comedians are strongly encouraged to promote their own performances through their personal and professional networks to maximise audience attendance and ticket sales.
Hoe om aansoek te doen | How to Apply
Alle aansoekers moet die volgende indien:
- ’n Kort professionele biografie
- ’n Bondige voorstel waarin die beoogde vertoning uiteengesit word
Nuwe en opkomende komediante moet ook die volgende indien:
- ’n Video van 3 tot 5 minute waarin hulle hul komedietalent ten toon stel
All applicants must submit:
- A short professional biography
- A brief pitch outlining the proposed show
New and emerging comedians must also submit:
- A 3 to 5-minute video showcasing their comedy performance
Word deel van die program | Join the Programme
Die Suidoosterfees streef daarna om ’n platform te skep waar gevestigde kunstenaars en opkomende talent die kollig saam kan deel. As jy ’n vertoning het wat gehoorlede laat skaterlag, nadink en hulle aanklank by mekaar laat vind, wil ons graag van jou hoor.
Addisionele datums, vereistes en praktiese besonderhede sal aan gekeurde kunstenaars voorsien word.
Doen hier aansoek: https://forms.gle/KQwhDDTxciuewrPo7
Suidoosterfees is committed to creating a platform where established talent and emerging voices can share the spotlight. If you have a show that can make audiences laugh, think and connect, we would love to hear from you.
Additional dates, requirements and practical details will be communicated to selected artists.
Apply here: https://forms.gle/KQwhDDTxciuewrPo7
