22 Oktober | October 2026
Kunstenaars wat in Suid-Afrika woon en werk, word genooi om aansoek te doen om deel te neem aan Ons stories in kleur (Our Stories in Colour), ’n groepuitstalling by die Suidoosterfees wat van 26 April tot 2 Mei 2027 by Artscape plaasvind.
Die uitstalling vorm deel van Beeldspraak, die oorkoepelende tema vir die fees se Visuele kuns-program in 2027, wat die visuele beeld verken as ’n taal waardeur ons stories vertel en betekenis skep.
Ons stories in kleur kyk deur die lens van kleur na die lewe in Suid-Afrika. Kunstenaars wat deur hierdie ope uitnodiging gekeur word, sal saam met ander genooide kunstenaars uitstal en sodoende gesprekke stimuleer oor verskillende generasies, agtergronde en alternatiewe visuele benaderings.
Kleur moet deel vorm van elke kunstenaar se visuele taal – hetsy dit oordadig, ingetoë, simbolies of verrassend gebruik word – en ruimte laat vir uiteenlopende interpretasies van die tema. Die uitstalling is oop vir alle kunsvorme en sal geskiedenisse, plekke en persoonlike ervarings byeenbring om ’n veelvlakkige beeld van Suid-Afrika se hede en verlede te skep.
Opkomende en gevestigde kunstenaars wat aktief kuns skep, word genooi om aansoek te doen. Kunstenaars kan tot vier voltooide kunswerke of werke wat nog in wording is, vir oorweging indien. Indien jou aansoek suksesvol is, sal ons óf een kunswerk van hoogstens 600 x 600 mm óf twee kleiner werke wat saam nie groter as 500 x 500 mm is nie, kies. ’n Kommissie van 25% sal van die verkoopprys afgetrek word.
Kunstenaars is self daarvoor verantwoordelik om hul werke by Artscape te besorg, of om die aflewering daarvan te reël, asook vir die afhaal van onverkoopte werke op eie koste. Die presiese afleweringsdatums en -tye, asook reëlings vir die optel van werke, sal aan gekeurde kunstenaars deurgegee word.
Die volgende moet as deel van aansoeke ingedien word:
- ’n Kort biografiese beskrywing van die kunstenaars van hoogstens 150 woorde.
- ’n Portefeulje van maksimum drie bladsye met voorbeelde van werk wat gedurende die afgelope vyf jaar geskep is. Benoem die dokument soos volg: KunstenaarNaam_Van_Portefeulje.
- Een dokument met kort beskrywings van die voorgestelde kunswerke, insluitend ’n duidelike foto van elke werk, ’n aanduiding of dit reeds voltooi is of nog geskep word, ’n titel, die medium, afmetings en verkoopprys. Die verkoopprys moet die kommissie van 25% in berekening bring. Benoem die dokument soos volg: Kunstenaarnaam_Van_Voorgestelde werk.
Doen hier aansoek: https://forms.gle/tQ18ZJHWqs5ccZUUA
Aansoeke open: 23 Oktober 2026
Sluitingsdatum: Sondag 15 November 2026 om middernag
Bekendmaking van uitslae: Einde November 2026
Alle verdere datums, vereistes en praktiese reëlings sal aan gekeurde kunstenaars deurgegee word. Vir meer inligting, kontak die kurator, Carin Bester, by workingtitlecuration@gmail.com.
Artists living and working in South Africa are invited to apply to participate in Ons stories in kleur (Our Stories in Colour), a group exhibition at Suidoosterfees, taking place at Artscape from 26 April to 2 May 2027.
The exhibition forms part of Beeldspraak, the curatorial theme for the festival’s 2027 Visual Arts programme, which explores the image as a language through which we tell stories and make meaning.
Ons stories in kleur looks at life in South Africa through the lens of colour. Artists selected through this open call will exhibit alongside other invited artists, bringing different generations, backgrounds and visual approaches into conversation with one another.
Colour should form part of each artist’s visual language – whether bold, restrained, symbolic or unexpected – allowing for diverse interpretations of the theme. Open to all art forms, the exhibition will bring together histories, places and personal experiences to create a layered picture of South Africa, past and present.
Applications are welcome from emerging and established artists with an active artistic practice. Artists may submit up to four completed works or work in progress for consideration. Should you be successful, we will select either one artwork measuring no more than 600 x 600 mm or two smaller works no bigger than 500 x 500 together. A commission of 25% of the selling price will be retained.
Artists are responsible for delivering or arranging delivery of their work to Artscape and collecting unsold work at their own cost. Exact delivery dates and times, along with collection arrangements, will be confirmed with selected artists.
Applicants will be required to submit the following as part of the application:
- A short artist bio of no more than 150 words
- A portfolio of up to three pages featuring work from the past five years. Please name the document as follows: ArtistName_Surname_Portfolio
- One document describing the proposed artworks briefly, including clear images of the work, and an indication whether the work is complete or still in progress, a title, mediums used, dimensions and selling price, allowing for the 25% commission. Please name the document as follows: Artist Name_Surname_Suggested work.
Apply here: https://forms.gle/tQ18ZJHWqs5ccZUUA
Applications open: 23 October 2026
Closing date: Sunday 15 November 2026 at midnight
Selection results: End of November 2026
All further dates, requirements and practical details will be shared with selected artists. For more information, please contact the curator Carin Bester at workingtitlecuration@gmail.com.
