23 Julie 2026
Die Toyota Stellenbosch Woordfees vind vanjaar van 3 tot 11 Oktober op Stellenbosch plaas. Die Suidoosterfees is trots op verskeie ko-produksies wat op die Woordfees-program is, en maak graag die volgende aanbevelings vir feesgangers wat op soek is na gehalte-ervarings. Besoek die Toyota Stellenbosch Woordfees se webwerf vir die volledige program en besprekingsbesonderhede.
Produksies wat Suidoosterfees help vervaardig het
A Woman Alone
A Woman Alone was een van Suidoosterfees 2026 se vlagskripdramas wat heel eerste uitverkoop was.
’n Ko-produksie van dieSuidoosterfees en Toyota Stellenbosch Woordfees, moontlik gemaak deur die Festival Enterprise Catalyst (FEC) en The Jobs Fund.
Bespreek hier.
Eugene
Eugene, ook ’n vlagskipdrama van Suidoosterfees 2026, is onlangs by die Vrystaat Kunstefees opgevoer. Nou is dit tyd vir die Woordfees-speelvak.
’n Ko-produksie van die Suidoosterfees, Vrystaat Kunstefees en Toyota Stellenbosch Woordfees, ondersteun deur NATi, die Festival Enterprise Catalyst (FEC), The Jobs Fund en Het Jan Marais Nationale Fonds.
Bespreek hier.
Lemoene
’n Ko-produksie van die Suidoosterfees en KKNK, moontlik gemaak deur NATi, die Festival Enterprise Catalyst (FEC) en The Jobs Fund.
Bespreek hier.
Skanse
’n Splinternuwe drama deur die briljante Deon Opperman!
’n Ko-produksie van die Toyota Stellenbosch Woordfees, KKNK en die Suidoosterfees.
Bespreek jou plek hier.
Eerste vir alles
Eerste vir alles het SOF-besoekers vanjaar gaande gehad!
’n Ko-produksie van dieSuidoosterfees en Vrystaat Kunstefees.
Bespreek jou kaartjies hier.
Ons is nog hier
Matthew Smith se Ons is nog hier is vanjaar een van Suidoosterfees se NATi Jong Sterre-debuutproduksies.
Moontlik gemaak deur die Suidoosterfees, NATi, die Jakes Gerwel Stigting en Kunstekaap.
Bespreek hier.
Wonder in woorde
Produksies wat uitstekend by SOF 2026 gevaar het
The Fool’s Guide
Die legendariese Andrew Buckland se splinternuwe produksie wat by KKNK gedebuteer het. Wêreldklas!
Bespreek hier.
Wat om te doen as die wêreld brand
Bibi Slippers se trefferkabaret met die weergalose Elzabé Zietsman.
Bespreek hier.
Spiritual Songs
Spiritual Songs met Paulina Mafelane was uitverkoop by SOF 2026.
Bespreek jou kaartjies hier.
Die ander dogter
Sandra Prinsloo, een van Suid-Afrika se bekendste en mees beminde aktrises, is die ster van Die ander dogter wat groot aftrek by Suidoosterfees gekry het.
Bespreek hier.
Vir meer inligting, besoek Toyota Stellenbosch Woordfees se webblad.
