Skip to content
Menu
Suidoosterfees
'n Fees vir Almal
  • 2025-program | 2025 programme
    • ATKV Jeugteater | ATKV Youth Theatre
    • Beeld en klank | Image and sound
    • Dans | Dance
    • Jakes Gerwel-gesprekke | Jakes Gerwel Discussions
    • Kinderteater | Children’s Theatre
    • Komedie | Comedy
    • Kort voor lank | Short and Sweet
    • Musiek | Music
    • NATi Jong Sterre | Rising Stars
    • NATi Teaterfees | Theatre Festival
    • Netwerk24-feeskafee
    • Opleiding en ontwikkeling | Training and Development
    • Visuele kuns | Visual Art
    • SOF Junior
    • Dagprogram | Daily schedule
  • Suidoosterfees
    • Wie is ons? | Who are we?
  • Projekte | Projects
    • Spesiale projekte | Special Projects
    • Talentsoektog | Talent Search
    • Koorkompetisie | Choir Competition
    • NATi Jong Sterre | NATi Rising Stars
    • Hoërskool Dramafees | High School Drama Festival
    • New Voices
    • Opvoedkundige teater | Educational theatre
  • Feeshoogtepunte | Festival highlights
  • Borge | Sponsors
  • Nuus | News
  • Kontak ons | Contact us
    • Nuusbrief | Newsletter
  • Argief | Archive
Widgets
Close Menu

Mediavrystelling

Talentsoektog-semifinaal | Talent Search semi-final

Talentsoektog-semifinaal: Saterdag 15 Maart, V&A Waterfront

Kom ondersteun ons semifinaliste van die Suidoosterfees se Talentsoektogkompetisie, wat meeding in sang, dans, rymklets en skerpskets-komedie. Saterdag 15 Maart om 10:00 spook talentvolle kandidate van regoor die Wes-Kaap sake uit in die V&A Waterfront-amfiteater vir ’n plek in die finale ronde wat op 4 Mei tydens die Suidoosterfees plaasvind.

Die publiek kan die semifinaal op 15 Maart in Kaapstad gratis bywoon, en die kandidaat wat die meeste ondersteuning uit die gehoor ontvang, dring outomaties deur na die finaal. Die algehele wenner word tydens die finale ronde word op 4 Mei om 13:00 by die Suidoosterfees in Artscape aangekondig. Dié geleentheid is ook gratis vir die publiek.

In die dans-afdeling het die volgende deelnemers die semifinaal gehaal: Cara Anne Slabber, Lerato Mapfuno, Mieke Chrissie Carr, Shaela Heystek en Sorien Rossouw.

Belowende sangers wat deurgedring het is Chadwin Bagley, Chandré Matthee, Darryn Peterson, Frederico Fortuin, Kayla Pienaar, Liam Fredericks, Malakai Jooste, Nicole Chanel Hoofd-Simons, P.J. Durr, Saskia Dominique McDilling, Venessa Kraukamp en die sangpaar Izalde en Norihanna Sekoo.

Amateur-rymkletsers wat hul merk in die sang-kategorie gemaak het en as semifinaliste kwalifiseer is Ashton Rass, Bradwin Jonas, David Godfrey Collins, Jason Baartman, Manasse Gorgio Pienaar en Nashiefa Jappie.

Elizabeth Marais is die enigte kandidaat wat in die skerpskets-komedie-afdeling as semifinalis gekwalifiseer het.

Die algehele wenner, wat tydens die Suidoosterfees aangewys word, ontvang prysgeld van R10 000 en sal genooi word vir ’n gasverskyning in kykNET se gewilde sepie Suidooster. Die belowendste danser wat deelneem, kwalifiseer vir ’n beurs om vir ’n jaar te studeer aan Dance for All. Naaswenners kry ook kontantpryse.

Die Talentsoektog word ondersteun deur die ATKV, kykNET se Suidooster, Dance for All, die WKOD, en die Kaapse gemeenskapspublikasies City Vision, People’s Post en TygerBurger.

Semifinaliste van die Suidoosterfees se Talentsoektog wat Saterdag 15 Maart om 10:00 in die V&A Waterfront meeding vir ’n plek in die finale ronde. (Foto: Gary Naidoo)
Semifinaliste van die Suidoosterfees se Talentsoektog wat Saterdag 15 Maart om 10:00 in die V&A Waterfront meeding vir ’n plek in die finale ronde. (Foto: Gary Naidoo)

Talent Search semi-final: Saturday 15 March, V&A Waterfront

Come along to support the semi-finalists of our Talent Search competition competing in singing, dancing, rap, and stand-up comedy. These talented candidates from across the Western Cape will compete on 15 March at 10:00 at the V&A Waterfront Amphitheatre for a place in the final round, which will take place on 4 May during the Suidoosterfees.

The public is invited to attend the semifinals in Cape Town on 15 March for free, and the contestant who receives the most audience support will automatically advance to the finals. The final round will be held on 4 May at 13:00 at the Suidoosterfees in Artscape, where the winners will be announced. This event is also free to the public.

In the dance category, the following contestants have made it to the semi-finals: Cara Anne Slabber, Lerato Mapfuno, Mieke Chrissie Carr, Shaela Heystek, and Sorien Rossouw.

Promising singers who have advanced are Chadwin Bagley, Chandré Matthee, Darryn Peterson, Frederico Fortuin, Kayla Pienaar, Liam Fredericks, Malakai Jooste, Nicole Chanel Hoofd-Simons, PJ Durr, Saskia Dominique McDilling, Venessa Kraukamp, and singing duo Izalde and Norihanna Sekoo.

Aspiring rappers who qualified in the singing category as semi-finalists include Ashton Rass, Bradwin Jonas, David Godfrey Collins, Jason Baartman, Manasse Gorgio Pienaar, and Nashiefa Jappie.

Elizabeth Marais is the only candidate who qualified as a stand-up comedy semi-finalist.

The overall winner, to be announced at Suidoosterfees, will receive a cash prize of R10,000 and an invitation to make a guest appearance on kykNET’s popular soap opera, Suidooster. The most promising dancer will qualify for a one-year scholarship at Dance for All, while runners-up will also receive cash prizes.

The Talent Search is supported by ATKV, kykNET’s Suidooster, Dance for All, the WCED, and the Cape community publications City Vision, People’s Post, and TygerBurger.

Fiësta-bekronings vir Suidoosterfees | Fiësta awards for Suidoosterfees Gee ons jou terugvoering | Give us your feedback
Back To Top
  • 2025-program | 2025 programme
    • ATKV Jeugteater | ATKV Youth Theatre
    • Beeld en klank | Image and sound
    • Dans | Dance
    • Jakes Gerwel-gesprekke | Jakes Gerwel Discussions
    • Kinderteater | Children’s Theatre
    • Komedie | Comedy
    • Kort voor lank | Short and Sweet
    • Musiek | Music
    • NATi Jong Sterre | Rising Stars
    • NATi Teaterfees | Theatre Festival
    • Netwerk24-feeskafee
    • Opleiding en ontwikkeling | Training and Development
    • Visuele kuns | Visual Art
    • SOF Junior
    • Dagprogram | Daily schedule
  • Suidoosterfees
    • Wie is ons? | Who are we?
  • Projekte | Projects
    • Spesiale projekte | Special Projects
    • Talentsoektog | Talent Search
    • Koorkompetisie | Choir Competition
    • NATi Jong Sterre | NATi Rising Stars
    • Hoërskool Dramafees | High School Drama Festival
    • New Voices
    • Opvoedkundige teater | Educational theatre
  • Feeshoogtepunte | Festival highlights
  • Borge | Sponsors
  • Nuus | News
  • Kontak ons | Contact us
    • Nuusbrief | Newsletter
  • Argief | Archive
© Suidoosterfees 2025