6 November 2024
INRYTEATER | DRIVE-IN THEATRE
In 2020 moes die Suidoosterfees ingrypende aanpassings maak word om ’n feesgeleentheid wat veilig vir kunstenaars, feesgangers en alle betrokkenes is, saam te stel. Die volgende doelstellings het as boustene vir uitgestelde, alternatiewe feesaanbiedings gegeld:
In 2020 the Suidoosterfees had to make major adjustments to create a festival that was safe for artists, audiences and all involved. The following goals served as building blocks for postponed and alternative festival offerings:
- Fisiese byeenkomste moes binne die voorskrifte van nasionale regulasies plaasvind
- Optredes moes in regstreekse (“lewende”) formaat plaasvind
- Dit moes ’n platform bied vir jong én gevestigde kunstenaars
- Werk moes voorsien word aan kunstenaars, tegnici en verskaffers
- Gehalteproduksies moes as eenmalige, unieke aanbiedinge ervaar word
- Vermaak moes toeganklik en bekostigbaar wees
- Physical gatherings had to take place within national regulations
- Performances had to be in live format
- It had to provide a platform for both young and established artists
- Work had to be created for artists, technicians and suppliers
- Quality productions had to be experienced as one-off, unique offerings
- Entertainment had to be accessible and affordable
Om aan bogenoemde doelstellings te voldoen, is daar besluit om die Suidoosterfees in die formaat van die klassieke inryteater te laat herleef. Produksies is in ’n splinternuwe baadjie geklee sodat groter gehore vanuit die gemak en veiligheid van hul motors na aanbiedings op die verhoog én die silwerskerm kon kyk.
Weens die aard en omvang van die inryteaterkonsep is slegs musiek- en komedieproduksies aangebied. Met die uitbreek van die pandemie en die gevolglike uitstel van die 2020-Suidoosterfees het die direksie ingestem om ’n 50%-deposito as oorbruggingsbefondsing aan elke produksiegeselskap te betaal. Ontwikkelingsprojekte, wat die spilpunt van die fees is, is by formele aanbiedinge geïnkorporeer.
To meet the above goals, the festival decided to revive the format of the classic drive-in theatre. Productions were given a fresh new look so that larger audiences could watch shows, both on stage and on the big screen, from the comfort and safety of their cars.
Due to the nature and scale of the drive-in theatre concept, only music and comedy productions were presented. With the outbreak of the pandemic and the postponement of the 2020 Suidoosterfees, the board approved a 50% deposit as bridging funding to every production company. Development projects, which are central to the festival, were incorporated into the formal programme.
Veiligheidsmaatreëls
- Die dra van maskers was verpligtend
- Feesgangers se liggaamstemperature is gemeet en toetsing vir Covid-simptome is gedoen
- Sanitering het gereeld en deurlopend plaasgevind
- Veilige sosiale afstande is deurgaans gehandhaaf
- Feesgangers is beperk tot die veiligheid van hul motors
- Veiligheidsregulasies is gereeld afgekondig
Safety Measures
- Wearing of masks was compulsory
- Audience members’ temperatures were taken, and Covid symptom screening was done
- Sanitising took place regularly and continuously
- Safe social distancing was maintained throughout
- Audience members were restricted to the safety of their cars
- Safety regulations were regularly announced
Produksies | Productions
Die volgende produksies was op die Inryteater-program. | The following productions were on the Drive-in Theatre programme.
Francois van Coke en Early B
Ondersteun deur | Supported by Netwerk24
Met | With Francois van Coke, Richard Onraet & Early B
Klopse jol!
Ondersteun deur | Supported by SON
Met Loukmaan Adams, Emo Adams en die wenners van die Culture Shock-kompetisie (Maleierkoor en Klopsegroep), ondersteun deur ’n tienstuk Big Band |
With Loukmaan Adams, Emo Adams and the winners of the Culture Shock competition (Malay choir and Klopse group), backed by a ten-piece Big Band
Koortjies met Jonathan Rubain en vriende
Ondersteun deur | Supported by kykNET
Met Jonathan Rubain en die koortjies-orkes, Seuns van Sion, Micheala Andrews, David Jantjies, Marco Spaumer (Tim) en Theresa Sedras (Mrs J) van Suidooster |
With Jonathan Rubain and the gospel orchestra, Seuns van Sion, Micheala Andrews, David Jantjies, Marco Spaumer (Tim) and Theresa Sedras (Mrs J) from Suidooster
Lag my kla’
Ondersteun deur | Supported by SON & kykNET
Met Solomon Cupido, Rezah Forbes, Shimmy Isaacs, Schalk Bezuidenhout, Wayne McKay, Melt Sieberhagen, Alfred Adriaan en wenners van die Lag my kla’-kompetisie |
With Solomon Cupido, Rezah Forbes, Shimmy Isaacs, Schalk Bezuidenhout, Wayne McKay, Melt Sieberhagen, Alfred Adriaan and winners of the Lag my kla’ competition
Lottering on lockdown
Ondersteun deur | Supported by SON & kykNET
Met | With Marc Lottering
PJ Powers in konsert met die Tygerberg-kinderkoor
Ondersteun deur | Supported by Die Burger
Met PJ Powers en die Tygerberg-kinderkoor o.l.v. Karina Erasmus, ondersteun deur die PJ Powers band: Tigger Reunert (kitaar), Schalk Joubert (baskitaar), Rollins Mankge (klawers) en Kevin Gibson (dromme) | With PJ Powers and the Tygerberg Children’s Choir conducted by Karina Erasmus, supported by the PJ Powers band: Tigger Reunert (guitar), Schalk Joubert (bass guitar), Rollins Mankge (keyboard) and Kevin Gibson (drums)
The variety show that skriks vir niks
Ondersteun deur | Supported by DKES | DCAS, People’s Post & Tygerburger
Met | With Gary Naidoo, Riyaan Cornelius, Janine Cornelius & Cindy Gibbons
MUSIEKVIDEO’S | MUSIC VIDEOS
In 2020, toe Covid-19 die wêreld getref het, is ons almal in isolasie gedwing. Teaterdeure moes sluit en feeste is gekanselleer. Om werk vir kunstenaars te help verseker, het die Suidoosterfees verskeie projekte aangebied wat in isolasie geskep is, soos hierdie vier musiekvideo’s wat saam met Kaapstad se Musiekakademie vervaardig is.
In 2020, when Covid-19 overwhelmed the world, we were all forced into isolation. Theatre doors had to close and festivals were cancelled. To continue job creation for our artists, Suidoosterfees presented several projects that were created in isolation, such as these four music video productions with the Cape Town Music Academy.
Die weduwee se kruik
Lynelle Kenned, Luna Paige, Nicole Holm, Jawaahier Petersen, Cintaine Schutte, Babalwa Mentjies en Buhle Ngaba
A Child in a Faraway Land (Nelson Mandela Tribute)
Amanda Strydom, Frazer Barry, Lumanyano Mzi en Thandeka Dladla
World in Union
PJ Powers en die Tygerberg Kinderkoor
#TsekCorona! (Welcome to Cape Town)
Emo Adams, Loukmaan Adams, David Kramer, Schalk Joubert, Camillo Lombard, Donveno Prins en Tim Rankin
Hot Gates
Laurika Rauch en die Libertas-koor
’n Opname van Laurika Rauch en die Libertas-koor se uitvoering van “Hot Gates” is tydens die pandemie gedeel ter viering van Versoeningsdag 2020 tydens die inperking. Camillo Lombard was die musikale regisseur, en die video is vervaardig deur Black Hole Productions.
A recording of Laurika Rauch and the Libertas Choir’s performance of “Hot Gates” was shared during the pandemic to celebrate Freedom Day 2020 during lockdown. Camillo Lombard was the musical producer and the video was produced by Black Hole Productions.
