25 Mei 2026
Die Vrystaat Kunstefees vind vanjaar van 7 tot 11 Julie in Bloemfontein plaas. Vir feesgangers wat dan in die Rosestad is en wonder wat om te gaan kyk, maak die Suidoosterfees graag die volgende aanbevelings.
Besoek die Vrystaat Kunstefees se webwerf vir die volledige program en besprekingsbesonderhede.
Produksies wat Suidoosterfees help vervaardig het
Eugene
Foto: Jaco Marais
Eugene, gebaseer op Kirby van der Merwe se bekroonde roman, is ’n rou, poëtiese portret van ’n man tussen wêrelde: streetwise maar skynbaar middelklas, ’n flaneur, soeker en verlore seun wat werklik sien. Met Carlo Daniels, Lynette du Plessis en Kirby van der Merwe.
Bespreek hier.
Kinderlê
Foto: Gys Loubser
God wat gee, vat ook terug. Dié stuk ontbloot ’n minder bekende Noord-Kaapse geskiedenis – ’n verhaal oor ma-wees, geloof en letsels wat steeds oor Namakwaland lê. Met Miché van Wyk, Theodore Jantjies, Lynette du Plessis en Damian Jacobs.
’n Ko-produksie van die Stellenbosch Toyota Woordfees en Suidoosterfees, ondersteun deur NATi en Festival Enterprise Catalyst (FEC), in samewerking met die Jobs Fund.
Bespreek hier.
Eerste vir alles
Foto: Jaco Marais
Eeue nadat hulle uit die paradys gesmyt is, besin Adam en Eva oor die huwelik: dit was nie maklik om die proto-paartjie te wees nie, hoor? Alles moes vir die eerste keer uitgepluis word: liefde, kinders en huishou. Met Frank Opperman en Margit Meyer-Rödenbeck.
’n Ko-produksie van Suidoosterfees en Vrystaat Kunstefees, moontlik gemaak deur Het Jan Marais Nationale Fonds
Bespreek hier.
Lemoene, lemoene, lemoene, lemoene, lemoene
Foto: Charl Fölscher
In ’n Suid-Afrika waar mense net 140 woorde per dag mag gebruik, moet twee jong geliefdes leer om met stilte saam te leef en met woorde te baklei. Hoe sê jy “ek’s lief vir jou” as taal self gevaarlik geword het? Met Mienke Ehlers en Dean Smith.
’n KKNK- en Suidoosterfees-produksie, moontlik gemaak deur NATi en ondersteun deur Festival Enterprise Catalyst (FEC), in samewerking met die Jobs Fund.
Bespreek hier.
Vivaldi en die vondeling
Die uitsonderlike lewe van Anna Maria della Pietà
Foto: Gys Loubser
Anna Maria della Pietà was Venesië se wonderkind. Reeds op agt was sy ’n begaafde violis en komponis, en op twaalf die jongste eerste violis van die Ospedale della Pietà se kloosterorkes. Met Lynelle Kenned, Anton Esterhuyse en Sharon de Kock.
Ontwikkelingsbefondsing: Hessequa Harmonie, NATi, Toyota Stellenbosch Woordfees, Suidoosterfees & Vrystaat Kunstefees.
Bespreek hier.
Produksies wat by Suidoosterfees 2026 op die planke was
The Fool’s Guide
Foto: Andrew Buckland
Met die noukeurige gebruik van fisieke spel en Buckland se aanleg vir satiriese verbale tekste en vokale spel, verken die produksie hoe sosiale media – op selfone en, meer onlangs, vroeë weergawes van KI – die lewens van moderne mense beïnvloed. Met Andrew Buckland.
’n KKNK-produksie
Bespreek hier.
Hoort
Hierdie semi-outobiografiese kabaret laat jou lag, huil en met nuwe oë na jou eie verhaal kyk. Met Stephanie Baartman.
Bespreek hier.
Huis van sand
Foto: Nardus Engelbrecht
Huis van sand vertel van Babs en Sandy wat leef op die leftovers van hul verlede. Hul klein karavaan is ’n pondokpaleis vol geheime – hul eie sandkasteel. Met Tinarie van Wyk Loots, René Cloete, Kristen Raath en Jefferson J. Dirks-Korkee.
’n Toyota Stellenbosch Woordfees-produksie, ondersteun deur NATi
Bespreek hier.
Die ander dogter
Foto: Fiona MacPherson
’n Tienjarige dogter vind toevallig uit van ’n suster wat twee jaar voor haar geboorte oorlede is. Dié dogter was die Franse skrywer Annie Ernaux, wat in 2022 die Nobelprys vir Letterkunde ontvang het. Met Sandra Prinsloo.
’n Toyota Stellenbosch Woordfees-produksie
Bespreek hier.
CRYBABY
Foto: Gys Loubser
Crybaby is ’n absurde tragikomedie oor die tol van ’n geldgierige wêreld wat in duie stort. Terselfdertyd is dit ’n liefdesbrief aan mens se kinderjare en ’n skerp herinnering: grootword is nie kinderspeletjies nie. Met Frank Opperman, Nicole Holm, Wian Taljaard, René Cloete en Gantane Kusch
’n Feesteforum-produksie. Moontlik gemaak deur NATi, ondersteun deur die Festival Enterprise Catalyst (FEC), in samewerking met die Jobs Fund.
Bespreek hier.
Evita@90
Foto: Gys Loubser
Evita Bezuidenhout word 90 en bly Suid-Afrika se bekendste wit vrou. Met Pieter-Dirk Uys.
Bespreek hier.
Ouma en die ou koeie
Foto: Hans van der Veen
’n Halwe waarheid in die 50’s, word 50 jaar later ’n voldonge feit. ’n Wolhaarstorie word ge“blow”dry tot ’n manjifieke “beehive” en ’n besope “one-night stand” verander jare later in ’n pragtige, kortstondige romanse. Met Margit Meyer-Rodenbeck en Coenraad Rall.
Bespreek hier.
101 Remarkable South African Women
Foto: Hans van der Veen
101 Remarkable South African Women vier ons voormoeders en plaas ook die kollig op hedendaagse rolmodelle wat te dikwels uit die geskiedskrywing weggelaat word. Aanbieders: Lizette Rabe en Anena Burger.
Bespreek hier.
Aangebied deur Tafelberg.
