SOF Junior

Moontlik gemaak deur die Departement van Sport, Kuns en Kultuur; die Wes-Kaapse Departement van Kultuursake en Sport; Stad Kaapstad; Netwerk24; Die Burger; NATi; kykNET; die ATKV, Artscape, NB-Uitgewers, Penguin Random House en die AON

Welkom by SOF JUNIOR, die Suidoosterfees se program propvol opvoedkundige pret en vermaak vir kleuters, kinders, jongmense, ouers en onderwysers. Hierdie fees word vanjaar vir van 22 tot 26 April die eerste keer aangebied – in dieselfde jaar wat die groot fees mondig word.

Die program bestaan uit DRIE afdelings:

  • KLEIN SUIDOOSTERFEES

  • STORIERAK – aangebied deur NB-Uitgewers

  • DIS DUIDELIK! – aangebied deur Penguin Random House en die AON

Klein Suidoosterfees

OPERA BLOCKS

Vir 0 tot 5 jaar

Met Van Wyk Venter, Tylor Lamani, Julia Portela Piñon, Ernestine Stuurman, Lusibalwethu Sesanti en Albert Combrink (pianis)
Regie: Elisabeth Manduell
Taal: Afr, Eng
Venue: Opera Bar
Datum en tyd: 22 April 12:00 en 14:00, 23 en 24 April 10:00 en 14:00, 25 April 10:00 en 12:00
Tydsduur: 45 min
Prys: R110 vir kinders, R140 vir volwassenes

Kaapstad Opera se supergewilde Opera Blocks kom maak ’n draai by die SOF Junior-fees. Almal, klein en groot, van babas tot kleuters, en mammas en pappas ook, gaan mal wees oor dié pragtige produksie met lieflike musiek, oulike choreografie en visuele betowering. Hierdie kombinasie van musiek, liedjies en speletjies is die heel beste manier om kleintjies aan die wonder van klassieke musiek bekend te stel.

KIPPER’S UNDERGROUND ADVENTURE

Vir graad RR tot graad 3

’n Krazy Katz-produksie, in samewerking met Artscape en Oxford University Press SA
Met
Minke Marais, Liandé Valentyn, René Cloete, Robert Hindley, Eldon van der Merwe en Wian Taljaard
Teks:
Margit Meyer-Rödenbeck
Regie:
Marinda Engelbrecht
Choreografie:
Carlia Greyling
Klankontwerp en musiekregie:
Coenraad Rall
Beligtingsontwerp:
Nazeem Griebelaar
Dekor en kostuums:
Lara Rossouw en Elana-Marié Snyman
Taal: Eng
Venue: kykNET Teater
Datum en tyd: 22 April 10:00 en 11:30, 25 April 15:00
Tydsduur: 60 min
Prys: R80

Kipper en Wilma is altyd reg vir aksie, en dié keer sluit Kipper se ouma by hulle aan. As die towersleutel begin gloei, begin hul gevaarlike avontuur en hulle reis na die middel van die aarde se maag. Hulle loop vreemde karakters raak: Willie die reus, Dwiddel die dwerg, en ’n verspotte volstruis genaamd Elvis. Elvis soek na ’n diamant en sal enigiets doen om dit te vind. Gaan ons hulle kan red van gevaar? Die Vlooi-reeks is in 2022 met ’n Fleur du Cap bekroon vir beste kinderteater, en vanjaar is hulle vir nog ’n veer in die hoed benoem.

PAMPOENPIT SE GROEN GEVOEL

Vir graad RR tot graad 4

Met Anzio September, Margo Kotze en Miché van Wyk
Teks:
Bianca Flanders en Dean Balie
Regie:
Bianca Flanders
Taal: Afr
Venue: NATi Repteater
Datum en tyd: 24 April 10:00 en 12:00, 25 April 10:00, 26 April 10:00
Tydsduur: 45 min
Prys: R80

Pampoenpit sukkel bietjie met gevoelens van jaloesie nadat sy nie die skool se talentkompetisie gewen het nie. Maar sy is nie alleen nie. Ouma en Toots die kat is daar om haar by te staan wanneer sy besluit om die groen monster te konfronteer! ’n Mini-musiekblyspel met musiek, handpoppe en dans.

OP DIE KRUIN VAN SHÔDEVILLE

Vir graad 8 tot graad 12

’n Ko-produksie van Suidoosterfees en KKNK, ondersteun deur NATi

Met Kevin Smith, Reginald Hufkie en Donovan Pietersen
Teks: Herschelle Benjamin en Reginald Hufkie
Regie: Herschelle Benjamin
Musiek: Reginald Hufkie
Produksiebestuur: Reimagine Theatre Co.
Verhoogbestuur: Zander Naude
Taal: Afr
Venue: Zip Zap Dome
Datum en tyd: 26 April 15:30
Tydsduur: 70 min
Prys: R130

Geen 0/13 T

Marvin keer terug na sy tuisdorp, Schauderville, waar hy sy ou race walking coach, Uncle Smithie, opsoek. Sy jonger broer Malcolm is na al die jare steeds in die euwels van “Shôde” vasgevang. Hy en Uncle Smithie onthou die goeie ou dae van nasionale kampioenskappe en hoe sport vir hom deure oopgemaak het. Maar met elke geleentheid was daar opofferings …

POV: POINT OF VIEW

Vir graad 10 tot graad 12

Met Figure of 8 Dance Collective
Taal: Afr, Eng
Venue: Johann Brink Teater
Datum en tyd: 25 April 11:30, 26 April 13:00, 30 April 13:45, 1 Mei 10:45 
Tydsduur: 21 min
Prys: R21

In hierdie dansteater-aanbieding sentreer die gebeure om die dinamika van ’n skare. Nie net word die gesamentlike jubeling en warboel emosies van ’n groep mense bymekaar deur energieke beweging uitgebeeld nie, maar ook die onderliggende gevaar wat enige tyd kan ontplof in iets radikaal.

BALLROOM BOY

Aangebied deur die SBA
Met Carmen Maarman, Ayden Croy en Zinedine Manus
Teks: Christo Davis
Regie: Nolan Africa
Verhoogbestuur: Edson Hector
Sessiefasiliteerder: Lesley Thomas
Navorsing:
Sandra Prinsloo en Christo Davids
Vervaardiger: 
Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans
Taal: 
Afr
Venue: NATi Arena
Datum en tyd: 26 April 13:30 
Tydsduur: 45 min
Prys: Gratis

’n Ma en haar twee seuns word deur bendegeweld uitmekaar gedryf. Die kollig val op die uitdagings wat misdadigers in die gesig staar wanneer hulle ná hul vrylating weer deel van die samelewing probeer word. Hoe oorkom mens die gemeenskap se wanopvattings wat jou daarvan weerhou om ’n nuwe toekoms te betree? ’n Kort gespreksessie met die gehoor vind na die vertoning plaas.

KEN JY VIR DEWIE?

Vir graad 8 tot graad 12

’n Ko-produksie van Suidoosterfees, KKNK en Momentum Beleggings Aardklop, ondersteun deur NATi

Met Crystal Donna Roberts, Robert Hindley en Joshwin Dyson
Teks: Ilne Fourie
Regie: Margit Meyer-Rödenbeck
Tegnies en verhoogbestuur: Jeanne Steenkamp
Vervaardigers: Margit Meyer-Rödenbeck en Ilne Fourie
Taal: Afr
Venue: Die klaskamer
Datum en tyd: 24 April 11:00 en 18:00, 26 April 14:00 en 20:00
Tydsduur: 75 min
Prys: R130

Geen o/14 T

Dewie de Jager is ’n doodgewone ou, nie die tipe teen wie ma’s hul matriekdogters waarsku nie. Hy’s die ou wat skaam smile en dan wegkyk. Maar tussen alles deur hunker hy na aanvaarding. Om ’n legend te wees oor wie almal praat. Om oral te wees. Teen die klaskamermure. Op voorblaaie. Op Google Search. Om die saviour te wees van elke loser wat elke pouse moet keer vir sy wickets …

KLEIN NANA

Vir almal!

Ondersteun deur Stad Kaapstad, die Departement van Sport, Kuns en Kultuur, BASA, die Kantoor van die Verenigde Nasies se Hoëkommissaris vir Menseregte, die Raith Stigting en die Helen Suzman Stigting

Poppemeesters: Fried Wilsenach en studente van Dance for All
Tegnies:
Fried Wilsenach
Taal: Afr, Eng
Datum en tyd: Daagliks by fees
Prys: Gratis

Nana is 10 jaar oud, 4,5 meter hoog, en kom met haar driewiel al die pad uit Zimbabwe. Sy soek na haar ma wat weggeraak het in die deurmekaar proses van immigrasie. Kom ontmoet vir Nana op die feesterrein, gesels met haar, want as jy Nana lief kan hê, kan jy enigiemand verwelkom in jou moederstad. Met haar sterk boodskap teen diskriminasie en xenofobie, gaan Nana oud en jonk nuut laat dink oor dinge wat ons as Suid-Afrikaners raak. Om meer oor Nana se aktiwiteite uit te vind, besoek www.nana.africa (#standup4migrants).
Klein Nana (2)
NB - Storierak

STORIES VAN TOEKA TOT NOU

Vir graad R tot graad 3

Met Deidre Jantjies
Taal: Afr
Venue: Theatre Well
Datum en tyd: 23 April 13:00 tot 14:00
Prys: R50

Party stories is baie ouer as wat ons dink! Deidre Jantjies se Stories in die wind vertel vir ons volksverhale van die Nama-mense en lê klem op die natuur en orale storievertelling. ’n Bundel vol unieke verhale met hulle oorsprong in die pragtige, ongerepte deel van ons land. Dit is eg Suid-Afrikaans.

AVONTUUR SKRIK VIR NIKS

Vir graad 3 tot graad 6

Met Francois Bloemhof, Leon-Ben Lamprecht en Heléne de Clercq
Taal: Afr
Venue: Zip Zap Dome
Datum en tyd: 24 April 13:30 tot 14:30
Prys: R50

Hoe gril ek nou is ’n versameling van stories deur die twee GRIL-meesterskrywers. Maar moenie te bang raak nie, want dis die tipe gril wat jou tone laat krul en jou die bladsy wil laat draai. Heléne de Clercq kan jou ’n ding of wat hiervan vertel. Haar Die emmerskoplys lyk aanvanklik na ’n saai storie oor ’n voorspelbare skoolvakansie, maar verander binne ’n oogwink in ’n aksiebelaaide avontuur propvol humoristiese oomblikke. Leon-Ben Lamprecht vaar weer die sprokieswêreld in, en in Die Feetjie-Polisiediens gaan die feetjies op drie avonture om klomp misdade op te los!

GROOTWORD IS NIE VIR SISSIES NIE

Vir graad 6 tot graad 10

Met William Oosthuisen en Troula Goosen
Taal: Afr
Venue: Zip Zap Dome
Datum en tyd: 24 April 15:00 tot 16:00
Prys: R50

Wim Vermaak maak ’n plan gaan oor arme Wim Vermaak. Vir hom is graad tien nes graad nege, maar op steroids. Daar is ’n hele klomp struikelblokke wanneer mens tiener word, maar dit beteken nie dit kan nie skreeusnaaks wees nie. Troula Goosen se Die Sproetebessies en die skedel in die spookmis gaan oor drie meisies in dieselfde bootjie. Daar is onvoorspelbare kinkels, fantasie en avontuur, en ’n skeutjie romanse.

VIR OUER LESERS

Vir graad 8 tot graad 12

Met Katherine Graham, Joha van Dyk, Elrien Scheepers en Fiona van Kerwel
Taal: Afr
Venue: ATKV-Innovasiespasie
Datum en tyd: 25 April 13:30 tot 14:30
Prys: R50

Reën vir Stofvlei deur Katherine Graham is ’n pragtige verhaal oor familie, kontrei en die natuur, en oor hoe mens skoonheid en liefde op die mees onverwagse plekke kan vind. Elrien Scheepers se wetenskapfiksie-storie speel in ’n soortgelyke landskap af. Waar jakkalse huil is ’n spanningsverhaal van verset, oorlewing en oorwinning. Joha van Dyk se Kanniedood bekyk alles wat baie jongmense vandag in die gesig staar, maar op ’n ingrypende manier: geestesgesondheid, vriendskap, familie, konflik, bendekultuur en boelies. Fiona van Kerwel is die samesteller van Leë blikkies vol liefde, ’n kortverhaalbundel met stories wat oor die breë Afrikaanse landskap aanklank sal vind, by leerders sowel as onderwysers.

DRAMA EN STORIES

Vir graad 10 tot 12 en onderwysers

Met Tanya Viviers en Deidre Jantjies
Taal: Afr
Venue: ATKV-Innovasiespasie
Datum en tyd: 25 April 15:00 tot 16:00
Prys: Gratis, maar bespreek deur Webtickets

Om teen treine te skree is ’n dramabundel wat deur Tanya Viviers saamgestel is. Dit bevat elf nuutgeskrewe dramas met temas soos tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes hul eie identiteit te vind. Deidre Jantjies se Stories in die wind vertel vir ons volksverhale van die Nama-mense en lê klem op die natuur en orale storievertelling.

STORIERAK VIR DIE JONGSPAN

Vir 0 tot 6-jariges

Met Paula Fourie
Taal: Afr, Eng
Venue: Theatre Well
Datum en tyd: 26 April 12:30 tot 13:30
Prys: R50

Die hond met die stert sonder swaai gaan oor Jakkals wat een oggend wakker word met ’n stert wat nie wil swaai nie. Is sy dalk siek? Kan ’n hond se stert sommer skielik breek? Haar huismense is bekommerd, maar dis Lolliepop, Jakkals se beste maat, wat kan raai wat fout is. Hulle twee swem mos graag in die dam, waar Jakkals duik en rol soos ’n wafferse walvis. Al wat Jakkals nodig het om beter te word, is iemand wat verstaan, soos Lolliepop!
NB - Storierak op die verhoog

WOORDEDIEF

Vir graad RR tot graad 5

Moontlik gemaak deur NB-Uitgewers
Met Minke Marais, Wian Taljaard, Kerscha Titus en Eldon van der Merwe
Teks en regie: Margit Meyer-Rödenbeck
Lirieke: Margit Meyer-Rödenbeck en Luca Human
Musiekregie, verwerking en klankontwerp: Coenraad Rall
Choreografie: Carlia Greyling
Stelontwerp: Gerrit Snyman
Kostuums: Mariska Meyer
Taal: Afr
Venue: kykNET Teater
Datum en tyd: 23 April 10:00 en 11:30, 24 April 15:00, 26 April 09:30 en 11:00
Tydsduur: 50 min
Prys: R80

Woordedief is ’n stoute kalant wat jaloers is op almal wat kan lees. Hy probeer woorde, stories, letters, sinne en sommer enige los gedagtes steel. Natuurlik tot groot ontsteltenis van kinders wat graag wil leer lees en spel en skryf. En graag die stories wil hoor uit NB-Uitgewers se voorgeskrewe boekies vir jong lesers. Maats, julle sal moet help keer dat Pol Pou, Robbie Robot en Zietie by nie in Woordedief se sak beland nie.

BRAAM EN DIE ENGEL

Vir graad 1 tot graad 12

’n Momentum Beleggings Aardklop-produksie in samewerking met die KKNK en die Feesteforum, moontlik gemaak deur NATi en AK21; speelvak ondersteun deur NATi en Het Jan Marais Nationale Fonds

Met Joanie Combrink, De Klerk Oelofse, Rehane Abrahams, Marelize Viljoen, Timothy Isaacs en Shaun Oelf
Teks: Marietjie de Jongh
Verwerking: Kanya Viljoen
Regie: Nico Scheepers
Assistent-regisseur: Grant van Ster
Tegniese versorging, kostuums, stel- en beligtingsontwerp: Nico Scheepers en Nell van der Merwe
Musiek: Franco Prinsloo
Verhoogbestuurder:
Nell van der Merwe
Assistent-verhoogbestuurder: 
Sohail Booise
Taal: 
Afr
Venue: kykNET Teater
Datum en tyd: 24 April 11:30
Tydsduur: 70 min
Prys: R130

In dié storie oor die krag van vriendskap, verbeelding en hoop word ’n engel gestuur om te keer dat die inwoners van Wale van ellende vergaan. In Wale ontmoet die engel vir Braam en saam vertrek hulle op ’n reis wat hulle deur talle dorpe met verskillende uitdagings neem. In 2023 benoem vir vier Woordtrofees en vyf Fiëstas.

ROEM: DIE MUSIEKBLYSPEL

Vir graad 8 tot 12

’n KKNK-produksie, moontlik gemaak deur NATi en ondersteun deur Homebrew Films en Netwerk24

Met Anrich Herbst, Eldon van der Merwe, Daneel van der Walt, Nelandi Boshoff, Ryan Truter en Blake Hellaby
Teks: Deon Meyer
Musiek en musiekregie: Coenie de Villiers
Regie: Nicole Holm
Ontwerp: Stefan Benadé
Verhoogbestuur: Jeanne Steenkamp
Produksiebestuur: Jaco van Rensburg
Vervaardigers: KKNK in samewerking met Coenie de Villiers en Deon Meyer
Taal: Afr
Venue: kykNET Teater
Datum en tyd: 25 April 11:30
Tydsduur: 90 min
Prys: R130

Dis ’n storie oor die kollig,
dis ’n storie oor groot roem.
Patrys wil dit hê.
Haar pa wil dit verdoem.

Deon Meyer en Coenie de Villiers keer ná hul sensasionele Karoo Suite-vertonings terug met ’n volskaalse musiekblyspel wat die verhaal van ’n man en sy musiek – en die hersenskim van roem – vertel, soos net hierdie twee meesters kan.

SWART WYN

Vir graad 10 tot graad 12

’n Ko-produksie van Suidoosterfees en Aan Zee Theaterproducties, moontlik gemaak deur NATi en Het Jan Marais Nationale Fonds

Met Denise Jannah, Yolanda Ntanyana, Pierre van Heerden, Johan Falck, Frazer Barry, Deniel Barry, Charlton Davids en studente van Dance for All
Teks en regie: Martine Zeeman
Poësie: Diana Ferrus
Navorsing: Menko Wiersema
Met dank aan Tico Koopmans, Nationale Archief en Die Swart wyn-vrouekomitee onder leiding van Verna Stuurman
Taal: Afr, Eng
Venue: Zip Zap Dome
Datum en tyd: 23 April 15:00, 25 April 11:00
Tydsduur: 100 min
Prys: R130

Die verhaal van twee Suid-Afrikaanse vroue wat losbreek uit die bande van armoede, onderdrukking en geweld. Hulle maak hul lewensdrome waar deur die Bolandse wingerde te laat blom. Sybil, ’n suksesvolle wynmaker in 2024, vind inspirasie in die 17de-eeuse historiese figuur, Zwarte Maria Evert, die eerste swart vrou wat ’n druiweplaas besit en wyn geproduseer het.
Lapa - Dis DUIDELIK

KUIER SAAM: STORIES, LAG EN PRET VIR KLEINGOED!

Vir graad RR tot graad 3

Met Zuleka Smith, Felicia Snyman-Du Toit en Makhosazana De Wette Dludla
Taal: Afr, Eng
Venue: Operahuis
Datum en tyd: 22 April 09:30 tot 11:00
Prys: R50

Klein maatjies, julle word almal uitgenooi na storietyd! Zuleka Smith gaan vir julle vertel hoekom Ben so bang was vir die groot toets. Felicia Snyman-Du Toit gaan gesels oor Adelie en Riley en die grillerige ding in die swembad. Makhosazana De Wette Dludla sal vir seker sorg vir breë glimlaggies met haar kleurvolle prenteboek It’s wonderful me! Bring julle oulike gesiggies, en luister en speel saam!

STORIES VIR ALMAL!

Vir graad 4 tot graad 5

Met Anzil Kulsen, Wendy Maartens, André Trantraal en Verushka Louw
Taal: Afr, Eng
Venue: Operahuis
Datum en tyd: 23 April 09:30 tot 11:00
Prys: R50

In hierdie sessies hoor leerders van allerlei opwindende avonture – van Keegan en Samier se raaisels tot Warren en Kyla se karatekakamp. Verken die wonderlike wêreld van die San-mense. Leerders sal betower word deur die stories en illustrasies in hierdie pragtige boeke. Maak julle reg om op ’n groot leesavontuur te gaan!

SPANNING EN SPEURDERS

Vir graad 6 en 7

Met Nerine Ahlers, Anzil Kulsen en Lori-Ann Preston
Taal: Afr, Eng
Venue: Operahuis
Datum en tyd: 24 April 09:30 tot 11:00
Prys: R50

Kom luister na die drie skrywers se stories oor ontvoerings, verdwynings, spioene, speurders en selfs ’n ruimte-ekskursie in ’n sessie propvol avontuur. Leer meer oor boeke soos Teiken in Parys; Die verdwyning van Seamus Smit deur Seamus Smit; Ragab, ’n Bybelverhaal; Thabo the space dude; Slooths en meer!

SIEN JY KANS VIR GEVAARLIKE AVONTURE?

Vir graad 8 en 9

Met Eldridge Jason, Nerine Ahlers en Sally Partridge
Taal: Afr, Eng
Venue: Operahuis
Datum en tyd: 25 April 09:30 tot 11:00
Prys: R50

In Gerook moet jy ’n tiksindikaat trotseer. In Een dag in Julie loop Matt weg van die huis af omdat sy stiefma hom so terroriseer, en dit word ’n laaang dag in Julie. In The witches of Hogsback gaan Zelda op ’n skoolstaptoer Hogsback toe en word gekonfronteer met ’n moord en die plaaslike tienerhekse.

DUIDELIK-ONDERWYSERSFEES

Aangebied deur Penguin Random House en die AON

BIBLIOTEEKDAG

Bederfmiddag vir Afrikaanse en Engelse bibliotekarisse van laerskole, hoërskole en openbare biblioteke

Met 20 skrywers van Afrikaanse en Engelse kinder- en jeugboeke
Taal: Afr, Eng
Venue: ATKV-Innovasiespasie
Datum en tyd: 23 April 17:00 tot 18:30
Prys: Gratis, maar bespreek deur Webtickets

Bring ’n middag deur in die opwindende geselskap van boeke, uitgewers en skrywers, en kom luister wat almal oor hul boeke en genres te sê het. Aan die woord is Antjie Krog, Zuléka Smith, Felicia Snyman-Du Toit, Makhosazana De Wette Dludla, Wendy Maartens, Anzil Kulsen, Eldridge Jason, André Trantraal, Veruschka Louw, Nerine Ahlers, Lori-Ann Preston, Hannes Barnard, An-Mari do Carmo, Peti Troski, Philip de Vos, Jacolet van den Berg, Nanette van Rooyen, Melanie Tait, Annelie Ferreira en Noreen Nolte.

TOEGERUS VIR LEES

Opleiding vir graad R- tot graad 6-onderwysers en ouers

Met Wilna van Rooyen, die AON se VKO-kenner
Taal: Afr, Eng
Venue: NATi Repteater
Datum en tyd: 24 April 15:30 tot 17:00
Prys: Gratis, maar bespreek deur Webtickets

Om van lees ’n vreugde te maak, moet ’n mens toegerus word om nie net te kan lees nie, maar om met begrip te lees. Wilna van Rooyen het die beste raad oor hoe om kinders te help ontwikkel om nie net gemaklik te kan lees nie, maar ook om verlief te raak op lees!

ALLES VISUEEL, VINDINGRYK EN VERNUFTIG VIR VRAESTELLE

Opleiding vir graad 7- tot graad 12- Afrikaans-onderwysers

Met Marieta Nel, Karin Tomlinson en Kathie Viljoen
Taal: Afr
Venue: ATKV-Innovasiespasie
Datum en tyd: 24 April 15:30 tot 17:00
Prys: Gratis, maar bespreek deur Webtickets

Vraestel saamstel is altyd ’n bietjie van ’n kopkrap. Goeie Afrikaanse tekste is yl gesaai, en as dit kom by visuele geletterdheid en kritiese taalbewustheid, word die kopkrap nog erger. Die ervare Marieta Nel, Karin Tomlinson en Kathie Viljoen gaan jou help om die kopkrap vir vraestelle minder en sommer baie lekker te maak.
SOF Junior