
Agulhasvlakte
Ondersteun deur NATi, Het Jan Marais Nationale Fonds en NAC
Vervaardiger: Kanya Viljoen en Herschelle Benjamin, in samewerking met Vukallective
Met Kay Smith, René Cloete en Wilhelm van der Walt
Teks: Herschelle Benjamin
Regie: Kanya Viljoen
Verhoogbestuurder: Kyra-Lee Alberts
Ontwerp: Neil van der Merwe en Kanya Viljoen
Taal: Afr
Geen o16 G, S, T
Venue: kykNET Teater
Datum en tyd: 29 April 19:00, 30 April 14:30
Tydsduur: 70 min
Prys: R125
Milly, ’n bloemis, veg teen die skade wat die biodiversiteit van Agulhasvlakte, haar geboortegrond, bedreig. Haar suster Amy, ’n sosialemedia-ster vol wêreldwysheid van ’n tipiese stadsbewoner, daag by haar op. Amy is nie wel nie – in haar strewe na sukses het sy haarself verloor en is gediagnoseer met ’n geestesongesteldheid. ’n Aangrypende verhaal oor twee susters wat ’n stryd voer met kwessies wat hedendaagse jong mense in die gesig staar, naamlik om hul identiteit binne hul omgewing, familie en die moderne wêreld te vind.
Agulhasvlakte
Supported by NAC, NATi and Het Jan Marais Nationale Fonds
Producer: Kanya Viljoen and Herschelle Benjamin, in collaboration with Vukallective
With Kay Smith, René Cloete and Wilhelm van der Walt
Writer: Herschelle Benjamin
Director: Kanya Viljoen
Stage manager: Kyra-Lee Alberts
Design: Neil van der Merwe and Kanya Viljoen
Language: Afr
No u/16 V, S, L
Venue: kykNET Theatre
Date and time: 29 April 19:00, 30 April 14:30
Duration: 70 min
Price: R125
Milly, a florist, battles her entire life against elements that threaten the biodiversity of Agulhasvlakte, her birthplace. Her sister Amy, a dynamic social media star and typical city dweller, arrives unexpectedly. Amy is not well. She is losing herself in her incessant pursuit of success and was diagnosed with a mental illness. A moving story about two sisters who struggle with issues facing young people today: finding their true identity within their environment, family and the modern world.
Bientang: bloedspoor/!nau
Ondersteun deur NIHSS, NATi en Het Jan Marais Nasionale Fonds
Vervaardiger: Attakwa-produksies
Met Charlton George, Deniel Barry, Frazer Barry en Jolyn Phillips
Teks: Jolyn Phillips
Regie: Amelda Brand
Musiekregisseur: Frazer Barry
Musiek: Frazer Barry en Jolyn Phillips
Ontwerp: Maia Lehr-Sacks
Beligtingsontwerp: Bennie Arendse
Choreografie: Kayla van der Merwe
Produksie- en verhoogbestuur: Amber Fox-Martin
Assistent-verhoogbestuurder: Lulu Kieser
Taal: Afr
Ouerbegeleiding
Venue: Zip Zap Dome
Datum en tyd: 30 April 10:00, 1 Mei 13:00
Tydsduur: 70 min
Prys: R125
Die produksie is ’n verwerking van die bekroonde digter Jolyn Phillips se digbundel, Bientang. Dit kyk na die legende van ’n vrou, Bientang, wat in Hermanus in ’n grot gewoon het. Haar geskrewe geskiedenis word op die agterkant van ’n plaaslike restaurant-spyskaart saamgevat as “Die laaste strandloper”. Die vertellers verken en gebruik deurlopend verskillende elemente van storievertel en musiek. Dié produksie ondersoek die medewete van historiese en kontemporêre inheemswees: Hoe word ’n mens ’n laaste?
Bientang: bloedspoor/!nau
Supported by NIHSS, NATi and Het Jan Marais Nasionale Fonds
Producer: Attakwa Productions
With Charlton George, Deniel Barry, Frazer Barry and Jolyn Phillips
Writer: Jolyn Phillips
Director: Amelda Brand
Music director: Frazer Barry
Music: Frazer Barry and Jolyn Phillips
Design: Maia Lehr-Sacks
Lighting design: Bennie Arendse
Choreography: Kayla van der Merwe
Production and stage manager: Amber Fox-Martin
Assistant stage manager: Lulu Kieser
Language: Afr
Parental guidance
Venue: Zip Zap Dome
Date and time: 30 April 10:00, 1 May 13:00
Duration: 70 min
Price: R125
Bientang: bloedspoor/!nau is an adaptation of Jolyn Phillips’ award-winning poetry collection, Bientang. The production looks at the legend of a woman, Bientang, who lived in a cave in Hermanus. Her written history is summarised on the back of a local restaurant menu as “the Strandloper”. The collective explores and uses different elements of poetry, storytelling and music. The production examines knowledge of historical – and contemporary – indigenousness: How does a human being become the last of their kind?
Die halwe huis
Ondersteun deur NATi, die LW Hiemstra Trust en Het Jan Marais Nationale Fonds
Vervaardiger: Bossikop-produksies en KKNK
Met Marlo Minnaar
Teks: Ricardo Arendse
Regie: Lee-Ann van Rooi
Musiek: Leslie Javan
Taal: Afr
Geen o/16 S, G, T
Venue: kykNET Teater
Datum en tyd: 29 April 15:30, 1 Mei 20:30
Tydsduur: 90 min
Prys: R125
In dié eenmanstuk neem Bumper Jansen jou op ’n reis deur sy kinderjare op Oudtshoorn en die Kaapse Vlakte, en sy grootmensdae in Johannesburg. Bumper besin oor onderwerpe soos liefde, verwerping en die wêreld se verwagtinge. En hy probeer die antwoord vind op dié belangrike vraag: Wat dryf ’n man wat besig is om ’n pad vir homself oop te skryf en op die punt is om ’n groot deurbraak te maak, tot selfmoord?
Die halwe huis
Supported by NATi, the LW Hiemstra Trust and Het Jan Marais Nationale Fonds
Producer: Bossikop Productions and KKNK
With Marlo Minnaar
Writer: Ricardo Arendse
Director: Lee-Ann van Rooi
Music: Leslie Javan
Language: Afr
No u/16 S, V, L
Venue: kykNET Theatre
Date and time: 29 April 15:30, 1 May 20:30
Duration: 90 min
Price: R125
Today is the day Bumper will make an end to it all. His blade is sharp and he did thorough research on how to cut himself properly. But before he will gut his wrists, he wants to tell his side of the story. In this one man show, script-writer Bumper Jansen takes us on a journey through his childhood in Oudtshoorn, his teenage years on the Cape Flats and his adult life in Johannesburg. He invites us into the home of his grandma Bettie, and introduces us to his grandpa Kerneels, the brown man who looks like a white man and hates black people. He also tells us about his father who keeps Bumper’s mom under the rule of the fist.
Die oerkluts kwyt
Ondersteun deur NATi, die LW Hiemstra Trust en Het Jan Marais Nationale Fonds
Vervaardig deur KKNK, Suidoosterfees en Aardklop
Met Antoinette Kellermann en die Ancient Voices
Teks: Antjie Krog
Regie en samestelling: Frieda van den Heever
Produksiebestuurder: Anna Davel
Taal: Afr
Venue: kykNET Teater
Datum en tyd: 29 April 11:00, 1 Mei 14:00
Tydsduur: 70 min
Prys: R125
Antjie Krog en Antoinette Kellermann, wyd bemind en veel bekroond in die skryf- en teaterwêreld, word in 2022 albei 70. Kom vier dié dubbele mylpaal saam met ons en luister hoe Antoinette Antjie se onsterflike woorde, deurdrenk in eerlikheid, erns, ironie, genade, liefde en al die hot flushes en cold turkeys tussenin, vertolk. Dié spesiale produksie gaan jou ontvlerkd op jou voete laat.
Die oerkluts kwyt
Supported by NATi, the LW Hiemstra Trust and Het Jan Marais Nationale Fonds
Produced by KKNK, Suidoosterfees and Aardklop
With Antoinette Kellermann and the Ancient Voices
Writer: Antjie Krog
Directed and compiled by: Frieda van den Heever Production manager: Anna Davel
Language: Afr
Venue: kykNET Theatre
Date and time: 29 April 11:00, 1 May 14:00
Duration: 70 min
Price: R125
Antjie Krog and Antoinette Kellermann, icons in the worlds of literature and theatre, both turn 70 in 2022. Join us in celebrating this double milestone with Antoinette performing Antjie’s immortal words, imbued with honesty, sincerity, irony, grace, love and hot flushes and cold turkeys in between. This special production will stay with you for the rest of your life.
Dis 20:15
Met Waldemar Schultz en Brendon Daniels
Teks: Ferdinand Bekker
Regie: Gaerin Hauptfleisch
Taal: Afr
Venue: kykNET Teater
Tydsduur: 65 min
Datum en tyd: 28 April 19:00, 30 April 20:30
Prys: R125
Kwart oor agt die aand. Dis tyd. Pieter en Francois beplan ’n bankroof. Hulle is nie politici nie, so hulle weet nie waar om te begin nie. Pieter konsulteer ’n óú skelm om te help – nie die plaaslike raadslid nie, maar Billy van Cash Invaders. Gaan hul planne slaag? Wat dryf wetsgehoorsame mans om amateur-bankrowers te word? Dié geheim ontrafel tydens ’n komiese reis deur die lewens van Pieter en Francois – eens hardwerkende steunpilare, maar nóú misdadigers.
Dis 20:15
With Waldemar Schultz and Brendon Daniels
Writer: Ferdinand Bekker
Director: Gaerin Hauptfleisch
Language: Afr
Venue: kykNET Theatre
Date and time: 28 April 19:00, 30 April 20:30
Duration: 65 min
Price: R125
Quarter past eight in the evening. It’s time. Pieter and Francois are planning a bank robbery. As they are not politicians, they don’t exactly know where to start. Pieter confabulates with an old crook to help – not a local councillor, but Billy from Cash Invaders. Will their plans succeed? What drives law-abiding men to become amateur bank robbers? Answers to these questions emerge during a farcical journey through the lives of Pieter and Francois – once diligent pillars of society; now mere criminals.
Ek wens, ek wens
Ondersteun deur NATi, Aardklop en die LW Hiemstra Trust
Vervaardigers: Alexa Strachan en Anna Davel
Met Frank Opperman
Teks: Philip Radeymeyer. na die roman van Zirk van den Berg
Regie: Philip Rademeyer
Verhoogbestuurder: Jeanne Steenkamp
Taal: Afr
Ouerbegeleiding
Venue: kykNET Teater
Datum en tyd: 28 April 13:00, 30 April 17:30
Tydsduur: 80 min
Prys: R125
As lykbesorger by White Lily Funerals het Seb al talle liggame gebalsem, organe teruggepak in lyfholtes, bene gekonnekteer en wasbleek gesigte vir ’n laaste besigtiging grimeer. ’n Mens doen jou werk; dit help tog nie om vir ander goed te wens nie, of hoe? Nietemin wens Seb af en toe vir die een of ander ingryping wat hom sal losruk uit sy saai bestaan. Nie net by die werk nie, maar ook tuis waar hy, sy vrou en tienerkinders verby mekaar leef. Eendag, toe die sterwende seuntjie en sy ma by die ondernemers instap, begin Seb tog in wense glo …
Ek wens, ek wens
Supported by NATi, Aardklop and the LW Hiemstra Trust
Producers: Alexa Strachan and Anna Davel
With Frank Opperman
Writer: Philip Rademeyer, to the novel of Zirk van den Berg
Director: Philip Rademeyer
Stage manager: Jeanne Steenkamp
Language: Afr
Parental guidance
Venue: kykNET Theatre
Date and time: 28 April 13:00, 30 April 17:30
Duration: 80 min
Price: R125
Seb, an undertaker at White Lily Funerals, has embalmed countless corpses, putting back organs into cavities, re-joining fractured bones and applying make-up to many a pale face before a final viewing. One has to do once’s job; after all, what’s the use of wishing for an alternative reality? Nonetheless, every once in a while Seb wishes for an intervention that will pluck him from his tedious life. Not only in the parlour, but also at home, where his wife and kids stick to their own affairs. But on one particular day, when a mother and her terminally ill son walk into the funeral house, Seb starts believing that wishes may come true after all …
Koeksusters
Met Christian Bennett, Dean Smith en Gantane Kusch
Teks: Justin Redelinghuys
Regie: Maurice Paige
Taal: Afr
Venue: Zip Zap Dome
Datum en tyd: 28 April 20:30, 1 Mei 11:00
Tydsduur: 60 min
Prys: R125
Dié komedie-drama is geïnspireer deur die pandemie van geslagsgebaseerde geweld wat Suid-Afrika aanhou teister. Ontmoet drie bruin vroue van die Kaapse Vlakte: Betty, Brenda en Bieba. Betty moet haar eie ideale opsyskuif om haar gesin te versorg, Brenda sukkel om te aanvaar dat sy aantreklik is en loop deur onder verbale geweld, en Bieba se seun rand haar aan. Koeksusters se boodskap aan vroue in ons land is ondubbelsinnig: Staan saam, al gebeur wat, sodat die skande van geweld waaraan ons moeders, susters en dogters onderworpe is, tot ’n einde kan kom.
Koeksusters
With Christian Bennett, Dean Smith and Gantane Kusch
Writer: Justin Redelinghuys
Director: Maurice Paige
Language: Afr
Venue: Zip Zap Dome
Date and time: 28 April 20:30, 1 May 11:00
Duration: 60 min
Price: R125
This dramatic comedy is inspired by the gender-based violence scourging South Africa. Meet three Coloured women from the Cape Flats: Betty, Brenda and Bieba. Betty must sacrifice her own dreams to take care of her family, Brenda struggles to accept that she is beautiful, and is constantly subjected to verbal abuse, while Bieba’s son assaults her regularly. Koeksusters has a strong message to women in our country: Stand together as one, no matter what you have to endure, and let us stop men from terrorising our mothers, sisters and daughters.
Mutton Hour
Ondersteun deur NATi
Met De Klerk Oelofse en Cintaine Schutte
Teks: Dean Balie, Jemma Kahn, De Klerk Oelofse en Cintaine Schutte
Regie: Gideon Lombard
Taal: Afr, Eng
Geen o/16, T
Venues:
ATKV Innovasiespasie: 27 April 20:30
kykNET Teatertrappe: 28 April 20:30
Zip Zap Dome: 29 April 20:30
NATi Repteater: 30 April 20:30
Zip Zap Dome: 1 Mei 17:30
Tydsduur: 60 min
Prys: R125
In Mutton Hour bring van ons voorste teaterlui kort stories oor liefde, verlies, hansworse en katte na die verhoog – lekker lawwe verhale vol humor, musiek en kamishibai, die Japannese tegniek van geïllustreerde storievertelling. Dié produksie sal jou ná twee jaar van pandemie-grendeltye weer van voor af lief maak vir die teater!
Mutton Hour
Supported by NATi
With De Klerk Oelofse and Cintaine Schutte
Writers: Dean Balie, Jemma Kahn, De Klerk Oelofse and Cintaine Schutte
Director: Gideon Lombard
Language: Afr, Eng
No u/16, L
Venues:
ATKV Innovation Lounge: 27 April 20:30
Theatre steps: 28 April 20:30
Zip Zap Dome: 29 April 20:30
NATi Rep Theatre: 30 April 20:30
Zip Zap Dome: 1 May 17:30
Duration: 60 min
Price: R125
In Mutton Hour some of South Africa’s best theatre talent will perform brief stories of love, loss, clowns and cats – heartfelt tales filled with humour, musical interludes and kamishibai (Japanese illustrated storytelling). After two years of pandemic lockdowns, this show will make you fall in love with theatre all over again!
Opdrifsel
Ondersteun deur NATi, die LW Hiemstra Trust, Het Jan Marais Nationale Fonds en AK21
Vervaardiger: Kunste Onbeperk
Met Brendon Daniels en Tinarie van Wyk Loots
Teks en regie: Philip Rademeyer
Verhoogbestuur: Andi Colombo
Stel- en beligtingsontwerp: Juanita Ferreira
Taal: Afr
Geen o/16 T, S
Venue: kykNET Teater
Datum en tyd: 30 April 11:30, 1 Mei 11:00
Tydsduur: 80 min
Prys: R125
Mara en Bernard verloor hul tienerseun, Dylan, en daarmee saam hul idee van familie, van ‘ons’. Hulle rou op verskillende maniere en sukkel om mekaar te ondersteun. Daar is baie vrae, maar geen antwoorde nie. Verwyte, woede, beskuldigings en toe deure kenmerk hul smart tydens die eerste Kersfees sonder Dylan. ’n Aangrypende storie oor mense wat hulleself én mekaar in die donkerte van rou verloor – en weer moet vind.
Opdrifsel
Supported by NATi, the LW Hiemstra Trust, Het Jan Marais Nationale Fonds and AK21
Producer: Kunste Onbeperk
With Brendon Daniels and Tinarie van Wyk Loots
Writer and director: Philip Rademeyer
Stage manager: Andi Colombo
Set and lighting designer: Juanita Ferreira
Language: Afr
No u/16 S, L
Venue: kykNET Theatre
Date and time: 30 April 11:30, 1 May 11:00
Duration: 80 min
Price: R125
When Mara and Bernard’s teenage son Dylan passes away, their notion of ‘family’ and ‘us’ is shattered. They mourn in different ways and struggle to comfort each other. Many questions are raised, but answers are elusive. Rebuke, rage, blame and slamming doors mark their first Christmas without Dylan. A heart-breaking story about a couple who lose themselves in the darkest period of their lives.
Plesierengel
Met Ruan Wessels
Teks: Leon van Nierop
Regie: Lihan Pretorius
Assistent-regisseur: Johan van der Merwe
Taal: Afr
Geen o/16 N, S, T, G
Datum en tyd: 28 April 20:30, 29 April 10:00, 30 April 10:00
Venue: NATi Repteater
Tydsduur: 90 min
Prys: R125
Dié eenmanstuk is gegrond op Leon van Nierop se blitsverkopers, Plesierengel en Katelknaap. Tristan het in ’n streng en liefdelose huis grootgeword, en tragiese omstandighede dwing hom om ’n sekswerker te word. Hy laat vroue swymel en gou word hy die gewildste en hoogs betaalde gigolo in Suid-Afrika. Vir Tristan gaan dit egter nie net om seks nie, vir hom is dit belangriker om waarlik liefgehê te word. Gegrond op ware gebeure.
Plesierengel
With Ruan Wessels
Writer: Leon van Nierop
Director: Lihan Pretorius
Assistant director: Johan van der Merwe
Language: Afr
No u/16 N, S, L, V
Date and time: 28 April 20:30, 29 April 10:00, 30 April 10:00
Venue: NATi Repteater
Duration: 90 min
Price: R125
This one-man show is based on Leon van Nierop’s best-selling novels, Plesierengel and Toy Boy. Tristan grew up in a strict, loveless home. Tragic circumstances drive him to earn a living as a sex worker. Women adore him and he quickly becomes one of South Africa’s most popular and best paid gigolos. But for Tristan it is not all about sex; his desire is to be loved completely. Based on a true story.
Stemme | Voices
Aangebied deur die Suidoosterfees, LitNet, NATi, DSAC, NAC, ATKV, Kunstekaap en die LW Hiemstra Trust
Tekste: Dana Snyman, Dean Balie, Heloïne Armstrong, Jemma Kahn, Buhle Ngaba en Paige Nick
Taal: Afr, Eng
Venue: ATKV Innovasiespasie
Datum en tyd: 27 April 17:00, 17:15, 17:30 en 17:45 | 28 April en 29 April 19:00 en 19:15 | 30 April 14:30, 14:45, 15:00 en 15:15
Tydsduur: 10 minute
Prys: Gratis
Ses monoloë deur gevestigde én opkomende skrywers, vertolk deur ses akteurs. Kom kyk watter impak kort, kragtige teater op jou kan hê wanneer die volgende karakters die verhoog betree: ’n Gekultiveerde alleenloper, verinneweer deur Covid; ’n Suid-Kaapse meisie wat dit oor ander mense se vuil kouse het; iemand wat hulde bring aan sy kampioen-ouma; ’n vrou wat een Nuwejaarsoggend in ’n kroeg op Laingsburg sit en weier om huis toe te gaan; ’n spreker op ’n podium by ’n staatsbegrafnis; en iemand wat graag in sielsgenote wil glo.


Stemme | Voices
Presented by Suidoosterfees, LitNet, NATi, DSAC, NAC, ATKV, Artscape and the LW Hiemstra Trust
Writers: Dana Snyman, Dean Balie, Heloïne Armstrong, Jemma Kahn, Buhle Ngaba and Paige Nick
Language: Afr, Eng
Venue: ATKV Innovation Lounge
Date and time: 27 April 17:00, 17:15, 17:30 and 17:45 | 28 April and 29 April 19:00 and 19:15 | 30 April 14:30, 14:45, 15:00 and 15:15
Duration: 10 min
Price: Free
Six monologues by famous and upcoming writers, performed by six actors. Experience the impact of short, powerful theatre with the following characters on stage: a refined loner, ravished by Covid; a girl from the southern Cape having it about other people’s dirty socks; a guy paying tribute to his champion granny; a woman in a bar in Laingsburg on a New Year’s morning; a speaker on a podium at a state funeral; a man who would really like to believe in soul mates …