Wie is ons - Who are we

Die Suidoosterfees, ’n kunstefees wat elke jaar van 26 April tot 1 Mei in Kaapstad aangebied word, is vernoem na die Kaapse suidoosterwind – die Kaapse dokter, wat simbolies geassosieer word met genesing en versoening. Die fees is in die lewe geroep om ’n inklusiewe, nierassige Suid-Afrikaanse samelewing deur die kunste te bevorder. Elke jaar bied die fees ’n aantal ontwikkelingsprojekte aan wat ontluikende skrywers, sangers en kunstenaars oplei en ondersteun.

Suidoosterfees glo in die vermoë van die kunste om gemeenskapsontwikkeling en sosiale samehorigheid in die hand te werk. Alle feesaktiwiteite gee uitdrukking aan die visie van wyle prof. Jakes Gerwel, een van die fees se prominente stigterslede, om ’n inklusiewe kunstegebeurtenis daar te stel wat ’n platform bied vir plaaslike en internasionale kunstenaars om hul talent ten toon te stel, om nuwe talent te koester en te ondersteun, en om teater en die kunste toeganklik en bekostigbaar vir almal te maak.

In 2003 is die Suidoosterfees vir die eerste keer aangebied, en in 2007 het dit na die Artscape-teaterkompleks in Kaapstad geskuif, waar dit vandag steeds aangebied word.

The Suidoosterfees arts festival, presented in Cape Town from 26 April to 1 May every year, is named after Cape Town’s southeastern wind – the Cape Doctor – and serves as a metaphor to symbolise healing and reconciliation. The festival exists to promote an inclusive, non-racial South African society through the arts, and runs several development projects benefiting emerging writers, singers and performers in the arts community.

Suidoosterfees believes in the power of the arts to promote community development and social cohesion. All festival activities are designed to give expression to the vision of its most prominent founding member, the late Prof. Jakes Gerwel – to create an inclusive annual arts event that offers a platform for local and international artists to showcase their talent, to cultivate new talent, and to make theatre and the arts accessible and affordable for all.

The first Suidoosterfees was held in 2003. In 2007 it relocated to its current home, the Artscape Theatre Complex in Cape Town.

ONS MISSIE

Om ’n soomlose kunstefees in ras, kultuur, klas, geloof en taal vir jonk en oud daar te stel.

ONS VISIE

Om die Kaapse leefwêreld in sy volle verskeidenheid te vier en te ontwikkel, met die Afrikaanse taal as gemene deler, en om sosiale diversiteit en nasionale eenheid in en deur die kunste te beklemtoon en te bevorder.

OUR MISSION

To establish an arts festival that is seamless with regards to race, culture, religion and language for people of all ages.

OUR VISION

To celebrate and promote life in the Cape in all its varieties, with the Afrikaans language as a common denominator, embracing social diversity and fostering national unity in and through the arts.

Suidoosterfees-direksielede / Suidoosterfees Board Members

Edmund Jeneker (voorsitter/chairperson), Raadslid Charles Esau, Marianne Thamm, Dimitri Jacobs, Jeremy de Mink, Theresa Olivier, Johann Maarman, dr. Mvula Yoyo & Olga Wyngaard

Suidoosterfees-beskermpersone / Suidoosterfees Patrons

Ton Vosloo, Anet Pienaar-Vosloo & Phoebe Gerwel

As lid van die Feesteforum onderskryf die Suidoosterfees die volgende verklaring oor diversiteit en inklusiwiteit:

Die Feesteforum verstaan en erken dat sistemiese rassisme en diskriminasie bestaan en dat dit op komplekse wyses uitspeel in gemeenskappe. Dit is inherent deel van die Suid-Afrikaanse storie, en raak byna alle gemeenskappe op makro- en mikrovlak. Kunstefeeste is ’n integrale deel van die poging om hierdie ongelykhede, marginalisasies en onderdrukking van sekere groepe, aan te spreek. As Feesteforum is dit deel van ons missie om kunstenaars en gehore byeen te bring om oop, veilige en kreatiewe platforms te skep vir vrye en diverse artistieke uitdrukking. Ons is verbind tot inklusiewe programmering en die aanbied van werk wat die stories van verskeie gemeenskappe vertel, en ook die skep van geleentheid vir diskoers wat die gebreke aanspreek. Daarom is ons verder verbind tot die ontwikkeling van gehore wat inklusiwiteit en diversiteit as prioriteite beskou, en nooi u as feesganger uit om hierdie waardes te omarm, maar ook aktief die fees as ’n geleentheid te beskou om by ons aan te sluit in die stryd teen ongelykheid en rassisme. Saam kan ons ’n gemeenskap van diverse mense skep wat verskille omarm en daardeur ook mekaar vier. Soos die kunste vir ons die weg aanwys.