Artscape Landelike uitreik

Artscape se Landelike uitreik-inisiatief, aangebied in vennootskap met die Suidoosterfees, het ten doel om hoëgehalte- uitvoerende kunste na plattelandse gemeenskappe te bring. Dit skep geleenthede vir kulturele verryking en vier plaaslike talent deur die teater na die mense toe te neem.
In 2024 is uitreik-konserte in Mamre naby Atlantis aan die Weskus aangebied, en dit is in Oktober en November by Mamre Laerskool gehou. Die konserte het ’n keur van kunstenaars uit verskeie dissiplines op die verhoog gehad, met ’n lewendige mengsel van ballet, jazz, kontemporêre dans, opera en meer. Die program het optredes ingesluit van die Kaapstadse stadsballet, Jazzart-dansteater, jazz-sangeres Ncedeka, oftewel N-The Queen, Afrikaaps hip-hop-kunstenaar Jitsvinger (Quinton Goliath), en die operasangers Janel Speelman en Sipho Qabithole, met Stefan Lombard as musiekregisseur.
Daarbenewens het die geleentheid ook plaaslike talent uit Mamre en Atlantis met trots uitgelig, insluitend die Smile Production Band wie se lede al internasionale blootstelling gehad het, asook die rolstoelgebonde kontemporêre sangeres Nikita Scott.
Die dagkonserte was gratis vir plaaslike skole in die omgewing, wat dit vir leerders moontlik gemaak het om wêreldklas-uitvoerings en teater-bedryfsaspekte soos klank en beligting in hul eie gemeenskap te beleef. Vir die opvoering in November is kaartjies verkoop ten bate van Lief en Leed, ’n plaaslike niewinsgewende organisasie wat deur mense met gestremdhede bestuur word en wat mense met gestremdhede ondersteun.
Artscape Rural Outreach

Artscape’s Rural Outreach initiative, presented in partnership with Suidoosterfees, aims to bring high-quality performing arts to rural communities, creating opportunities for cultural enrichment and celebrating local talent by taking the theatre to the people.
In 2024, Rural Outreach concerts were showcased in Mamre near Atlantis on the West Coast in October and November at the Mamre Primary School. The concerts boasted an incredible lineup of artists from various disciplines, offering a vibrant mix of ballet, jazz, contemporary dance, opera and more. The programme featured performances from Cape Town City Ballet, Jazzart Dance Theatre, jazz singer Ncedeka aka N-The Queen, Afrikaaps hip-hop artist Jitsvinger aka Quinton Goliath, and opera singers Janel Speelman and Sipho Qabithole, with Stefan Lombard as musical director.
In addition, the event proudly showcased local talent from Mamre and Atlantis, including the Smile Production Band whose members have spread their international wings, as well as wheelchair bound contemporary singer Nikita Scott.
The day concerts were free for local schools in the area, allowing learners to experience world-class performances and theatre operational requirements such as sound and lighting, right in their community. The performance in November was a ticketed event in aid of Lief en Leed, a local non-profit organisation run by persons with disabilities for persons living with disabilities.