20 September 2025
Momentum Aardklop vind van 7 tot 12 Oktober in Potchefstroom plaas. Die volgende produksies wat deur die Suidoosterfees geskep of in samewerking met Aardklop en ander feeste ontwikkel is, is op die program. Moenie dit misloop nie, en bespreek jou kaartjies terwyl daar nog plek is!
Verwelkingslied

Breyten Breytenbach se laaste toneelstuk is een van 2025 se teaterhoogtepunte. Breytenbach het die stuk in opdrag van Suidoosterfees geskryf en dit opgedra aan Antoinette Kellermann en Marthinus Basson. Marí Borstlap het die uitdaging aanvaar om die stuk te regisseer en Kellermann was op die verhoog saam met Dawid Minnaar. Verwelkingslied is vanjaar op die planke by Momentum Aardklop:
7 Okt. 09:30 | 8 Okt. 19:30 | 9 Okt. 09:30 | 10 Okt. 14:00 | 11 Okt. 14:30
Venue: Elgro Hotelsaal
Bespreek hier: https://www.webtickets.co.za/v2/event.aspx?itemid=1570894021
’n Ko-produksie van Suidoosterfees & Momentum Aardklop; moontlik gemaak deur Spier Arts Trust, NATi, Het Jan Marais Nationale Fonds & Audi Centre Claremont
Die een wat bly | The one who stays

Dans en drama word in dié asemrowende Figure of 8-dansteaterproduksie gekombineer om ’n storie te vertel van ’n kunstenaar wat terugreis na sy kinderjare. Daneel van der Walt, Grant van Ster en Shaun Oelf is op die verhoog onder regie van Wessel Pretorius.
7 Okt. 09:00 | 8 Okt. 12:30 | 9 Okt. 13:00 | 10 Okt. 19:30 | 11 Okt. 09:00
Venue: Gimmies
Bespreek hier: https://www.webtickets.co.za/v2/event.aspx?itemid=1570563853
’n Figure of 8-produksie, in samewerking met KKNK en Suidoosterfees; ondersteun deur NATi, die Festival Enterprise Catalyst (FEC) en die Jobs Fund
Wings of Light: Dance of an Angel

Die Figure of 8-dansgeselskap en die Jozi Youth Dance Company slaan die asems weg met dié aanskoulike engelereis waarvoor die briljante Mauritz Lotz ’n ryk en unieke klanklandskap geskep het.
9 Okt. 19:30 | 10 Okt. 10:00
Venue: Ouditorium
Bespreek hier: https://www.webtickets.co.za/v2/event.aspx?itemid=1570788001
Stinkhout

Frank Opperman en Wilhelm van der Walt skitter in hierdie veelbekroonde drama uit Philip Rademeyer se pen. ’n Storie oor ’n gesin, ’n boom, grond, diepgesetelde pyn, en die finaliteit (al dan nie) van die dood. Wenner van vier Momentum Aardklop-pryse in 2024, insluitend beste toneelaanbieding en beste akteur (Opperman); ’n kykNET Fiësta vir beste nuwe teks (Rademeyer) en drie verdere benoemings; en wenner van ’n KKNK Kanna vir beste akteur (Van der Walt).
7 Okt. 14:00 | 8 Okt. 14:30 | 9 Okt. 19:30 | 10 Okt. 09:30 | 11 Okt. 19:30
Venue: Elgro Hotelsaal
Bespreek hier: https://www.webtickets.co.za/v2/event.aspx?itemid=1570704833
’n Ko-produksie van KKNK, Suidoosterfees en Momentum Aardklop. Moontlik gemaak deur AK21 en NATi; ondersteun deur die Festival Enterprise Catalyst (FEC) en die Jobs Fund
Rondomtalie / Marry-Go-Round

Het jy vergeet om jou pille te drink? Dis oukei – Rondomtalie / Marry-go-round gaan jou meer as genoeg endorfiene gee! Rafiek Mammon se nuwe komedie = terapie + lag. ’n Skreeusnaakse, eerlike hap uit die lewe!
9 Okt. 09:30 | 10 Okt. 19:30 | 11 Okt. 13:00
Venue: POK (C6)
Bespreek hier: https://www.webtickets.co.za/v2/event.aspx?itemid=1570692293
Once Upon a Tune

“Dit is seldsaam om ’n kabaretprogram te beleef soos Once Upon a Tune uitgevoer deur ’n sopraan soos Zanne Stapelberg en ’n pianis soos Albie van Schalkwyk … ’n Keurig saamgestelde program van aangrypende en tydlose liedere uit die groot musiekspele, só gekies dat dit ’n oomblik van menswees vasvang.” – Laetitia Pople, Netwerk24
9 Okt. 20:00 | 10 Okt. 16:30
Venue: Laerskool Mooirivier
Bespreek hier: https://aardklop.co.za/2025/06/04/once-upon-a-tune/

Vir meer inligting, besoek Momentum Aardklop se webblad.