Skip to content
Menu
Suidoosterfees
'n Fees vir Almal
  • 2025-program | 2025 programme
    • ATKV Jeugteater | ATKV Youth Theatre
    • Beeld en klank | Image and sound
    • Dans | Dance
    • Jakes Gerwel-gesprekke | Jakes Gerwel Discussions
    • Huisgenoot Kinderteater | Children’s Theatre
    • Komedie | Comedy
    • Kort voor lank | Short and Sweet
    • Musiek | Music
    • NATi Jong Sterre | Rising Stars
    • NATi Teaterfees | Theatre Festival
    • Netwerk24-feeskafee
    • Opleiding en ontwikkeling | Training and Development
    • Visuele kuns | Visual Art
    • SOF Junior
    • Dagprogram | Daily schedule
  • Suidoosterfees
    • Wie is ons? | Who are we?
  • Projekte | Projects
    • Spesiale projekte | Special Projects
    • Talentsoektog | Talent Search
    • ATKV-Suidoosterfees-koorkompetisie | Choir Competition
    • NATi Jong Sterre | NATi Rising Stars
    • Hoërskool Dramafees | High School Drama Festival
    • New Voices
    • Proscenium-dialoë | Dialogues
    • Opvoedkundige teater | Educational theatre
    • Women’s Humanity Festival
    • Voices in Unison
    • Jeug- jazzreeks | Youth Jazz Series
    • Artscape Landelike uitreik | Rural Outreach
  • Feeshoogtepunte | Festival highlights
  • Borge | Sponsors
  • Nuus | News
    • Jongste nuus | Latest News
    • Media-argief | Media archive
  • Kontak ons | Contact us
    • Nuusbrief | Newsletter
  • Argief | Archive
Widgets
Close Menu

Mediavrystelling | Press Release

Jou SOF-gids tot die beste produksies by Toyota Stellenbosch Woordfees

23 September 2025

Die Toyota Stellenbosch Woordfees vind van 11 tot 19 Oktober in Stellenbosch plaas. Die volgende produksies wat deur die Suidoosterfees geskep of in samewerking met die Woordfees en ander feeste ontwikkel is, is op die program. Moenie dit misloop nie, en bespreek jou kaartjies terwyl daar nog plek is!

Die een wat bly

Foto: AB Jantjies
Foto: AB Jantjies

Dans en drama word in dié asemrowende Figure of 8-dansteaterproduksie gekombineer om ’n storie te vertel van ’n kunstenaar wat terugreis na sy kinderjare. Daneel van der Walt, Grant van Ster en Shaun Oelf is op die verhoog onder regie van Wessel Pretorius.

15 Oktober, 12:00 | 16 Oktober, 13:00 | 18 Oktober, 16:00 | 19 Oktober, 13:00
Venue: HMS Bloemhof-skoolsaal

Bespreek hier: https://www.quicket.co.za/events/318669-die-een-wat-bly/?preview=t#/

’n Figure of 8-produksie, in samewerking met KKNK en Suidoosterfees; ondersteun deur NATi, die Festival Enterprise Catalyst (FEC) en die Jobs Fund

Kompoun

Foto: Gys Loubser
Foto: Gys Loubser

Kompoun is die verhoogweergawe van Ronelda Kamfer se gelyknamige debuutroman wat reeds in Frans en Nederlands vertaal is en in 2026 in Amerika uitgegee word. Die twee jong akteurs Melissa de Vries en Angelo Bergh het gehore gaande met hul aangrypende spel.

16 Oktober, 11:00 | 17 Oktober, 14:30 | 17 Oktober, 18:00 | 18 Oktober, 11:00 | 19 Oktober, 13:00
Venue: Adam Small-laboratorium (B)

Bespreek hier: https://www.quicket.co.za/events/318569-kompoun/?preview=t#/

’n Ko-produksie van Suidoosterfees, Toyota Stellenbosch Woordfees en KKNK; ondersteun deur NATi en Het Jan Marais Nationale Fonds

Omwentelinge

Foto: AB JAntjies
Foto: AB JAntjies

Koos Kombuis en Jana Cilliers is saam op die verhoog in die woord-en-musiekaanbieding Omwentelinge. Dié twee veteraankunstenaars besin oor die wyse waarop woorde en musiek hul binnewêrelde gevorm het.

16 Oktober, 11:00 | 17 Oktober, 13:30 | 19 Oktober, 14:00
Venue: Drostdy-teater

Bespreek hier: https://www.quicket.co.za/events/318634-omwentelinge/?preview=t#/

Geskep in opdrag van die Suidoosterfees, ondersteun deur Het Jan Marais Nasionale Fonds

Liefdesbriewe

Liefdesbriewe

Liefdesbriewe is ’n roerende tragikomiese ondersoek na verlore geleenthede, onuitgesproke liefde en verwikkelde vriendskap tussen die karakters Melissa en André wat uitspeel deur ’n reeks briewe, kaartjies en notas wat hulle oor vyf dekades vir mekaar skryf en waarin hulle hul diepste gedagtes, drome en emosies deel.

14 Oktober, 10:30 | 15 Oktober, 16:00 | 16 Oktober, 13:00 | 17 Oktober, 12:30 en 16:00
Venue: Adam Small-ouditorium

Bespreek hier: https://www.quicket.co.za/events/318577-liefdesbriewe/?preview=t#/

’n Drama Drama-produksie, moontlik gemaak deur die KKNK en die Suidoosterfees

Vannie wal, af

Foto: Gys Loubser
Foto: Gys Loubser

Lover’s Lane op Stellenbosch is die plek waar Adam, ’n eerstejaar, en Jethro, wat met sy meestersgraad besig is, veilig voel teen ’n onregverdige wêreld. Hier deel hulle gesteelde oomblikke in mekaar se arms. Maar die liefde en vertroosting word getoets wanneer geheime en leuens kop uitsteek.

15 Oktober, 20:00 | 18 Oktober, 20:30
Venue: Spier-ouditorium

Bespreek hier: https://www.quicket.co.za/events/319768-vannie-wal-af?preview=t#/

’n Suidoosterfees NATi Jong Sterre-produksie, moontlik gemaak deur NATi, die Jakes Gerwel-Stigting en Artscape

Een vir my baby!

Een-vir-my-baby-Dean-Dorvan-Balie1-Large-1

Die ouskoolse speurder Jan Brand moet die jazzsangeres Alia Vry ondervra nadat haar man, Henkie Uiwe, vermoor is, maar een drankie word gou ’n paar en een liedjie vinnig drie. In hierdie maltrap verhoog-avontuur kry klassieke jazztreffers ’n nuwe baadjie en word stories blitsig gespin in ’n kroegie met meer as net grondboontjies en goedkoop whisky.

11 Oktober, 20:00 | 12 Oktober, 13:00 | 16 Oktober, 16:00 | 17 Oktober, 14:00
Venue: Spier-ouditorium

Bespreek hier: https://www.quicket.co.za/events/319739-een-vir-my-baby?preview=t#/

’n Suidoosterfees 21-produksie, ontwikkel deur die Toyota Stellenbosch Woordfees

Joshlin: Meer as ’n naam

Meer as ’n naam

Die blougroenoog kind is weg. Die kind verdwyn in die donker van ’n land wat haar versaak het, in die skaamte van gemeenskappe wat wegkyk. Die kind wat huil onder geweld, wat skuil in die skadu van onreg, wat leef in die gewete van ’n samelewing … Die kind is nie dood nie.

11 Oktober, 17:30 | 12 Oktober, 13:30 | 13 Oktober, 17:30
Venue: kykNET Rhenish Girls’ High

Bespreek hier: https://www.quicket.co.za/events/318526-joshlin/?preview=t#/

Moontlik gemaak deur die Stigting vir die Bemagtiging deur Afrikaans (SBA); aangebied met ondersteuning van Tribuo en die Proscenium-dramakompetisie

Maze of the Mind

Foto: AB Jantjies
Foto: AB Jantjies

Maze of the Mind deur die Figure of 8-dansteater, fokus op die mens se gedagtes, emosies en aksies, en al die hoekies en draaie wat ons soms rigtingloos laat. Choreografie is die sleutel tot die middeweg tussen die bewuste en onderbewuste waar ons balans kan vind.

17 Oktober, 16:00 | 18 Oktober, 20:30
Venue: HMS Bloemhof-skoolsaal

Bespreek hier: https://www.quicket.co.za/events/318684-maze-of-the-mind/?preview=t#/

Hoort

Hoort

Hoort beklemtoon die veerkragtigheid van gemarginaliseerde gemeenskappe en vier die rykdom van kulturele diversiteit deur ’n lewendige mengsel van musiek, wat insluit jazz, gospel en oorspronklike komposisies in verskeie tale.

15 Oktober, 13:00 | 17 Oktober, 16:00
Venue: Drostdy-teater

Bespreek hier: https://www.quicket.co.za/events/318614-hoort/?preview=t#/

Kinderlê

Foto: Nardus Engelbrecht
Foto: Nardus Engelbrecht

Dié stuk bied ’n Noord-Kaapse geskiedenis wat nie alombekend is nie. Met kwessies oor ma-wees, ouer-wees, geloof en ’n tragiese geskiedenis wat se letsels nou nog op Namakwaland se rug lê.

13 Oktober, 19:00 | 14 Oktober, 19:00 | 16 Oktober, 16:00 | 18 Oktober, 09:00 | 19 Oktober, 18:00
Venue: Idasvallei Primêr

Bespreek hier: https://www.quicket.co.za/events/319620-kinderl?preview=t#/

’n Ko-produksie van die Stellenbosch Toyota Woordfees en Suidoosterfees, ondersteun deur NATi, Festival Enterprise Catalyst (FEC) in samewerking met die Jobs Fund

Woordedief

Foto: Gys Loubser
Foto: Gys Loubser

Woordedief is ’n stoute kalant wat jaloers is op almal wat kan lees. Hy probeer woorde, stories, letters, sinne en sommer enige los gedagtes steel, natuurlik tot groot ontsteltenis van kinders wat wil leer lees, spel en skryf. Hier wag lekker opvoedkundige pret vir die grondslagfase met koddige karakters en musiek wat kleintjies se tone sal laat omkrul.

12 Oktober, 15:30 | 15 Oktober, 09:30 | 15 Oktober, 11:00
Venue: HMS Bloemhof-sentrum

Bespreek hier: https://www.quicket.co.za/events/319719-woordedief?preview=t#/

Moontlik gemaak deur NB-Uitgewers en Suidoosterfees

Woordfees logo 2025

Vir meer inligting, besoek Toyota Stellenbosch Woordfees se webblad.

Jou SOF-gids tot die beste produksies by Momentum Aardklop
Back To Top
  • 2025-program | 2025 programme
    • ATKV Jeugteater | ATKV Youth Theatre
    • Beeld en klank | Image and sound
    • Dans | Dance
    • Jakes Gerwel-gesprekke | Jakes Gerwel Discussions
    • Huisgenoot Kinderteater | Children’s Theatre
    • Komedie | Comedy
    • Kort voor lank | Short and Sweet
    • Musiek | Music
    • NATi Jong Sterre | Rising Stars
    • NATi Teaterfees | Theatre Festival
    • Netwerk24-feeskafee
    • Opleiding en ontwikkeling | Training and Development
    • Visuele kuns | Visual Art
    • SOF Junior
    • Dagprogram | Daily schedule
  • Suidoosterfees
    • Wie is ons? | Who are we?
  • Projekte | Projects
    • Spesiale projekte | Special Projects
    • Talentsoektog | Talent Search
    • ATKV-Suidoosterfees-koorkompetisie | Choir Competition
    • NATi Jong Sterre | NATi Rising Stars
    • Hoërskool Dramafees | High School Drama Festival
    • New Voices
    • Proscenium-dialoë | Dialogues
    • Opvoedkundige teater | Educational theatre
    • Women’s Humanity Festival
    • Voices in Unison
    • Jeug- jazzreeks | Youth Jazz Series
    • Artscape Landelike uitreik | Rural Outreach
  • Feeshoogtepunte | Festival highlights
  • Borge | Sponsors
  • Nuus | News
    • Jongste nuus | Latest News
    • Media-argief | Media archive
  • Kontak ons | Contact us
    • Nuusbrief | Newsletter
  • Argief | Archive
© Suidoosterfees 2025