Women’s Humanity Festival

Die Suidoosterfees is ’n amptelike vennoot van Artscape se jaarlikse Women’s Humanity Festival. In Augustus 2024, tydens Vrouemaand, het die fees plaasgevind en ’n reeks produksies, boekbekendstellings en uitstallings ingesluit.
Die hoogtepunt van Vrouemaand was die Vrouedagviering wat op 9 Augustus by Artscape aangebied is. Die fees het die werk van merkwaardige, vreeslose individue belig wat hul beywer vir ’n gelyke samelewing en die respek wat alle geslagte verdien. Die geleentheid bied ook ’n platform vir gesprekke oor ander gemarginaliseerde groepe in Suid-Afrika, soos die gestremde gemeenskap. Dit dien as ’n ruimte vir belangrike gesprekke oor vroueregte en geslagskwessies in die algemeen.

Suidoosterfees is an official partner of Artscape’s annual Women’s Humanity Festival. The Festival took place in August 2024, during Women’s Month, and featured productions, book launches and exhibitions.
The highlight of Women’s Month was the Women’s Day Celebration which took place at Artscape on 9 August. The festival showcased the work of fabulous, fearless individuals striving for an equal society and the respect that all genders deserve. The event is also a platform for addressing other marginalised groups in South Africa, such as the disabled community. It facilitates important conversation around women’s rights and overall gender issues.