Talentsoektog

SOF 24 1 May Talentsoektog 8

’n Aanlyn kompetisie vir talentvolle sangers, dansers, musikante en komediante van die Wes-Kaapse stedelike en landelike gemeenskappe om opleiding, optree- en loopbaangeleenthede te ontvang.

Hoe dit werk: Talentvolle kandidate van 9 tot 35 jaar van die Wes-Kaap neem deel aan aanlyn oudisies om beoordelaars met hul vaardighede as sangers, dansers, musikante en komediante te beïndruk. Pryse sluit R10 000 vir die algehele wenner in, en die beste danser ontvang ’n beurs vir ’n jaar se studie aan die Kaapse dansskool Dance for All. Die belowendste deelnemers word genooi om in professionele verhoogproduksies by die Suidoosterfees op te tree.

Talent Search

SOF 24 1 May Talentsoektog 19

An online competition presented for Western Cape urban and rural communities to identify and train talented singers, dancers, musicians and comedians, and to open performance and career opportunities for them.

How it works: Talented candidates aged 9 to 35 from the Western Cape participate in online audition rounds to impress judges with their skills as singers, dancers, musicians and comedians. Prizes include R10 000 for the overall winner, and the best dancer receives a scholarship for a year’s study at the Cape Town dance school Dance for All. Top candidates are also invited to perform in professional stage shows at Suidoosterfees.

Talentsoektog Talent Search Borge Sponsors 06-11-2024

2024–2025

Die jaarlikse Talentsoektogkompetisie is in 2024/25 in samewerking met die Wes-Kaapse Onderwysdepartement, Stad Kaapstad, die ATKV, Dance for All, Suidooster, Tygerburger, People’s Post & City Vision aangebied.

Inskrywings is vir die eerste keer aanlyn gefasiliteer en voornemende deelnemers kon met behulp van WhatsApp-video’s inskryf. Die kategorieë wat oop was vir deelname was sang, rymklets, dans, musiek en komedie. Altesaam 114 inskrywings is ontvang waarná 31 semifinaliste aangewys is.

Twee werkswinkels om semifinaliste se vaarsighede te verskerp en hul optredes af te rond is aangebied by Dance for All in Athlone – op 30 November 2024 en 15 Februarie 2025.

Op 14 Maart 2025 is die semifinale ronde in die V&A Waterfront se amfiteater aangebied, waar finaliste vir die finale ronde by Suidoosterfees op 4 Mei 2025 aangewys is. Die 17 finaliste was Ashton Rass, Chadwin Bagley, Chandré Matthee, Darryn Peterson, David Godfrey Collins, Elizabeth Marais, Jason Baartman, Kayla Pienaar, Lerato Mapfuno, Malakai Jooste, Manasse Gorgio Pienaar, Mieke Carr, Nashiefa Jappie, Pieter Jans Durr, Saskia McDilling, Sorien Rossouw en Venessa Kraukamp.

Pieter Jans Durr wat in die sang-kategorie deelgeneem het, is as wenner aangewys, met die danser Mieke Carr in die tweede plek, en die rymkletser Nashiefa Jappie in die derde posisie. Pryse wat op die spel was, was R10 000 vir die algehele wenner, ’n studiebeurs vir ’n jaar se gratis opleiding by Dance for All en ’n TV-verskyning in ’n gasrol in die kykNET-sepie Suidooster.

The annual Talent Search competition was presented in 2024/25 in partnership with the Western Cape Education Department, City of Cape Town, ATKV, Dance for All, Suidooster, Tygerburger, People’s Post and City Vision.

For the first time, entries were accepted online, and prospective participants could enter via WhatsApp videos. The open categories for entry were singing, rap, dance, music and comedy. A total of 114 entries were received from which 31 semi-finalists were selected.

Two workshops to enhance the semi-finalists’ skills and refine their performances were held at Dance for All in Athlone on 30 November 2024 and on 15 February 2025.

On 14 March 2025, the semi-final round took place at the V&A Waterfront Amphitheatre, where the finalists for the final round, which was held at the Suidoosterfees on 4 May 2025, were announced. The 17 finalists were: Ashton Rass, Chadwin Bagley, Chandré Matthee, Darryn Peterson, David Godfrey Collins, Elizabeth Marais, Jason Baartman, Kayla Pienaar, Lerato Mapfuno, Malakai Jooste, Manasse Gorgio Pienaar, Mieke Carr, Nashiefa Jappie, Pieter Jans Durr, Saskia McDilling, Sorien Rossouw and Venessa Kraukamp.

Pieter Jans Durr, who competed in the singing category, was named the overall winner, with dancer Mieke Carr in second place and rapper Nashiefa Jappie in third. Prizes included R10 000 for the overall winner, a one-year scholarship for free training at Dance for All, and a guest appearance on the kykNET soap opera Suidooster.